Die koorkamp is om die draai en ons kan nie wag om die nuwe koormusiek met die leerders te deel nie. Ons is seker hulle gaan dit sommer baie geniet!

Ek deel graag enkele punte van belang:

  • Datum en Tyd:
    Vrydag, 16 Februarie, 14:30 – 16:00
    Saterdag, 17 Februarie, 08:00 – 12:00
  • Plek: Skoolsaal
  • Kleredrag: Informeel en gemaklik. Pak swemklere, handdoek, en sonskerm in vir Saterdag.

Ons vra dat elke ouer asseblief middagete vir jou kind sal inpak vir Vrydag. Saterdagoggend begin ons stiptelik om 08:00, en ons sal vir die leeders tye gee om te ontspan tussen ons oefensessies. Pak gerus ‘n klein peuselhappie en genoeg water in. Die snoepie is nie oop nie en geen kind sal toegelaat word om die skoolgronde te verlaat nie.

Ons sluit die naweek se oefen af op ‘n feestelike noot met ‘n lekker kuier by die swembad en vars waatlemoen vir almal. Daar is ook ‘n lewensredder by die swembad om die veiligheid van al ons leerders te verseker.

Ons vra ook dat ouers hul kinders betyds sal optel na afloop van ons oefeninge: Vrydag om 16:00 en Saterdag om 12:00. Die agterste hek sal oop wees vir gebruik.

Ons sien uit na ‘n heerlike naweek! Vra gerus indien daar onsekerhede is.

Vriendelike groete,
Rolene van Zyl
rolene@jvrprim.co.za