Skrywer: Suzaan Burger

Musiekteorie-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders wat onlangs die Unisa teorie-eksamens geslaag het: Emke van Wyk Gr 3 51% Elsabé Scholtz Gr 3 58% Cara Swanepoel Gr 3 70% Katia van Wyk Gr 3 84% Stella Zulch Gr 2 94% Lea de Ridder Gr 3 98% Markus de Ridder Gr 3 100% Ons is baie trots op julle! Dis harde...

Lees Verder

Barbara Schreuder Dansskool

DANS JAAREINDFUNKSIE | “END OF YEAR” 2022 Datum: Saterdag, 10 Des 2022 Venue: JvR Tyd: 11:00 Kaartjies: By deure R60 Volwassenes R40 Skoolgaandes Behou kaartjie vir prystrekkings! Parkering: Agter die skool Kom ondersteun ons oulike dansers in gr. 1 – 8 en sien drie genres van dans: AAB Ballet, Moderne dans, Eisteddfod voorgeskrewe en HipHop! Ons trek pryse tussen items, deel sertifikate aan die einde uit, dansers ruil geskenke en almal hou “partytjie” met iets te ete en te drinke. Daar is iets vir almal! Hoop om julle daar te sien! Groete, Juf. Barbie en...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Novembermaand groet ons stilletjies en is ook nie-amptelik die begin van die sogenaamde “silly season”. Ons sien dit dalk as ‘n tydperk waar mense die mees eienaardige en vreemde dinge aanvang en/of kwytraak. In die Suid-Afrikaanse konteks dalk verstaanbaar met al die uitdagings soos hoë inflasie- en rentekoerse, toename in werkloosheid asook ESKOM met beurtkrag. Selfs Charlene Theron was skuldig in die verband met haar naïwe 44-uitlating. Die term “silly season” het eintlik sy oorsprong uit die 19de eeu waar koerante tydens die begin van die somerseisoen vol van onbelangrike nuus was, want daar was nie voldoende politieke nuus vir enige sensasie nie. Gelukkig is dit nou Desember en die mens kom stadig maar seker weer tot sy sinne en maak gereed vir ‘n heerlike vakansie en kerstyd. Gister het die eksamen vir die gr. 4 – 7 leerders ook tot ‘n einde gekom. Ek glo dat almal nou ‘n sug van verligting slaak en daar is weer ‘n ontspanne atmosfeer in jul huise terwyl almal na ‘n welverdiende vakansie uit sien. Die opvoeders is besig om die laaste klompie antwoordstelle na te sien en die moderasiespan maak seker dat nasienwerk korrek en effektief uitgevoer is. As skoolhoof is ek ook bevoorreg om aan die moderasieproses deel te neem en moet ek ons leerders met hul harde werk en puik uitslae komplimenteer. Punte word tans verwerk vir Promosie en...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Kan julle glo dat dit vandag presies oor ‘n maand Kersfees is! Ek staan verstom oor hoe vinnig tyd verby gaan en onwillekeurig kom die vraag by my op, maar hoe is dit moontlik dat die jaar so spoedig verby gesnel het? Daar is nog so baie goed wat gedoen moet word. Dis weer vir ons almal tyd om oor die jaar te reflekteer om te bepaal of ons onder andere wel ons doelwitte bereik het. Vanjaar word sover gekenmerk as ‘covid-loos’ of sal ek eerder sê sonder drakoniese Covid-inperkinge en dit plaas sommer gou weer alles vir ons in perspektief aangesien alles wat ons as normaal ken binne ‘n oogwink kan verander. ‘n Ander siening kan moontlik wees dat tyd net vanjaar baie vinniger verby gesnel het aangesien ons dit as ‘n ‘inhaal-jaar’ gesien het en sodoende meer gedoen het om op te maak wat ons tydens die pandemie verloor het. Wat dit ook al mag wees, die jaar staan einde se kant toe! Hierdie week het gr. 4 – 6-leerders op Dinsdag, 22 November 2022, ook met hul finale eksamen begin. Finale assesserings en eksamens is nou in volle swang terwyl ons leerders skouer aan die wiel sit om net hul beste te doen voordat daar ‘n heerlike en welverdiende vakansie aanbreek. Die assessering vir die grondslagfase het gister geëindig terwyl die gr. 4 – 7-leerders op...

Lees Verder

Hoe om buitemuurse aktiwiteite foto’s te bestel

Aanlyn bestellings: Stap 1: Volg die SKAKEL om die foto’s te sien. Wagwoord: JVR2020 Stap 2: Bestel en betaal die foto’s op die Luncbox Photography webtuiste. Indien jy kontant wil betaal en nie aanlyn wil bestel nie, volg hierdie stappe: Stap 1: Voorbeelde van alle foto’s en koeverte is by die glaskas gang tussen die saal en die dames badkamers beskikbaar. Stap 2: Kies die foto’s wat jy wil bestel, neem ‘n koevert en skryf dan die KORREKTE KODE wat onderaan die foto verskyn op die koevert. Stap 3: Plaas die geld in die koevert en stuur terug skool toe. Indien jy kleingeld benodig, sal jy dit later ontvang. LAASTE DAG VAN BESTELLING: Woensdag, 7 Desember 2022 *Indien jy die afsnydatum mis, sal jy steeds foto’s aanlyn kan bestel, maar jy sal die foto’s by jou eie adres moet laat aflewer en vir aflewering...

Lees Verder

Musieklesse 2023

Indien jy belangstel in musieklesse vir jou kind vir 2023, kontak asb. die volgende onderwysers: Klavier en blokfluit: Helecia (helecia@jvrprim.co.za) Viool: Hannelize (hannelizegravell@gmail.com) Kitaar: Shaun...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Hierdie week het ons op Dinsdag, 15 November 2022, die laaste saalbyeenkoms voor die eksamen begin, gehou. Graag wil ek die Gr. 7’s (Mia Boshoff, Kate Mouton en Liam Botha) wat ‘n pragtige boodskap met praktiese wenke aan die leerders gelewer oor hoe om die komende eksamen aan te pak en nie onnodig angstig te raak nie, hartlik bedank vir die voortreflike aanbieding. Ek besef net weer elke dag die voorreg wat ons het om met merkwaardige leerders te werk. Vandag begin die Gr. 7’s met hul finale laerskooleksamen en hulle skryf Wiskunde. Die Gr. 4 – 6’e begin op Dinsdag, 22 November 2022, met hul eksamen. Die Grondslagfase het reeds met finale assesserings op Maandag, 14 November 2022, begin. Graag wil ek al ons leerders sterkte met die eksamen toewens. Ons weet julle gaan jul beste gee. Ek wil julle as ouers/voogde by voorbaat bedank dat julle ons opvoeders kollektief sal help om te verseker dat die komende assesseringsreeks/eksamen nie ‘n angswekkende en stresvolle ervaring vir jul kinders sal wees nie. Hiermee ‘n paar praktiese wenke om jou kind so goed moontlik vir die komende eksamen voor te berei: Stel ‘n studierooster saam met jou kind op en verdeel werk in kleiner porsies wat nie oorweldigend is nie. Beperk ook die studietyd tot 30 minute per sessie, want laerskoolkinders sukkel om langer as 20 – 30 minute op...

Lees Verder

Dramatye tydens eksamen

Ons dramakonsert is Maandag, 12 Desember, om 18:30 in die skoolsaal. Ons sal in skooltyd na elke dag se eksamensessie met die leerders oefen. Die tye na skool is as volg: Maandag 13:30 – 14:30 (gr. 4 – 7) Woensdag 13:00 – 14:00 (gr. 1 – 3) Woensdag 14:00 – 15:00 (gr. 4 – 7) Vrydag 13:00 – 14:00 (gr. 1 – 3) Sterkte met die eksamen! Groete,...

Lees Verder

Personeelskuiwe vir 2023

Neem kennis van die volgende skuiwe en veranderinge soos in verlede week se nuusbrief onder Uit die Hoof se Kantoor genoem: Graag wens ons die volgende Gr.1-juffrouens sterkte toe wat so mooi na die graad 1’s gaan kyk en hulle help om hul volle potensiaal te bereik: Liezel Theron Nicola Swanepoel Helene Slabbert Ons het ook aanpassings aan die res van die grondslagfase aangebring en deel dus graag met almal: Graad 2: Rache Turner, Anja Nauta (graadhoof) en Naomi Uys Graad 3: Maricqe Coetzer, Heidré Ehlers en Michelle Compion Ons is hartseer om te noem dat Benita Smit (Grondslagfase Departementshoof) aansoek om ‘n bevorderingspos gedoen het. Ons het nog niks formeel ontvang om te bevestig dat sy wel die pos by Laerskool De Hoop as Grondslagfase Adjunkhoof ontvang het nie. Ons hou egter duimvas dat sy hierdie pos wel sal ontvang, want ons weet dat sy suksesvol in hierdie posisie sal wees. Ons hou almal op hoogte sodra ons formele nuus in die verband ontvang. Op hierdie noot is ons ook spyt dat Bibi Janse van Rensburg (gr. 5), Nadia Meiring-Stahmer (gr. 4) en Razelle Hanekom (sportorganiseerder) ons aan die einde van die jaar sal verlaat. Beide Bibi en Nadia se mans het bevordering by hul onderskeie werke gekry. Ons is baie dankbaar vir hul puik werk wat hulle by die skool gedoen het en ons wens hulle baie...

Lees Verder

Skoolgelde 2023

Hiermee weer die boodskap soos in verlede week se nuubrief onder Uit die Hoof se Kantoor genoem: Die jaarlikse begrotingsvergadering, waartydens die daaropvolgende jaar se skoolfondsverhoging bespreek en besluit word, is op Maandagaand, 07 November 2022, om 18:00 in die biblioteek gehou. Die skoolfondsverhoging is eenparig soos volg goedgekeur: Huppelland = 6% verhoging Laerskool = 12% (sien onder) Graag wil ek al die ouers wat die belangrike vergadering bygewoon het, bedank. Baie dankie aan ons BR-Voorsitter (Merwe Scholtz), ons Tesourier (Susan van der Walt), ons finansiële bestuurder (Liesel Hammond) en al ons begrotingsbestuurders vir jul waardevolle insette en tyd om die effektiewe begroting saam te stel. Daar is ook tydens die vergadering uitgewys dat daar vanjaar meer as R4M aan projekte by die skool en Huppelland spandeer is wat nie uit die skool se begroting kom nie, maar wel uit ruim donasies van ouers. Ons salueer al ons ouers wat die agfelope jaar ‘n finansiële bydrae gemaak het of kosbare tyd by die skool spandeer het om ons skool van krag-tot-krag te...

Lees Verder

Barbara Schreuder Dansskool

Geluk aan die dansers van Barbara Schreuder Dansskool JvR wat op 13 Nov. aan die American Academy of Ballet deelgeneem het. Laurence Kaplan, Direkteur van AAB NY, was vanjaar ons beoordelaar. Dit was ‘n pragtige funksie en die dansers het baie goed gevaar en hul beste gelewer. Ons deel met trots hul sertifikate tydens die saalbyeenkoms uit en ook by ons Dans End of Year op 10 Des 2022. Gradering: “Distinction “= Onderskeiding Bronze Distinction Bronze Double Distinction (X2) Silver Silver Distinction Silver Double Distinction (X2) Gold Gold Distinction Geluk aan: Gr.1 Pre-Level Christa-Bella Swart Silver, Annabelle Enslin Silver Dist, Christina du Toit: Silver Gr.1 Level 1 Isla Jooste: Silver Dist x2 Gr.2 Level 2 Noah Karusseit, Heidi van Heerden, Natalie Lawson: Silver Dist x2 Gr.3 Level 3 Jana v Gijsen: Gold Solange Stevens: Gold Dist Gr.4 Level 3 Danielle Fourie: Silver Dist Sadie Gillmer: Silver Dist x2 Gabriella Buckenham, Ella Grey: Gold Gr.5 Level 5 Daniella Boshoff, Michaan Naylor, Larah Opperman: Gold Jessica Schincariol: Gold Disct Gr.6 Level 5 Karlien vd Walt, Kerala Allewell: Gold Dist Gr.7 Level 6 Emma Liebenberg, Jana Basson: Silver...

Lees Verder

Opgradering van die inwonende terreinpersoneel se ablusiegeriewe

Beste Ouers/Voogde, Laerskool Jan van Riebeeck het die afgelope jaar met behulp van ouerdonasies en ruim skenkings heelwat infrastruktuurverbeteringe en opgraderingsprojekte afgehandel. Hiervoor is ons baie dankbaar. Ons wil graag ook die ablusiegeriewe van die inwonende terreinpersoneel opgradeer. Ongelukkig beskik die skool nie oor die nodige fondse om dit onmiddellik te doen nie en neem ons die vrymoedigheid om vir julle vriendelik te versoek vir ‘n moontlike bydrae om die geriewe vir die inwonende terreinpersoneel op te knap. Hierdie is ‘n vrywillige bydrae en ons sal volgende week ‘n Karri-toep bydrae skep en aanstuur. Baie dankie vir jul goedgunstige oorweging. Vriendelike groete NAAS...

Lees Verder

Skooltye vanaf volgende week Donderdag

Die skool verdaag vanaf net voor die eksamen tot die einde van die kwartaal vir die hele skool vroeër. Donderdag, 17 November – Dinsdag, 13 Desember 13:00 (Graad 1 – 3) 13:15 (Graad 4 – 7) *Bus vertrek op hierdie dae om 13:20 Woensdag, 14 Desember 10:30 (Graad 1 – 3) 10:45 (Graad 4 – 7) *Bus vertrek om...

Lees Verder

Lara Basson presteer met Lions Peace Poster

Die liefdadigheidsorganisasie, LIONS, bied jaarliks ‘n internasionale PEACE POSTER kompetisie vir kinders tussen 11 en 13 jaar aan. Elke jaar is daar ‘n ander tema wat kinders moet interpreteer en uitbeeld in ‘n sekere formaat en medium van hul keuse. Hierdie jaar se tema was besonder uitdagend: LEAD WITH COMPASSION. Aangesien die kompetisie wêreldwyd is, is die topinskrywings van ‘n baie hoë standaard. Vyf van ons leerders se werk is deur die Seepunt Lions Klub gekies, wat op hul beurt moes kies watter een van die werke deurgaan na ‘n volgende rondte. Die leerders is Lara Basson, Anna Dawes, Neil Heyns, Mïlla Joubert en Lara Warren. Baie geluk met jul pragtige kunswerke! Lara Basson het uitstekend gevaar met haar ‘Moeder Theresa en kind’ houtskooltekening. Haar werk is geprys deur gerespekteerde beoordelaars vir haar tegniese vernuf. Sy behaal ‘n 3de plek in die Wes-Kaap, met inskrywings van ongeveer 23 verskillende klubs! Dit is ‘n besondere prestasie en ons is ongelooflik trots op...

Lees Verder