Laerskool Jan van Riebeeck se Musiekdepartement sien uit daarna om ‘n wonderlike aand saam met ons musiekleerders by die Kunstekaap te geniet, waar ons die twee eenbedryf operas van Puccini gaan kyk.

Datum: Woensdag, 14 Februarie 2024
Tyd: 18:30 – 21:30
Kleredrag: Semi-formeel

Die skool voorsien ongelukkig nie vervoer nie, daarom vra ons dat jy asseblief jou kind by die Kunstekaap se voorportaal teen 18:30 aflaai en weer om 21:30 daar kom optel.

Onderwysers sal die leerders vergesel. Leerders is ook welkom om sakgeld te bring vir ‘n snoephappie gedurende die pouse. Alternatiewelik kan leerders iets klein inpak om te eet of drink. Wees asseblief bewus daarvan dat geen kos of koeldrank in die teater toegelaat word nie.

Ons vra ook dat ouers hul kinders betyds sal optel na afloop van die vertoning, aangesien dit onveilig is vir beide die onderwysers en kinders om buite die teater in die donker tot laat te wag.

Die opera word in Italiaans opgevoer, en ek beveel sterk aan om ‘n opsommende weergawe van die storielyn van beide Suor Angelica en Gianni Schicci vir jou kind voor die tyd te lees. ‘n Goeie begrip van die verhaal maak dit baie makliker om die opera te volg.

Ons sien uit na ‘n heerlike aand. Vra gerus indien daar onsekerhede is.

Vriendelike groete,
Rolene van Zyl
rolene@jvrprim.co.za