Skrywer: Suzaan Burger

ATKV DigiSpel-kompetisie

Die Jannies (gr. 1-7) is welkom om in te skryf vir die ATKV se gewilde digitale spelkompetisie – DigiSpel. Hierdie spelkompetisie vind aanlyn plaas. Bestudeer die deelnemersgids deeglik indien jou kind belangstel. Daar is nog nie ‘n spesifieke datum bekendgestel waarop die kompetisie gaan plaasvind nie. Kostes beloop R120 per inskrywing. Jy kan die inskrywingsfooi deur middel van die Karri-toep betaal. Ons sal na aanleiding van die betalings op Karri die leerders inskryf. Die sluitingsdatum vir betalings op die Karri-toep is 1 Maart 2024. Kontak Ilse-Marié Holtzhausen (Afrikaanse vakhoof) vir navrae:...

Lees Verder

Koorkamp: 16 – 17 Febr. 2024

Die koorkamp is om die draai en ons kan nie wag om die nuwe koormusiek met die leerders te deel nie. Ons is seker hulle gaan dit sommer baie geniet! Ek deel graag enkele punte van belang: Datum en Tyd: Vrydag, 16 Februarie, 14:30 – 16:00 Saterdag, 17 Februarie, 08:00 – 12:00 Plek: Skoolsaal Kleredrag: Informeel en gemaklik. Pak swemklere, handdoek, en sonskerm in vir Saterdag. Ons vra dat elke ouer asseblief middagete vir jou kind sal inpak vir Vrydag. Saterdagoggend begin ons stiptelik om 08:00, en ons sal vir die leeders tye gee om te ontspan tussen ons oefensessies. Pak gerus ‘n klein peuselhappie en genoeg water in. Die snoepie is nie oop nie en geen kind sal toegelaat word om die skoolgronde te verlaat nie. Ons sluit die naweek se oefen af op ‘n feestelike noot met ‘n lekker kuier by die swembad en vars waatlemoen vir almal. Daar is ook ‘n lewensredder by die swembad om die veiligheid van al ons leerders te verseker. Ons vra ook dat ouers hul kinders betyds sal optel na afloop van ons oefeninge: Vrydag om 16:00 en Saterdag om 12:00. Die agterste hek sal oop wees vir gebruik. Ons sien uit na ‘n heerlike naweek! Vra gerus indien daar onsekerhede is. Vriendelike groete, Rolene van Zyl...

Lees Verder

Klasbraai: 23 Februarie 2024

Ons sien uit na ons jaarlikse klasbraai wat op Vrydagaand, 23 Februarie, vanaf 18:00 by die Conradieveld plaasvind. Kom kuier asb. saam deur ou en nuwe Jannie-vriendskappe te koester. Bring gerus jou eie piekniekmandjie of vleisie, kampstoele, komberse, ens. saam. Ons voorsien braaidromme en -hout. Die braaidromme word in graadgroepe van stygende orde (gr. 1 – 7) vanaf die hek tot by die klubhuis gerangskik. Kom kuier lekker saam waartydens ons die mooiste uitsig in die land kan...

Lees Verder

Veiling: 1 Junie 2024

Liewe Ouers/Voogde, Dit is met groot opgewondenheid dat ons die naderende 2024 veiling aankondig! Merk asseblief Saterdag, 1 Junie, op jul kalenders en maak ‘n plan om hierdie jaarlikse sosiale hoogtepunt by te woon! Soos altyd, speel die veiling ‘n sleutelrol in die finansiering van ons skool, wat bydra tot die handhawing van die hoë standaarde wat ons so trots maak. Dit is danksy sulke fondsinsamelings dat ons onder andere oor die laaste twee jaar vir elke leerder in graad 5 en 6 ‘n splinternuwe skootrekenaar kon verskaf, asook die vierkant behoorlik kon opgradeer tot ‘n pragtige lushof. Ons doen ‘n hartlike beroep op elke ouer/voog om, waar moontlik, ‘n handjie by te sit. Elke bydrae, hetsy groot of klein, maak ‘n merkbare verskil. Of dit nou ‘n kunswerk is, ‘n naweekwegbreek by ‘n vakansiehuis, etes by vooraanstaande restaurante, of selfs ‘n bottel van jou gunsteling drank, jou skenking kan help om ons veilinglotte nog meer aantreklik te maak. As jy in enige hoedanigheid kan bydra, hetsy deur skenkings of deelname, kontak asseblief Anna Blackmore by 083 386 4057 of Michelle Forsyth by 066 353 0108. Ons waardeer elke bydrae en sien uit na ‘n suksesvolle fondsinsamelingsgeleentheid. Baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning en toewyding aan ons skool. Vriendelike groete, Die 2024...

Lees Verder

Suor Angelica / Gianni Schicchi te Kunstekaap: 14 Febr. 2024

Laerskool Jan van Riebeeck se Musiekdepartement sien uit daarna om ‘n wonderlike aand saam met ons musiekleerders by die Kunstekaap te geniet, waar ons die twee eenbedryf operas van Puccini gaan kyk. Datum: Woensdag, 14 Februarie 2024 Tyd: 18:30 – 21:30 Kleredrag: Semi-formeel Die skool voorsien ongelukkig nie vervoer nie, daarom vra ons dat jy asseblief jou kind by die Kunstekaap se voorportaal teen 18:30 aflaai en weer om 21:30 daar kom optel. Onderwysers sal die leerders vergesel. Leerders is ook welkom om sakgeld te bring vir ‘n snoephappie gedurende die pouse. Alternatiewelik kan leerders iets klein inpak om te eet of drink. Wees asseblief bewus daarvan dat geen kos of koeldrank in die teater toegelaat word nie. Ons vra ook dat ouers hul kinders betyds sal optel na afloop van die vertoning, aangesien dit onveilig is vir beide die onderwysers en kinders om buite die teater in die donker tot laat te wag. Die opera word in Italiaans opgevoer, en ek beveel sterk aan om ‘n opsommende weergawe van die storielyn van beide Suor Angelica en Gianni Schicci vir jou kind voor die tyd te lees. ‘n Goeie begrip van die verhaal maak dit baie makliker om die opera te volg. Ons sien uit na ‘n heerlike aand. Vra gerus indien daar onsekerhede is. Vriendelike groete, Rolene van Zyl...

Lees Verder

Iets om te probeer om jou kind te kalmeer

Om ‘n kind wat ‘n woedeuitbarsting het, te kalmeer sonder om sélf kwaad te raak, is ‘n uitdaging. Daar is wel ander maniere wat ‘n ouer kan probeer om sy of haar kind te kalmeer. In plaas van: “‘n Kind wat al so groot is soos jy, tree nie meer soos ‘n baba op nie…” Probeer: “Grootmense voel ook soms soos jy nou voel. Dit is okay. Dit gaan weer verby…” In plaas van: “Moenie wáág om dit te doen nie!” Probeer: “Jy mág kwaad raak, maar ek gaan nie toelaat dat jy iemand seermaak nie! Ons moet mekaar veilig hou …” In plaas van: “Moenie so moeilik wees nie!” Probeer: “Dit is ‘n moeilike een. Kom ons kyk of ons dit nie saam kan probeer oplos nie!” In plaas van: “Jy is onmoontlik!” Probeer: “Ek kan sien jy sukkel hiermee…” In plaas van: “Hou op om so te kla!” Probeer: “Kan jý aan ‘n oplossing dink?” In plaas van: “Gaan onmiddellik na jou kamer toe!” Probeer: “Ek wag hier by jou totdat jy beter voel en reg is vir ‘n drukkie…” MARIKE BADENHORST OPVOEDKUNDIGE...

Lees Verder

Tennisuitslae: 7 Febr. 2024

Ons tennisspelers se uithouvermoë was Woensdag, 7 Februarie, getoets toe hulle hul eerste wedstryd vir die seisoen aangepak het. Die spelers se positiwiteit en geesdrif het hul toegelaat om die spel te geniet asook foute te herken en daaruit te kan leer. Die resultate beloop soos volg: Noord-liga: Seuns A verloor teen Eversdal 1-5 Seuns B verloor teen Eversdal 0-4 Gemengde A verloor teen Totius 0-4 Dogters A gelykop teen Eversdal 3-3 Dogters B verloor teen Eversdal 1-5 Table View-liga: Gemengde B verloor teen Van Riebeeckstrand...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 9 Februarie 2024

Tydens die inligtingsaand van 23 Januarie en na vele gesprekke met verskeie ouers/voogde kom ek tot die besef dat die meeste ouers/voogde salig onbewus is oor die beginsel van Groei-ingesteldheid (‘Growth Mindset’) by die skool. Ons het groei-ingesteldheid alreeds in 2023 by die skool uitgerol en wil vanjaar dit verder beklemtoon en ontwikkel. Laat my dus toe om in ‘n neutedop die beginsel van groei-ingesteldheid te verduidelik. Pas dit gerus in julle gesinslewe toe. Dit het juis begin met ‘n mens se eie gedagtes veral as sukses jou die gedurig ontwyk. Mense met ‘n vaste-ingesteldheid (“Fixed Mindset”) glo dat hul intelligensie en vaardighede eienskappe is waarmee jy gebore word en dat dit nie kan verbeter nie. Mense met hierdie tipe oortuiging word maklik ontmoedig en hulle is geneig om weg te skram van moeilike take of uitdagings. Navorsing het bewys dat mense met ‘n groei-ingesteldheid glo dat jy jou intelligensie kan ontwikkel deur vaardighede aan te leer en dat jy met meer oefening en moeite die uitdaging mettertyd sal kan baasraak. Hierdie tipe mense omhels uitdagings, volhard deur struikelblokke, leer uit kritiek en soek inspirasie in ander se suksesse. Ons doel met groei-ingesteldheid is juis om ons leerders en personeel te ontwikkel wat deursettingsvermoë, wilskrag, empatie, goeie kennis oor jouself, ‘n behoefte aan leer en ontwikkeling en ‘n ingesteldheid van groei, insluit. Om regtig jouself te wees, moet ons...

Lees Verder

Oplaai van Nasorgleerders

Ons versoek dat ouers van die agterste hek (Kerkstraat) gebruik maak om hul kinders in die middae te kom haal. Ouers / voogde kan agter parkeer of self afstap nasorgsentrum toe om hul kind te gaan haal, of jy kan vir die sekuriteitswag vra om jou kind via die “walkie talkie” te laat roep. Indien die sekuriteitswag jou kind laat roep, sal die nasorgpersoneel jou kind vergesel of opstuur na die afdakkie toe. Ouers kan ongelukkig nie by die Kloofstraathek inry nie. Dit veroorsaak ‘n groot verkeersopeenhoping indien ouers voor by die skool probeer inkom aangesien daar net een in- en uitgang is. Hierdie hek is slegs vir personeel en besoekers aan die skool. Baie dankie vir almal se...

Lees Verder

Atletiek Interskole-uitslae – 6 Feb 2024

Dinsdag, 6 Februarie, het 60 van ons atlete aan die jaarlikse Interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde deelgeneem. Daar was 9 skole wat op die dag teen mekaar deelgeneem het: Jan van Riebeeck, Kampsbaai, Duitse Skool, Reddam, Tamboerskloof, Sea Point, St. Cyprians, Kronendal en Houtbaai Internasionaal. Die weer het saamgespeel en dit was ‘n ideale dag vir atletiek. Die dag het glad verloop en ons atlete het hulle puik van hul taak gekwyt. Ons het op ‘n hoogtepunt afgesluit en amper skoonskip gemaak met al die aflosse. Ons het ook op die dag die meeste punte verower en sodoende die interskole gewen. Die top 3 skole was: Jan van Riebeeck met 486 punte Kampsbaai met 413 punte Duitse Skool met 366 punte Slegs die top twee atlete vir enige baanitem (uitsluitend 0.8 en 0.9) en die beste prestasie in die velditems kwalifiseer om deur te gaan na die Zone-kampioenskappe. Ons atlete wat deurgaan is: Cato Terblanche, 80m, 100m, 1200m en gewigstoot Willem Viljoen, 70m H, 80m en 1200m Maia du Toit, 70m H Rafa Lamprecht, 70m H Jack Dawes, 75m H en 150m H Daniella Boshoff, 75m H en 200m H Arjen Faling, 100m Delmar Benecke, 200m, 200m H en 800m Ellen van Heerden, gewigstoot Jana Olivier, gewigstoot en diskus Frank van der Walt, gewigstoot, spiesgooi en diskus Carter Schoeman, gewigstoot Jeanne van Heerden, gewigstoot en diskus...

Lees Verder

Tennisuitslae: 3 Febr. 2024

Die tennisseisoen het op ‘n hoë noot afgeskop toe ons eerstespan aan ‘n dubbelstoernooi te Laerskool Kenridge deelgeneem het. Vier skole het aan hierdie toernooi deelgeneem; Laerskole Kenridge, Jan van Riebeeck, Hermanus en Worcester. Die spelers het puik gevaar. Adriaan Wessels en Rafa Lamprecht het 2de plek behaal in die seuns dubbels A-groep en Stella Zulch en Ané Swanepoel het 2de plek behaal in die dogters dubbels B-groep. Laerskool Jan van Riebeeck het ‘n 3de plek behaal. Baie geluk,...

Lees Verder

Netbalkliniek terugvoer: 26-28 Jan. 2024

Die graad ses en sewe netbalmeisies het 26 tot 28 Januarie ‘n netbalkliniek bygewoon. Dit is deur die ervare netbalafrigter, tannie Patrys, aangebied. Dit was verskriklik lekker en ons sal dit nooit vergeet nie. Ons het baie spanwerkoefeninge gedoen – nie net op die baan nie, maar ook in die swembad. Ons is baie dankbaar dat ons hierdie netbalkliniek kon bywoon. Baie dankie aan al die onderwysers wat dit moontlik gemaak het. ‘n Spesiale woord van dank aan tannie Patrys wat ver gereis het. Sy het vir ons baie geleer en ons gaan definitief alles wat ons geleer het goed kan toepas in die komende netbalseisoen. – Geskryf deur Karu Rademeyer, gr....

Lees Verder

Krieketuitslae: Febr. 2024

Baie geluk aan al die krieketspelers met die volgende uitslae: o.7 wen met 9 lopies teen Herzlia o.8 wen met 18 lopies teen Herzlia o.9 wen met 18 lopies teen Reddam o.11 A verloor met 61 lopies teen Ottohub o.11 B verloor met 8 paaltjies teen Pinelands North Luke Sieberhagen met boulsyfers van 3 beurte 2 paaltjies vir net 4...

Lees Verder

Jan Kas – Graad 3 – 7-tasse

Ons gewone skooltasse vir graad 3 – 7 is tans uit voorraad. Ons gaan moontlik binnekort ‘n paar inkry, maar nie noodwendig al genoeg om almal wat vir ‘n tas wag te kan help nie. Indien jy nie langer kan wag vir ‘n tas nie, kan jy enige ander skooltas wat donkerblou is in ‘n winkel koop. Ons het intussen ‘n paar Ramble-rugsakke ontvang. Dit is ‘n duurder tas en het ‘n twee jaar waarborg vanaf die datum wat die skool dit aangekoop het. Dit is op Jan Kas beskikbaar of jy kan dit tydens winkelure kom...

Lees Verder

Jannies deel van Kaapstad Opera-kinderkoor

Drie Jannies, Karu Rademeyer, Abi Fourie en Jacob Venter, is onlangs ingesluit in die splinternuwe Kaapstad Opera-kinderkoor. Dié groep het die groot voorreg gehad om saam met die professionele Kaapstad Opera-geselskap in die pragtige Maynardville-buitelugteater in hul vertoning, ‘Puccini in the Park’, op te tree. Hulle is ook deel van die operaproduksie, ‘Suor Angelica / Gianni Schicchi’, wat volgende week by die Kunstekaap Teater te sien is. Ons wil ook vir Karu gelukwens met haar verkiesing as een van die vier lede van die nuwe ‘Children’s Board of Directors’ vir Kaapstad...

Lees Verder

Swemuitslae – 2 Feb 2024

Ons swemmers het Vrydag, 2 Februarie, aan die swemgala by die Duitse Skool deelgeneem. Laerskool Jan van Riebeeck het derde plek uit vier skole behaal. Wel gedaan aan al ons swemmers wat deelgeneem het! Delmar Benecke en Karu Rademeyer het ook die afgelope naweek aan die Cape Town Bryan Button-kwalifiserende swemgala by die Universiteit van Wes-Kaapland deelgeneem: Delmar 100m-rugslag: 1ste 100m-vryslag: 3de 200m-IM: 2de 50m-rugslag: 1ste Karu 50m-borsslag: 1ste 100m-borsslag: 5de 50m-vlinderslag: 2de 100m-vryslag: 7de Baie geluk Karu en Delmar – dit wil gedoen...

Lees Verder