Skrywer: Suzaan Burger

Ouerbesoeke kwartaal 2, 2021

Daar sal vroeg in kwartaal 2 (4 & 5 Mei) vir ouers/voogde die geleentheid gebied word om hul kind(ers) se onderwysers te ontmoet aangesien die eerste vorderingsverslag vir die jaar een van die dae uitgedeel word. Ons gaan dit op dieselfde manier as verlede jaar hanteer met Covid-protokol in plek. Maak asb. vroegtydig ‘n afspraak deur op die skakel(s) hieronder te kliek en die vorm(s) te voltooi. 1. Kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. 2. Kies die dag & tyd waarop jy ‘n afspraak wil maak. 3. Die tyd wat jy gekies het, sal wegval en nie meer vir ander beskikbaar wees om te kies nie. 4. Vul ‘n aparte vorm in vir elke afspraak wat jy wil maak. 5. Jy sal ‘n e-pos kry met die tyd wat jy gekies het. 6. Indien daar nie meer beskikbare plek is om die bepaalde onderwyser te sien nie, voel gemaklik om ‘n alternatiewe afspraak met die onderwyser te organiseer. GRONDSLAGFASE...

Lees Verder

Waarde vir die maand: Maart

In Maart het ons op die waarde, Omgee, gefokus. Dit is waarom ons tee saam met iemand vir wie ons omgee, gedrink het. Hoekom? Dit is lekker as iemand vir jou omgee en luister na wat jy sê. Jannies gee om vir mekaar! Hierdie maand fokus ons op die waarde:...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Dit is my eer en voorreg om aan te kondig dat die verkiesing van die nuwe Beheerrraad (BR) se ouerkomponent d.m.v. die virtule platform (VotingCrowd) wat op 30 Maart 2021 plaasgevind het, baie suksesvol afgeloop het. Ek vra om verskoning dat julle so lank vir die bekendmaking van die nuwe BR-lede (ouers) moes wag, maar ongelukkig is daar streng protokol wat na afloop van die verkiesing eers gevolg moet word om te verseker die verkiesingsproses was deursigtig en regverdig. Gun my die geleentheid om al 11 kandidate hartlik te bedank vir hul bereidwilligheid om tot diens van die puik skool te staan. Ek glo julle sal saamstem dat hulle uiters professioneel in die verkiesingsvideo’s oorkom en hul uitstekend van hul taak gekwyt het. Ons skool is baie bevoorreg om soveel kundigheid en ervaring in ons skoolgemeenskap tot ons beskikking te hê. Baie geluk aan die volgende BR-lede (alfabetiese orde) wat ons ouerkrops verteenwoordig: 1. Marié Cruywagen 2. Esri Marais 3. Merwe Scholtz 4. Izelle Venter 5. Andries Viljoen Die res van die BR bestaan uit die volgende personeel: 6. Naas Beets (Skoolhoof) 7. Lucia de Jager (verkies om die opvoeders te verteenwoordig) 8. Ischké Felix (verkies om die opvoeders te verteenwoordig) 9. Hannes Muller (verkies om die nie-opvoeders te verteenwoordig) Graag wens ek die nuwe BR sterkte toe met die belangrike taak wat voorlê. Ek weet die nuwe BR...

Lees Verder

Eisteddfod 2021

Beste Ouers Jou kind(ers) het die geleentheid om die jaar aan die Eisteddfod deel te neem. Beoordeling vind in Augustus/ September by ons skool plaas. Inskrywingsgelde vir Spraakkuns is R60 per item en R55 vir Sang. Fooie vir Klavier wissel (sien die Karri -toep). Betalings geskied deur die Karri-toep. Inskrywings sluit op 14 April. Afdelings: Gr 1 – 7 Gedig Gr 4 – 7 Prosa Gr 3 – 7 Onvoorbereide lees Sang en instrumentale inskrywings sal deur die musiek- en kooronderwysers gekeur word. Sodra jou kind in kennis gestel is dat hy/sy aan ‘n sang- of musiekitem gaan deelneem, kan jy deur middel van die Karri-toep betaal. Enige navrae kan aan Helecia Groenewald (Musiek) of Jana Nel (Spraakkuns) gerig...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Hoop en vertrou dat almal ‘n heerlike langnaweek geniet het. Ons het die einde van die 6de akademiese week suksesvol bereik, nog ‘n mylpaal en ons fokus is nog steeds op die 2021 Beheerraadsverkiesing. Die verkiesing van die nuwe Beheerraad (BR) is naas die Algemene verkiesing die belangrikste gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse skolestelsel en die land as ‘n geheel. Daar is meer as 24,000 skole landwyd wat in Maart en April nuwe beheerrade sal verkies wanneer die termyn van die vorige verkose beheerliggame ten einde loop. Julle sal later vandag toegang per WhatsApp tot die verkorte CV’s en individuele foto’s van ons 11 genomineerde kandidate ontvang. Om die verkiesingsproses meer te verpersoonlik, het ons op baie kort kennisgewing besluit om ‘n kort video (90 sekondes) van elke kandidaat te skiet waartydens hulle motiveer waarom daar spesifiek vir hulle gestem moet word. Die video’s sal ingesluit wees in die kennisgewing met die foto’s en CV’s. Die verkiesing vind op Dinsdag, 30 Maart 2021, d.m.v. VotingCrowd plaas. Dié aanlynverkiesingsfasiliteit sal op 30 Maart vanaf 06:00 beskikbaar wees en dit sluit stiptelik om 18:00. Hierdeur wil ons al ons ouers betrek deur die proses so gerieflik moontlik te maak deur in jou eie tyd en plek te stem. Ons sal Maandag, 29 Maart, meer besonderhede stuur oor die aanlynverkiesingsproses. Ek doen dus ‘n ernstige beroep op elkeen om asseblief te stem, want...

Lees Verder

Lara Pieterse gekies vir balletopvoering

Lara Pieterse in graad 7 is gekies om te dans in die balletopvoering, Coppelia, wat van 15 tot 17 April in die Artscape Operahuis op die planke sal wees. Ongelukkig is alle kaartjies reeds uitverkoop, maar opnames sal wel na afloop van die opvoerings op DVD sowel as die internet beskikbaar wees. Navrae oor die opnames kan gerig word aan...

Lees Verder

Die graad 7’s word genooi na ‘n fliekaand!

Bring ‘n piekniekmandjie en ‘n kombers en kom geniet ‘n heerlike fliek saam met jou maats. Wanneer: Donderdag, 8 April 2021 (18:00 – 20:00) Waar: Laerskool Jan van Riebeeck-skoolsaal Kaartjies is beskikbaar op die Karri-toep teen R30 per persoon en sluit ‘n pakkie springmielies...

Lees Verder

Embleme

Ons het verlede jaar 2 kompetisies geloods: Een vir ‘n eeufees-embleem en tweedens om die 100 jaar feesvieringe te gebruik om in tye van die pandemie ‘n embleem van hoop te skep. Baie geluk aan die volgende leerders wat die onderskeie kompetisies gewen het: ● Klara Jansen van Vuuren Gr.2: LS JVR 100 Embleem ● Taniel Webber Gr.7 : 100-2021...

Lees Verder

Kleiduif kompetisie vir Welwillendheid

Die Laerskool Jan van Riebeeck-Trust bied vir die eerste keer op 6 Mei 2021 by Valley Clay Target Club ‘n Kleiduif-kompetisie aan. Kry ‘n span van 5 lede en kom geniet ‘n dag vol pret en lekker lag. Die kompetisie word gevolg deur ‘n steakbraai en daar is heerlike pryse op die spel. Inskrywings is beperk a.g.v. COVID 19-regulasies. Volg die SKAKEL om in te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996, maak pertinent voorsieing vir demokratiese strukture asook vir ‘n demokratiese proses waardeur verteenwoordigers van alle belanghebbendes (ouers, opvoeders en nie-opvoeders) in skoolbeheerrade (BR) verkies word. Dus is skole tans landswyd hard aan die werk om die 2021 Beheerraadverkiesings vir die tydperk 2021 – 2024 af te handel. Die BR-verkiesing stel ouers in staat om ‘n sê te hê in wie in die beheerraad moet dien om belangrike strategiese besluite oor hul kinders se opvoeding te neem. Ons is in die bevoorregte posisie dat ons skool oor die jare vaardige, kundige en toegewyde beheerrade opgelewer het. Dus wil ek baie geluk sê en die volgende genomineerde ouerkandidate (alfabetiese volgorde), wat gisteraand om 19:00 deur ons verkiesingsbeampte, mnr. Chris Storey (Skoolhoof van LS Kampsbaai) tydens die benoemingsvergadering amptelik bekragtig is, asook hulle hartlik bedank vir hul bereidwilligheid om te staan as ‘n moontlike beheerraadslid: 1. Marie Cruywagen 2. Jan-Jurie Fourie 3. Jaco Greeff-Cronjé 4. Wilhelm Hertzog 5. Esri Marais (huidige BR-Lid vir regsake) 6. Henk Oosthuizen 7. Merwe Scholtz (huidige BR-Voorsitter) 8. Barry van Zyl 9. Izelle Venter (huidige BR-Ondervoorsitter) 10. Andries Viljoen 11. Danelle Welgemoed Ons BR-verkiesing vir die ouerkomponent geskied op Dinsdag, 30 Maart 2021, en vanaf volgende week sal julle as ouers die bogenoemde kandidate se verkorte CV’s vergesel met ‘n motivering waarom hul in die beheerraad wil dien, asook ‘n foto...

Lees Verder

SAMI (SA Instituut vir Geheueontwikkeling)

Graad 4 – 7-leerders het die week dokumentasie vanaf bogenoemde instituut ontvang. Registrasie vir leerders is nie verpligtend nie. Ouers wat wel belangstel om hul kinders se lees-, memorisering-, luister- , aantekening- en eksamenvaardighede te verbeter, kan SAMI direk by 021-979 2225...

Lees Verder

Verlore goedere

Graag versoek ons ouers om jul kinders te vra om mooi na hul persoonlike items tydens skoolure en sportoefeninge te kyk. ‘n Ongelooflike hoeveelheid items (skool- en sportklere, tekkies, skoolskoene, watterbottels, skoolsakke, kosblikke, ens.) word daagliks by die skool en sportvelde agtergelaat. Baie dankie vir julle hulp in die...

Lees Verder

Ouerbesoeke Kwartaal 2

Daar sal geleentheid vir ouerbesoeke op 4 & 5 Mei van kwartaal 2 vir die grondslag- en intersenfase wees. Ons sal teen die einde van die kwartaal ‘n Google Form uitstuur sodat ouers afsprake kan begin maak asook al die reëlings omtrent hierdie geleenthede...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Graag wil ek almal bedank wat die sosiale buitelugfunksie op Vrydagaand, 5 Maart bygewoon het. Dit was ‘n groot voorreg om julle te kon ontmoet en ‘n heerlike aand se samesyn te geniet. Ek is oortuig dat die kinders heel moontlik die piekniekfunksie die meeste geniet het. Wanneer laas kon soveel kinders net lekker saam speel, rondhardloop, mekaar rondjaag en net lekker laf wees soos slegs kinders dit kan doen. Dan besef ‘n mens net weereens die negatiewe impak van die grendelstatus op ons land se kinders. Ek het ook die voorreg gehad om op Dinsdag, 9 Maart ons prefekte se balkies in my kantoor te oorhandig. Groot was my verbasing om te ervaar hoe die 12 prefekte met soveel selfvertroue hulle aan my voorstel, my verwelkom en hul visie vir die skool met my deel. Ek het ook saam met hulle en juffrou Izel Storm op Woensdagoggend, 10 Maart om 07:30 ‘n leierskapontbyt by Hoërskool Jan van Riebeeck bygewoon. Die gasspreker was Cabous Meiring en die prefekte van die verskillende laerskole het behoorlik aan haar lippe gehang. Prefekte het tydens die funksie ook die geleentheid gekry om hul opinies oor verskeie onderwerpe met almal te deel. Hulle het spontaan en met soveel selfvertroue en insig gekommunikeer. Hartlike dank aan mnr. Pieter Rademeyer, die nuwe hoof by die Hoërskool, vir die uitnodiging en vriendelike ontvangs. Terwyl leierskapvaardighede in die...

Lees Verder

Gholfdag

Ons wil graag vanjaar, as deel van die 100 jaar feesvieringe, ‘n gholfdag beplan. Ons wil eers bepaal of daar onder ons ouers belangstelling is om deel te neem. Indien jy graag aan die gholfdag wil deelneem, voltooi die Google...

Lees Verder