Om ‘n kind wat ‘n woedeuitbarsting het, te kalmeer sonder om sélf kwaad te raak, is ‘n uitdaging. Daar is wel ander maniere wat ‘n ouer kan probeer om sy of haar kind te kalmeer.

  • In plaas van: “‘n Kind wat al so groot is soos jy, tree nie meer soos ‘n baba op nie…”
    Probeer: “Grootmense voel ook soms soos jy nou voel. Dit is okay. Dit gaan weer verby…”
  • In plaas van: “Moenie wáág om dit te doen nie!”
    Probeer: “Jy mág kwaad raak, maar ek gaan nie toelaat dat jy iemand seermaak nie! Ons moet mekaar veilig hou …”
  • In plaas van: “Moenie so moeilik wees nie!”
    Probeer: “Dit is ‘n moeilike een. Kom ons kyk of ons dit nie saam kan probeer oplos nie!”
  • In plaas van: “Jy is onmoontlik!”
    Probeer: “Ek kan sien jy sukkel hiermee…”
  • In plaas van: “Hou op om so te kla!”
    Probeer: “Kan jý aan ‘n oplossing dink?”
  • In plaas van: “Gaan onmiddellik na jou kamer toe!”
    Probeer: “Ek wag hier by jou totdat jy beter voel en reg is vir ‘n drukkie…”

MARIKE BADENHORST
OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE