Skrywer: Suzaan Burger

Interim-Beheerraadverkiesing: Nominasies

Die WKOD vereis dat interim-Beheerraadverkiesings gehou moet word om vakante posisies te vul. Susan van der Walt is verlede kwartaal as Tesourier deur die Beheerraad gekoöpteer om vir ‘n interim-periode uit te help. Ons sal baie graag hierdie posisie formeel wil vul daarom dat daar ‘n aanlyn verkiesing op Woensdag, 12 Oktober, vanaf 06:00 – 18:00 sal plaasvind. Die termyn eindig Maart 2024. As jy iemand vir die Tesourier-portefeulje wil benoem of as jy bereid is om te staan en ‘n nominasie het, voltooi asseblief aangehegte nominasievorm en handig in of stuur direk vir Suzaan Burger by suzaan@jvrprim.co.za. Nominasies sluit teen Maandag, 10 Oktober, om 12:00. Indien jy enige navrae rakende hierdie posisie het, is jy welkom om vir Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za) en/of vir Merwe Scholtz (mscholtz@genfin.co.za) te kontak. Interim-Beheerraadverkiesing Nominasievorm vir Ouerlede - SBL - Periode 2021...

Lees Verder

Kooroptrede: 20 Oktober

Onthou: Albei kore tree hier op. Waar: Laerskool Sunningdale. Tyd: 19:00 Kaartjies: Laat weet asb. vir Helecia indien jy ekstra kaartjies het (helecia@jvrprim.co.za) Drag: Netjiese somerskooldrag Senior koor moet om 17:30 daar wees om vir die massakoor te oefen. Junior koor moet om 18:15 daar wees. Die program sal net ‘n uur duur. Ouers moet asseblief tot aan die einde bly. Ouers parkeer op die veld of in die strate om die skool. Ouers kan vooraf terwyl hulle wag iets by die snoepie nuttig. Leerders mag nie die snoepie gebruik nie. Laat hulle asseblief iets by die huis eet. Moenie onnodige waardevolle artikels saamneem nie. Kore sit in die saal en luister na die ander kore. Sunningdale...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Kwartaal 3 staan nou vinnig einde se kant toe en week 10 bereik ‘n hoogtepunt met die afskop van ons ongelooflike konsert. Laerskool Jan van Riebeeck bied aan ’Ôsim’ (Ons Seelewe is Magic). Dit is soveel meer as ‘n konsert en ek glo dié van julle wat die afgelope week alreeds die konsert bygewoon het, sal volkome saamstem dat dit eerder ‘n skouspel van formaat is. Die ‘Ôsim’ is “awesome”! Baie geluk en hartlike dank aan mnr. Ben, juf. Jana en span met die manjifieke vertoning. Julle sal op enige dag vir Broadway ‘n ding of twee van “show business” kan leer. Die teks van ‘n sprokie seelewe wat in die mooiste gety-poel afspeel, is deur mnr. Ben geskryf. Die voorportaal is prentjiemooi en glansryk, opgemaak en versier met herwinbare materiaal wat die lewe van die sprokieswêreld baie gepas uitbeeld. Die kleurryke kostuums met al die detail laat ‘n mens skoon sprakeloos. Die kreatiwiteit aan die dag gelê, spreek boekdele van ons mammas en onderwysers se innovasie en vaardighede. Graag wil ek al ons mammas en onderwysers wat so hard aan die kostuums en die voorportaal gewerk het, namens die hele skoolgemeenskap hartlik bedank. Julle bydraes spreek van uitnemendheid en dit is waarvoor ons skool staan, nie omdat ons dink ons is beter nie, maar eerder om kollektief te streef na ons visie van uitnemendheid op alle gebiede. Ek...

Lees Verder

Prysuitdelingbekers

Ons wil ouers graag vra om alle bekers wat by verlede jaar se prysuitdeling ontvang is, asseblief so gou as moontlik terug skool toe te stuur. Dit moet reeds gegraveer wees wanneer dit skool toe gestuur word. Dankie vir jul...

Lees Verder

Markdag: 30 September

Markdag sal Vrydag, 30 September, vanaf 09:15 tot 10:10 plaasvind. Grondslagfase leerders wat iets wil verkoop, kan vanaf Maandag tot Donderdag om 12:00 tafels op Karri bespreek. Om te verhoed dat daar te veel stalletjies is en dat almal ‘n beurt kry om iets te verkoop, sal slegs die grondslagfase hierdie kwartaal kan verkoop. Die intersenfase sal weer volgende kwartaal ‘n beurt hê. Geen lewende hawe of klappers van enige aard mag verkoop word...

Lees Verder

Skooltye en Kleredrag: Laaste week

Maandag – Woensdag (26 – 28 Sept.) Skooltye: 08:15 – 12:45  Graad 1 – 3 08:15 – 13:00  Graad 4 – 7 13:05  Bus vertrek Kleredrag: Sportdrag (wit hempie word met blou eeufeeshempie afgewissel) Donderdag (29 Sept.) Skooltye: 07:45 – 12:45  Graad 1 – 3 07:45 – 13:00  Graad 4 – 7 13:05  Bus vertrek Kleredrag: Sivvies Vrydag (30 Sept.) Skooltye: 07:45 – 10:30  Graad 1 – 3 07:45 – 10:45  Graad 4 – 7 10:50  Bus vertrek Kleredrag:...

Lees Verder

Konsert: Laaste reëlings

Ouers kry ‘n geel bandjie vir die laaste twee aande van die konsert. Die persoon wat die leerder by die klas gaan haal, moet die bandjie dra. Daar word ‘n video van die konsert gemaak. Ons sal later meer inligting in die verband stuur. Onthou om op Karri te betaal om konsertfoto’s te bestel. Kliek HIER vir al die konsertreëlings soos in verlede week se nuusbrief gekommunikeer. Die ekstra inligting wat later gekommunikeer is, is ook daarby...

Lees Verder

‘n Nuwe baadjie vir ‘n nog nuwer Jannie!

Beste Ouer/Voog Ons bly deeglik bewus van wat ons skool so uniek en uitnemend maak, die ou storie! ‘n Ontspanne en gelukkige omgewing Klein klasse en uitstekende akademiese onderrig En ‘n Wees Jouself manier van doen en wees Ter selfde tyd het ons ‘n verskerpte fokus op vernuwing ten einde ons skool op alle fronte aan te hou uitbou as dié Kaapse laerskool. So is ons leuse onlangs verander na Wees Jouself (u is weg!), wesenlike infrastruktuurontwikkeling is onderweg en die buitemuurse aanbieding en -prestasievlakke geniet groot aandag. As deel hiervan het die beheerraad vele gesprekke gehad oor die moderniseer van ons skooldrag. Ons het met kundiges ontmoet, plaaslike en internasionale tendense ondersoek en ‘n balans tussen tradisie, wees jouself, netheid, bekostigbaarheid, omgewingsvriendelikheid en minder verlore goedere gevind. Daar word ook ‘n onderskeid tussen die grondslagfase (informeel) en die intersenfase (effe meer formeel) getref. Ons glo ons kinders en ouers gaan vele voordele ervaar en mag selfs soggens ‘n paar minute later kan slaap. Ons sal voor die einde van die kwartaal die nuwe kleredrag raamwerk publiseer en in die 4de kwartaal ‘n modeparade reël waartydens ons ouers die nuwe kleredrag in lewende lywe kan sien. Wees gerus dat 2023 ‘n oorgangsjaar sal wees, dus sal die nuwe kleredrag eers verpligtend vanaf 2024 wees. Met opwindende en vriendelike groete, Naas Beets en Marinda...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Alhoewel ek in my vorige nuusbrief genoem het dat die buitemuurse wintersport op 9 September 2022 tot ‘n einde kom, het ons op Saterdag, 10 September, ons eie suksesvolle Rugby Sewestoernooi aangebied. Ter selfde tyd het ons o.12A en o.13A-Netbalspanne spreekwoordelik koning gekraai tydens die “Cape Town League Finals” in Kuilsrivier. Hartlike dank aan BSC wat ons o.11- en o.13-Rugby Sewestoernooi op Saterdag, 10 September, by die Conradieveld geborg het. Alhoewel die Cape Town 7’s ook in ons pragtige Moederstad oor die naweek plaasgevind het, het ouers van die volgende deelnemende skole in hul hordes by die Conradieveld opgedaag om die dag te ondersteun: Laerskool Bastion Laerskool Kampsbaai Laerskool Milnerton Laerskool Parkslands Curro Durbanville Laerskool Jan van Riebeeck Selfs die weer het vir ‘n slag saam gespeel om die dag verder te komplimenteer. Opvallend was die sportmangees wat deur al die spanne aan die dag gelê is. Geen algehele wenners is op die dag aangewys nie, want die hooffokus van die dag was om ‘n baie lang winterseisoen op ‘n baie gepaste wyse af te sluit, en dit is presies wat Razelle en haar span met die puik dag reggekry het. Ek is so trots op die standaard van ons toernooi-aanbieding, aangesien uitnemendheid altyd ons fokus is. Dan is dit my voorreg om die merkwaardige prestasie van ons o.12A- en o.13A-netbalspanne met die skoolgemeenskap te deel. Op Saterdag, 10...

Lees Verder

Dramareëlings

Liewe Drama-ouer/voog Reëlings vir die volgende week is as volg: Maandae, 26 September: Gr.1-3:   Geen klas nie Gr.4-7:   Geen klas nie Woensdag, 21 September: Geen drama nie (geen lokaal beskikbaar nie) Woensdag, 28 September: Drama-afsluiting Gr.1-3:   13:00 – 14:00 Gr.4-7:   14:00 – 15:00 Vrydag, 23 September: Gr.1-3:   13:00 – 14:00 (Bibl.) Gr.4-7:   14:00 – 15:00 Baie dankie! Groete...

Lees Verder

Kooroptrede: Belangrike kennisgewing

Albei ons kore tree op 20 Oktober by die Weskus Koorfees te Laerskool Sunningdale op. Kaartjies sal op Quicket teen R75 per persoon verkoop word. Quicket skakel Quicket promotional code: JanvRiebPri#wcsf1 Kaartjieverkope maak Woensdag, 21 September, oop en sluit op Maandag, 26 September. Daarna sal moontlik net ‘n paar plekke nog beskikbaar gemaak word. Indien ouers nie self kan gaan nie, reël asb. vervoer met ander ouers. Kinders onder 3 jaar mag gratis op ‘n skoot sit. Ons skool kry 170 geallokeerde kaartjies. Verdere inligting volg...

Lees Verder

Ouma- en Oupadag: 14 Oktober

Ons beplan ‘n spesiale oggend waartydens ons hulde aan al die oumas en oupas van Laerskool Jan van Riebeeck-leerders bring. Hou solank Vrydag, 14 Oktober 2022, in jou dagboek oop. Kaartjies is vanaf volgende week op Karri teen R150 per persoon...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die Wintersportprogram staan einde se kant toe alhoewel Moeder Natuur nog nie Kaapstad en omgewing van haar koue wil verlos nie en eindig op 8 September terwyl die somersportprogram vanaf Maandag, 12 Sept., tot Donderdag, 15 Sept., geskied. Die kort transissie vanaf winter- na somersport is as gevolg van die konsert wat vanaf 19 – 27 September geskied. Daar heers ‘n groot opgewondenheid met die konsert wat op hande is. Die pandemie het vir ‘n baie lang tyd skole nie toegelaat om enige vorm van konserte, veral binnenshuis aan te bied nie. Vanjaar bied Laerskool Jan van Riebeeck weer ‘n glanskonsert met die spoggerige naam van “ÔSIM” aan met ‘n kontemporêre tema , naamlik Die Seelewe is Magic! Ons Jannies en opvoeders oefen daagliks baie hard om seker te maak dat vanjaar se konsert, dié konsert sal wees wat vir jare onthou sal word. Baie dankie aan die personeel vir julle leeue-aandeel in die verband. Ons is so dankbaar vir ons ma’s wat dag en nag werk om seker te maak dat die kostuums perfek is. Vertrou my dat die kostuums nie ‘n enkele tree terugstaan vir kostuums wat by die werêldbekende musikale vertonings by Broadway, New York, gebruik word nie. Ek is verstom oor die kreatiwiteit en die kwaliteit van die kostuums. Laat my toe om vir mnr. Ben hartlik te bedank wat aan die stuur van die...

Lees Verder