Skrywer: Suzaan Burger

Ouer- en kindsportdag

Saterdag, 28 Januarie, hou ons ‘n ouer- en kindsportdag op die Conradieveld. Dit is ‘n geleentheid waar ouers en kinders aan aktiwiteite saam kan deelneem terwyl ons sosiaal verkeer. Daar is 6 aktiwteite wat op die dag aangebied word: Sokker, Tag-rugby, Mini-krieket(sagte bal), netbal-doelkompetisie en 2 grasnetbalbane vir netbal. Verloop van die dag: Registrasie begin om 07:30. ‘n Tydgleuf word volgens registrasie aan spanne toegeken. Eerste rondte begin om 08:15. Elke rondte is ongeveer 30 min. lank. Laaste rondte begin om 11:45. Algemene reëlings: Toegang is gratis. Spanne bestaan uit 6 spelers, ongeag die aktiwiteit. Die spanne bestaan uit 3 ouers (volwassenes) en 3 kinders van dieselfde ouderdom/graad. Spanne is welkom om op ‘n kreatiewe manier aan te trek. Indien jy nie vooraf by ‘n span betrokke is nie, mag jy enige gemaklike sportdrag dra. Spanne kan aan enige hoeveelheid aktiwiteite deelneem. Alle aktiwiteite word kaalvoet of met tekkies gespeel. Geen tokse (sokker/rugby) word toegelaat nie. Daar sal nie ‘n wenspan per aktiwiteit wees of ‘n wenner vir die dag aangedui word nie. Aangepaste reëls sal op die dag vir alle aktiwiteite gevolg word. Alle toerusting word deur die skool voorsien. (bv. balle, kolwe en bibs) Noodhulp sal beskikbaar wees. Daar sal verversings op die dag te koop wees bv. pizza, koffie, tjipstokkies en snoepie. Braaidromme en hout sal na afloop van die dag beskikbaar wees vir almal wat...

Lees Verder

Skooldrag 2023

Die proses om skooldrag aan te pas is voorwaar opwindend! Die meeste van ons graad 1’s dra reeds hul nuwe skooldrag en hulle lyk pragtig. Baie dankie aan elkeen se geduld en ondersteuning met hierdie proses. Ons moet altyd onthou dat verandering nie maklik is nie, maar wel nodig is om vooruit te gaan. Iets waarna ons konstant streef. Wees asseblief gemaklik om jou kind enige van die skooldrag wat nog pas, te laat dra. Dit beteken dat hulle wel LO-drag mag dra. Sodra al die nuwe klere versprei is, sal dit verpligtend vir almal wees om dieselfde te lyk. Ons het van die begin af geweet dat dit deel van hierdie jaar se skooldrag sal wees. Die dra van die donkerblou feeshempies word eintlik nie meer toegelaat nie. Indien jou kind se ander skooldrag te klein is en die feeshempie die enigste hempie is wat pas, dra dit gerus. Wees asb. egter net bewus dat daar nie meer ‘n spesiale drag vir Vrydae sal wees soos ons tydens 2021 en 2022 met die dra van die feeshempie gehad het nie. Sivvies sal steeds op die laaste Vrydag van elke maand gratis gedra mag word. Loer dan ook na jou kind se haarbykomstighede. Dit moet donkerblou wees. Oorbelle: klein, dun ringetjies met fyn knobbels (studs). Geen steentjies of ander patroontjies nie. Geen ander juweliersware mag gedra word...

Lees Verder

Nuwe kommunikasietoep

Ons is opgewonde om by Dinsdagaand se inligtingsessie ons nuwe kommunikasietoep, genaamd Skooler, aan julle bekend te stel. Dit word die primêre kommunikasiekanaal tussen die skool en ouers en gaan julle ook toegang tot die skool se kalender en jul kinders se huiswerk en opdragte gee. Dus is dit baie belangrik dat julle die aand bywoon om meer inligting daaroor te ontvang. Die toep sal tydens die inligtingsessie afgelaai kan...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die tweede laaste week van die akademiese jaar is op Vrydag, 09 Desember 2022, met ‘n suksesvolle kleure-atletiekbyeenkoms (Baanitems) te HS Kampsbaai afgesluit. Die weer het wonderlik saam gespeel en met die pragtige Atlantiese Oseaan in die agtergrond kon ons atlete nie anders as om hul beste te lewer nie. Die kleurhuise het hul onderskeie gedeeltes van die pawiljoen pragtig verfraai en die gees het hoog geloop met die dirigente wat hul huise se energievlakke en vokale teenwoordigheid luidkeels aangemoedig het. Verblywend was die deelname aan vanjaar se byeenkoms en volgens rekords, was dit die hoogste deelname in ‘n baie lang tyd. Baie dankie aan al die ouers/voogde wat gehelp het met die voorbereiding van die pawiljoene asook almal wat die dag tot aan die einde ondersteun het. Baie geluk aan die Blouspan wat vanjaar as wenners aangekondig is. Hulle het as die super trotse span weggestap deur ook die geesbeker te verower. Geluk aan die Oranjespan wat die aflosbeker gewen het. Baie dankie aan ons atletiese ouers wat aan die gewilde aflositem deelgeneem het, maar (on)gelukkig was die onderwyserspan weer die dag op hul stukke. Gelukkig was daar geen beserings na afloop van die item nie. Baie geluk aan die volgende atlete wat die spesifieke trofees verwerf het: Junior Victrix Ludorum: Cato Terblanché Junior Victor Ludorum: Rafa Lamprecht Senior Victrix Ludorum: Klara Steyn Senior Victor Ludorum: Dawid-Wiese Viljoen...

Lees Verder

Eerste twee weke van Kwartaal 1 2023

18 Jan. 2023 07:45 Skool open vir leerders *Leerderraad ontvang gr. 1’s Nasorg begin 14:15 Somersport (atletiek) begin Leerders ontvang boeke 19 Jan. 2023 Klasse begin ruil 21 Jan. 2023 Leerderraad: Lead4Life Atletiekkliniek (tuis) 23 Jan. 2023 Snoepie open vir etes Somer buitemuurse program 24 Jan. 202 18:00 Ouerinligtingsvergadering 27 Jan. 2023 Sivvies 28 Jan. 2023 08:00 Ouer- en kindsportdag *Mnr. Beets...

Lees Verder

Belangrike Tennis kennisgewing

Let daarop dat ons die ranglysstelsel aangepas het en dit in 2023 inwerking sal tree. Die posisie wat die graad 7-spelers van 2022 laat, sal gevul word deur die volgende spelers op die ranglys. Leerders wat in 2023 graad 4 betree, sal die kans gegun word om die leerders wat alreeds op die ranglys is, te daag en dan in aanmerking vir ‘n posisie op die ranglys te kom. Enige toetreders wat in 2023 wil begin tennis speel, moet so spoedig moontlik die tennishoof of sporthoof in kennis stel. Tennishoof: Juffrou Anja Nauta (anja@jvrprim.co.za) Sportorganiseerder: Leon Hanekom...

Lees Verder

Bestel van Buitemuurse Aktiwiteite foto’s

Die bestellings vir die buitemuurse aktiwiteite foto’s het reeds gesluit. Indien jy die afsnydatum gemis het, kan jy steeds op die fotograaf se webtuiste foto’s bestel. Die foto’s word egter dan nie by die skool afgelewer nie, maar eerder by ‘n adres van jou keuse en jy sal self die kostes vir die aflewering moet betaal. Aanlyn bestellings: Stap 1: Volg die SKAKEL om die foto’s te sien. Wagwoord: JVR2020 Stap 2: Bestel en betaal die foto’s op die Luncbox Photography...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die tweede laaste week van die akademiese jaar het afgeskop met die jaarlikse prysuitdelings. Op Maandag, 5 Desember, het die Grondslagfase se prysuitdelings onderskeidelik vanaf 08:30 (gr. 1), 10:00 (gr. 2) en 12:00 (gr. 3) plaasgevind. Die intermediêre fase se prysuidelings het op Dinsdag, 6 Desember, onderskeidelik vanaf 08:30 (gr. 4), 10:00 (gr. 5) en 12:00 (gr. 6) plaasgevind. Die doel van die prysuitdelings is om erkenning aan ons leerders vir hul harde werk en toewyding te gee. Akademie is ons kernbesigheid en aangesien ons elke Dinsdag erkenning in die saal vir sport- en kultuurprestasies gee, is dit ook belangrik om op die regte wyse vir leerders erkenning vir akademiese uitnemendheid te gee. Natuurlik gaan daar leerders teleurgesteld wees, maar hulle kan dit verwerk as daar ‘n veilige anker by die huis is wat hulle dra. Ons moet saam met julle as ouers/voogde ook die leerders leer dat die lewe daar buite soms hard en onregverdig is, maar dat hulle meer werd is as enige trofee, sertifikaat of medalje. Elke leerder het ‘n pragtige sertifikaat ontvang wat elkeen se onderskeidelike prestasies toon. Die Top Tien akademiese leerders in grade 4 tot 6 het spesiale sertifikate ontvang. Graag wil ek weer al ons leerders hartlik gelukwens met hul uitnemendheid, merkwaardige pretasies asook hul onberispelike gedrag die afgelope jaar. Ek het ook tydens die prysuitdelings gemeld dat ons leerders se emosionele...

Lees Verder

Ouerinligtingsaand: 24 Januarie 2022

Teken solank die datum aan vir die ouerinligtingsaand, personeel bekendstelling en ‘n lekker saamkuier. Dit is slegs vir ouers en personeel. Daar gaan binnekort ‘n Karri-invordering aan ouers gestuur word met spyskaartopsies. Ons hoop om almal daar te...

Lees Verder

Dramakonsert: 12 Desember

Die Dramakonsert vind volgende week Maandag, 12 Desember, om 18:00 in die skoolsaal plaas. Huppelland tree eerste op, daarna graad 1 – 3 en laaste graad 4 – 7. Dit sal teen 20:00 klaar wees. Ouers kan kies of hulle vir al drie konserte wil bly of net ‘n gedeelte. Dit is gratis. Almal is...

Lees Verder

Nell du Toit dans in The Nutcracker

Nell du Toit (gr. 4) dans van 7 – 23 Desember 2022 in City of Cape Town Ballet se The Nutcracker produksie in die Artscape. Dit is ‘n ongelooflike geleentheid en sy is vreeslik opgewonde! Baie geluk, Nell! Ons hoop dit is ‘n wonderlike ervaring! Kliek HIER om kaartjies vir die produksie te...

Lees Verder

Skryfbehoeftelyste: Graad 1 – 7

Volg gerus hierdie skakel na die Akademieblad op ons webtuiste vir die skryfbehoeftelyste van al die grade vir 2023. Indien die skakel nie dadelik op die skryfbehoeftelyste oopmaak nie, rol ‘n bietjie af op die...

Lees Verder

Canva for Education

Canva is ‘n grafiese ontwerp-toepassing wat reeds deur van ons leerders in die intersenfase gebruik word vir die maak van take en plakkate. Canva het ‘n gratis weergawe, maar die grafika wat gebruik kan word, is beperk. Skole kan aansoek doen om die “Pro” weergawe gratis vir leerders en personeel te kry. Ons is in die proses om aansoek te doen vir Canva for Education (die “Pro” weergawe) vir ons leerders en onderwysers. Ons sal hopelik binnekort die lisensie hê. Een van die ooreenkomste in die kontrak is dat ons ouers se toestemming het dat leerders dit mag gebruik. Indien daar ouers is wat enige vrae het, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Indien jy nog nie van die toepassing gehoor het nie, gaan skep gerus vir jou ‘n gratis profiel om te sien hoe dit...

Lees Verder

Migrasie na Microsoft

Beste Leerders en Ouers, Ons migrasie vanaf Google na die Microsoft platform is afgehandel. Leerders gaan steeds vir ‘n ruk kan inteken op Google, Google Classroom en hul Google Drive gebruik, maar hulle gaan nie meer in Gmail kan ingaan nie. Geen e-posse is verlore nie. Ons sal aan die begin van volgende jaar die leerders wys hoe om in te teken. Stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za vir enige navrae. Graad 7-ouers sal voor die skool sluit ‘n WhatsApp ontvang met stappe om die graad 7-leerders van 2022 se Google-omgewing inligting af te laai en te stoor. Graad 7’s van 2022 se e-posadresse sal wanneer die skool begin volgende jaar uitgevee...

Lees Verder

Nuwe Skooldrag 2023: Bestellings

Die nuwe skoolhemde en seniors se lang, donkerblou sokkies met wit strepies is nog nie beskikbaar nie. Sodra dit beskikbaar is, gaan bestellings gepak en gereserveer word. ‘n Boodskap sal gestuur word om ouers daarvan te verwittig met moontlike optelpunte en tye. Indien dit nie teen 18 Januarie afgehaal is nie, sal dit by die klaskamers afgelewer word, mits betaling afgehandel is. Alle nuwe bestellings is welkom, maar hou ingedagte dat fabrieke vir ‘n paar weke sluit en eers weer in Januarie heropen. Spesiale Klerebanktye vir Desember en Januarie: 12 en 14 Desember 2022 07:20 – 08:15 16 en 17 Januarie 2023 09:00 – 10:00 Skool heropen 18 Januarie 2023 en tye hervat soos normaal: Maandae en Woensdae 07:20 – 08:00 Dinsdae en Donderdae 13:30 – 14:20 *Let wel: Die Klerebank maak nie oop op middae wat die skool vroeër sluit...

Lees Verder