Skrywer: Suzaan Burger

Vraag en Antwoord-blad op die webtuiste

Besoek gerus ons Vraag & Antwoord-blad op die webtuiste. Dit is beskikbaar onder die MyJvR opskrif in die menu. Ouers kan die soekfunksie gebruik om iets op die webtuiste op te spoor en ook inligting en video’s onder die Gereelde Vrae-afdeling sien. Daar word binnekort nog bygevoeg, so hou die spasie...

Lees Verder

Jannies Nasorg

Ons moedig graag ons ouers/voogde aan om hul kinders by die nasorg in te skryf. Die nasorg, onder leiding van Madri Greyling, bied ‘n veilige plek vir leerders om hul skooldag af te sluit.  Die nasorgaktiwiteite is uitgebrei om dit nog lekkerder vir leerders te maak. Die nasorgspan ken elke leerder op die naam en koördineer daagliks leerders om hul sport- en buitemuurse aktiwiteite betyds by te woon.  Daar is Maandag tot Donderdag aparte huiswerkklasse vir graad 1, graad 2 en dan vir graad 3 – 7-leerders sodat die druk op ouers en leerders laatmiddag/vroegaand minder is. Ouers kan net by die huis seker maak dat hul kind/ers die werk verstaan. Ons is ook baie trots op Madri aangesien sy aan die einde van laasjaar die finale vakke vir haar B.Ed (Grondslagfase) graad geskryf het en binnekort haar onderwysgraad sal ontvang. Sy inkorporeer nou groot- en fynmotoriese beweging en ander opvoedkundige metodes om huiswerk meer interessant te maak asook om die vaslegging van werk te verseker. Die nasorgspan maak elke dag vir leerders ‘n toebroodjie en van hierdie jaar af is elke dag se broodjie anders. Op hierdie stadium geniet die kinders die toebroodjies so baie, dat van hulle skoon vies raak as mamma of pappa hulle voor hulle ham- en kaasbroodjie kom haal! Daar is aan die begin van die jaar nuwe speelgoed aangekoop en die leerders het...

Lees Verder

Emma van Biljon presteer in musiekeksamen

Emma van Biljon in Graad 6 het Trinity se Graad 1-dwarsfluiteksamen met eervolle vermelding geslaag. Sy het begin met dwarsfluitlesse net voor die grendeltydperk in 2020 begin het en het vir omtrent 1 en ‘n halwe jaar aanlyn lesse ontvang. Dit is ‘n puik prestasie, veral om op hierdie manier ‘n splinternuwe instrument te bemeester. Baie geluk,...

Lees Verder

HS JvR-Bergfietsklub

Beste Bergfiets-entoesias Hoërskool JvR het verlede jaar ’n weldoener gehad wat in privaatkapasiteit die vaardigheidsessies, soos aangebied deur BreakAway Rides, se kostes gedra het om ons laerskoolkinders bloot te stel aan bergfiets en om die Hoërskool-bergfietsbaan bekend te stel. Die kwartaallikse fooi, wat deur Hoërskool Jan van Riebeeck se bergfietsklub bestuur word, sal vanaf hierdie jaar R550 per kwartaal beloop. Dié bedrag sal die afrigters se kostes dek. Ons het op Vrydag, 21 Januarie 2022, begin met ons eerste vaardigheidsessie vir 2022. Die vaardigheidsessies vind elke Vrydag van 14:30 tot 16:00 op HS JvR se bergfietsbaan in De Hooplaan, Tamboerskloof, plaas. Elke kind sal ’n minimum van 8 x 1.5uur sessies per kwartaal se vaardigheidslesse ontvang. Hierdie lesse word deur BreakAway Rides se afrigters aangebied. Die fietsryers sal elke Vrydag in 2 groepe verdeel word en die afrigters sal die kinders indeel by óf die ‘nipper’-groep vir beginners, óf die ‘junior’-groep vir meer gevorderde fietsryers. Ons sal deur die loop van die jaar ook ’n addisionele na-ure kursus aanbied waar die fietsryers vaardighede aangeleer word om hulle eie fietse te diens. Indien jy bevestig dat jou kind by ons klub vir 2022 wil aansluit, voltooi asseblief die skakel hier onder. SLUIT AAN BY DIE BERGFIETSKLUB Vriendelike groete Karien Zulch karien.zulch@janvanriebeeck.co.za...

Lees Verder

Valentynsdag: verkope & sivvies

Maandag, 14 Februarie, hou ons valentynsdagverkope! Daar sal pouse ‘n verskeidenheid lekkernye, geskenkies en bederfies wees om te koop. Leerders kan op hierdie dag gratis sivvies aantrek. Dit is alles ten bate van die fondsinsameling vir ons somersokkie op 17 Maart...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Week 3 van die akademiese jaar het op ‘n baie warm en bedompige Maandagoggend afgeskop met ‘n aangename verrassing vir ons leerders aangesien ons skool op 31 Januarie 101 jaar oud is. Ek het spesiaal met Martin Venter, Meesterkannonier van die Suid-Afrikaanse Kannonier Vereninging, gereël om met sy miniatuur-kanon x10 skote agter op die sportveldjie ten aanskoue van ons leerders en personeel te kom afvuur ter herdenking van ons 100ste bestaansjaar. Elke skoot het 10 jaar verteenwoordig. Hy het ook sy kennis rakende al die geskiedkundige kannonne in Suid-Afrika met ons gedeel en die leerders het dit baie interessant en leersaam gevind. Feesvieringe is verder die aand voortgesit met heerlike samesyn van ouers/voogde en vriende van die skool tydens ons 100 + 1 Feesvieringe. Vanaf 18:30 kon ons ouers/voogde deur die skool se gange stap om die spog kunsuitstallings van die leerders se kunswerke wat die 100 jaar se geskiedenis en ryk tradisies van die skool uitbeeld, te besigtig. Smaaklike etes is ook die aand voorsien en groot opgewondenheid het onder ons ouers/voogde geheers om weer ‘n slag lekker saam te kon kuier. Baie dankie aan Marinda wat die afgelope 2 jaar agter die skerms die feesvieringe en ‘n spogstuk van ‘n feesboek beplan het. Graag wil ek die OOV, onder leiding van Ria Hertzog hartlik bedank vir die puik reëlings vir die spesiale geleentheid. Baie dankie ook aan...

Lees Verder

Dapper Stappers Gr.4-7

Leerders van graad 4 tot 7 is welkom om op 26 Februarie saam met ons ‘n roete in die berg te gaan stap! Hou jul e-pos dop vir ‘n Google Form wat volgende week uitgaan vir meer inligting en om aan te dui of julle saam wil stap. Indien julle voorstelle het vir lekker roetes, kliek HIER om ons te laat weet, ons sal julle insette...

Lees Verder

Klerebank: 100 + 1 Feeshemde

Hiermee die skakel om die 100+1 feeshemp aan te koop: JvR 100+ Feeshemp Bestel asseblief teen 12 Februarie. ‘n Aflewering van ‘n klein bestelling, groottes 8 tot 14 jaar word volgende week verwag. Groottes 4 jaar, M en L is in voorraad. Na 12 Februarie sal die balans bestel word volgens bestellings ontvang. Die tweede bestelling behoort teen einde Februarie afgelewer te word. Klerebanktye: 07:20 – 08:00 Maandae en Woensdae 13:30 – 14:20 Dinsdae en...

Lees Verder

Welwillendheid: Klereprojek

Die Welwillendheidskomitee wil baie graag al die ouers bedank wat skoolklere en skryfbehoeftes geskenk het. Ons gee ‘n laaste geleentheid indien jy nog enige klere wil skenk.  Laaste dag vir skenkings is Donderdag, 10 Februarie.  Dit kan na Marietjie de Kock se klas geneem word. Nogmaals baie dankie.  Dit word opreg...

Lees Verder

Nuwe Covid-protokol

Beste Ouers Die President het gister aangekondig dat die kabinet veranderinge maak ten opsigte van die kwarantyn- en kontakopsporing-protokol vir die land. Laerskool Jan van Riebeeck sal hierdie protokol van nou af volg: Indien jy positief toets, maar geen simptome toon nie, hoef jy nie te kwarantyn nie. Indien jy positief toets en jy simptome toon, word die kwarantyntydperk van 10 na 7 dae verminder. Indien jy in kontak was met iemand wat positief getoets het, hoef jy nie te kwarantyn tensy jy simptome toon...

Lees Verder

Fotodag: Dinsdag, 1 Maart

Dinsdag, 1 Maart is dit fotodag. Die volgende foto’s sal geneem word: Individuele foto’s Boetie- en sussie foto’s Beheerraadfoto Biblioteekmonitors Suidoosterredaksie OOV Reëlings: Kleredrag: Leerders dra hul gewone wit JvR-skoolhemp (plat kraag met wapen op die sak) met hul grys kortbroek en donkerblou rompie, wit en grys sokkies met skoolskoene. Daar sal GEEN LO-lesse op hierdie dag wees nie. Leerders moet asb. betyds wees. Ons begin reeds om 08:00 met die foto’s. Maak asb. seker dat jou kind(ers) se hare en naels netjies en skoon...

Lees Verder

Swemgroepe

Volg die skakel na die swemblad op ons webtuiste en volg die gepaste skakel om te sien in watter swemgroep jou kind(ers) ingedeel is. Indien daar “no more options” langs jou kind se naam staan, beteken dit hy/sy het nog nie plek nie, maar ons sal julle kontak sodra daar ‘n plek oopgaan. Stuur gerus ‘n e-pos na sport@jvrprim.co.za indien jy enige vrae het....

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Kan julle glo, vandag is dit reeds die 2de week nadat die skool sy deure vir die akademiese jaar geopen het. Tyd vlieg ongelooflik vinnig verby. Roetine word weer stadig maar seker deel van ons leerders se daaglikse lewe en dit is verblydend om die stralende gesiggies te sien wat soggens by die skool opdaag. Vandag is ‘n baie spesiale dag, want vandag is dit Jannies Jooldag om die 100 + 1 bestaansjaar van ons trotse skool te vier. Die pandemie het ons feesvieringe in 2021 totaal bederf, maar vandag beplan ons om die spreekwoordelike rooi tapyt uit te rol wat verskeie pret aktiwiteite insluit om ons Jannies te bederf. Aktiwiteite sluit in waterglyplank, “putt-putt”, hindernisbaan en sportkaskenades vir die gronslagfase leerders terwyl die Graad 4 tot 7-leerders met swemkaskenades, balspeletjies, sportkaskenades, toutrek en “minute to win it” vermaak gaan word. Ek glo die Jannies gaan hul gate uit geniet en hou gerus die JvR-Kiek dop vir foto’s. 100 + 1 Feesvieringe vir ouers/voogde geskied dan op Maandag, 31 Januarie, vanaf 18:00 by die skool met ‘n spog kunsuitstalling van die leerders se kunswerke wat die 100 jaar se geskiedenis en ryk tradisies van die skool uitbeeld. Moet asseblief nie die spoggeleentheid misloop nie. Volgende week skop ons met die buitemuurse program af. Ek doen ‘n beroep op al ons leerders om aan al die sport- en kultuuraktiwiteite deel...

Lees Verder

100 +1 Feesvieringe en Kunsuitstalling

Ons kan uiteindelik Maandagaand, 31 Januarie, ter viering van ons skool se 100 + 1 verjaardag lekker saam kuier. Ons (slegs ouers/voogde en onderwysers) ontmoet mekaar stiptelik om 18:00 in die skoolsaal waarna kos en drankies buite die saal beskikbaar sal wees. Ons sal die koskaartjies (soos deur Karri bestel) vanaf 17:30 voor die saal beskikbaar hê. Dit verseker dat dit nie verlore raak nie. Die kunsuitstalling is dwarsdeur die skool. Jy is welkom om teen jou eie tyd rustig daarna te...

Lees Verder

Sinchroniseer skool se kalender(s)

Indien jy onseker is hoe om die skool se algemene kalender en/of die Gr.4-7 taak-en toetsrooster kalenders met jou eie kalender te sinchroniseer, volg die gepaste skakel hieronder (ook beskikbaar aan die bokant van ons webtuiste). Volg dan die instruksies in die grys blokkies wat op jou van toepassing is. Algemene kalender Graad 4 taak- en toetsrooster Graad 5 taak- en toetsrooster Graad 6 taak- en toetsrooster Graad 7 taak- en toetsrooster Indien jy steeds nie regkom nie en graag die kalender op jou selfoon/rekenaar se kalender wil hê, stuur gerus ‘n e-pos na...

Lees Verder

OOV-klasverteenwoordigers 2022

Kan jy goed organiseer? Wil jy graag help om die lewe makliker en lekkerder vir almal by Laerskool Jan van Riebeeck te maak of het jy ander eienskappe wat ons by die OOV nodig het? Kontak asb. vir Ria Hertzog (oov@jvrprim.co.za of 082 320 3288) as jy bereid is om op die OOV te dien of met enige...

Lees Verder

Redenaars 2022

Die beplanning vir 2022 se redenaarsprogram het reeds verlede jaar begin. Indien enige iemand oor die vakansie besluit het hulle sien wel kans vir hierdie goeie uitdaging, moet jy asseblief teen Dinsdag, 1 Februarie, vir Andri Baird ‘n e-pos stuur (andri@jvrprim.co.za). Sluit asb. die volgende inligting by die e-pos in: • Naam en van (leerder) • Graadgroep 2022 Verdere inligting sal per e-pos aan almal gekommunikeer word. Baie...

Lees Verder