Skrywer: Suzaan Burger

Klerebanknuus 2023

Aangesien die skooldrag aangepas is vir ‘n meer moderne, interaktiewe Laerskool Jan van Riebeeck is daar ook besluit dat die skool die bedryf van die klerebank sal oorneem. Hierdie oordrag sal vanaf 1 Oktober in werking tree. Soos met die skooldrag is daar ook ‘n oorgangsproses met die klerebank. Ons het onder meer reeds ‘n groot bestelling van verskeie skooldrag items geplaas om aan ons ouers/leerders se onmiddellike behoefte te voldoen. Baie dankie vir diegene wat reeds klere bestel het om vir die eerste skooldag van 2024 gereed te wees. Gaan gerus voort met aanlyn bestellings sodat jy met sekerheid jou kind Jan. 2024 skool toe kan stuur. Die nuwe bedryfstye en -organisasie sal later aan almal gekommunikeer word. Tot tyd en wyl staan Eda steeds aan die stuur van die klerebank en alle vrae kan nog aan haar gerig word. Klere wat reeds by Eda bestel is, sal steeds hanteer word soos afgespreek. Sodra die klere beskikbaar is, sal dit gekommunikeer word. Met hierdie skrywe poog ons om meer gereelde kommunikasie betreffende skooldrag en klerebankreëlings te sirkuleer. Ons wil graag ook rustigheid aan almal bied dat die skool werklik luister en die beste vir ons skoolgemeenskap probeer doen. Ons leerders lyk werklik mooi en netjies met die nuwe skooldrag wat gedra word. Ons sien uit na die gr. 4-7-geruite rompies wat binnekort ook beskikbaar sal wees. Graag wil...

Lees Verder

Abigail Fourie presteer in Gimnastiek

Abigail Fourie het op 12 Augustus aan WP se distrikskompetisie vir Ritmiese Gimnastiek deelgeneem. Sy het onderskeidelik ‘n podium posisie vir “freehand” en “lint” verwerf en sy het op die dag algeheel 3de geëindig. Sy neem op 26 Augustus aan WP-proewe deel. Baie geluk, Abigail.  Ons hou duimvas vir die...

Lees Verder

JvR-Kiek

Die skool het ‘n platform waarop ons foto’s van skoolaktiwiteite deel. Indien jy nog nie daarop ingeteken het nie, of graag ‘n e-poskennisgewing wil ontvang wanneer ons iets geplaas het, volg gerus hierdie skakel vir instruksies:...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 18 Augustus 2023

Die afgelope week is daar sommer behoorlik gees gevang vir die afskop van die interskole vandag met hokkie teen LS Dirkie Uys te Moorreesburg. Die Geesweek het met groot opwinding op Maandag, 14 Augustus, afgeskop met die volgende temas en aktiwiteite vir elke dag: Maandag: Bloudag Dinsdag: Barbiedag Woensdag: ‘’Mismatch’’ dag asook onderwysers wat teen die ouers netbal en raakrugby gespeel het. Die leerders het luidkeels hul ouers asook die onniespanne aangemoedig, maar dit tog moeilik gevind vir watter span hulle nou eintlik moes ondersteun. Dit was groot pret en graag wil ek al die ouers hartlik bedank wat die tyd gemaak het om aan die wedstryde deel te neem en in die proses dit baie spesiaal vir die leerders te maak. Baie geluk aan ons pappas wat die raakrugby teen ons manspersoneel gewen het, maar ongelukkig moes ons mammas tweede viool teen ons netbaljuffies speel. Donderdag: “Crazy Hat” dag Vrydag: Oranjedag asook die “Big Brag” Verder versier die leerders hul klaskamerdeure vir die interskole en daar is daagliks pryse uitgedeel vir die leerders met die mees oorspronklike kleredag om die onderskeidelike temas uit te beeld. Op Vrydagaand, 11 Augustus, het die jaarlikse Quiz-aand alias die Bring-en-Raai-aand plaasgevind. Hierdie gewilde, sosiale geleentheid op die skoolkalender was weer vanjaar die spreekwoordelike wenner. Daar was nie plek vir ‘n muis of sal ek eerder sê vir ‘n rot in die saal...

Lees Verder

Rugby, Netbal, Hokkie EN KUNS!

Terwyl die Interskole-gees ons gange gevul het, het die gr. 7’s gesorg vir balans deur die kunsuitstalling by die Welgemeend se jaarlikse “Maand van Kuns” op Dinsdag, 15 Augustus, te besoek (weliswaar as kleurvolle Barbies en Kens!). Die titel van hierdie jaar se uitstalling is ‘Kaapse oomblikke’ en is moontlik gemaak deur die samewerking tussen Strauss & Co, die Kilbourn-familie en genooide versamelaars. Die uitstalling bestaan uit ‘n wye verskeidenheid van historiese en kontemporêre werke wat die geografie, karakter en geskiedenis van die Wes-Kaap uitbeeld. Dit was ‘n groot voorreg om werke deur kunstenaars soos, onder andere, Irma Stern, Pierneef, Gwelo Goodman, Peter Clarke, George Hallet en David Goldblatt saam te sien. Elmarie van Straten (Strauss & Co) het die leerders begelei en hulle vrae beantwoord. ‘n Hoogtepunt was die ‘kunsskattejag’. Die leerders het bladsye gekry met blokkies wat gedeeltes van sekere kunswerke wys. Hulle moes die werke fyn ondersoek om die gedeeltes te identifiseer en dan die name van die kunstenaars by die ooreenstemmende blokkie te skryf. Die uitstalling duur tot 31 Augustus en is beslis ‘n besoek werd! Foto 2: Ruben Oosthuizen voor Goldblatt se ‘Dethroning of Cecil John Rhodes’ – wonder of hy die standbeeld van Rhodes sien as die voorland van Dirkie Uys hierdie...

Lees Verder

Dr. Jenny Rose Praatjie – 17 Augustus

Beste Huppelland- & Graad 1 & 2-ouers Ons eerste ouerpraatjie dié jaar geskied 17 Augustus deur Dr. Jenny Rose. Sy is ‘n Kliniese Sielkundige wat in kinders spesialiseer. Gaan lees gerus meer deur die volgende skakel te volg. Die praatjie kan ongelukkig weens die bouery nie in die klubhuis plaasvind nie. Hierdie jaar sal dit in die Laerskool se skoolsaal wees. Die kaartjies sal op Karri teen R100 pp te koop wees en sluit ‘n glasie wyn in. Die praatjie sal stiptelik om 18:30 begin. Ouers kan van 17:45 by die skoolsaal vergader, ‘n glasie wyn drink en sosialiseer. Dr. Jenny Rose se praatjie sal oor die volgende handel: – Emosionele ontwikkeling – Hoe om jou kind se gedrag te verstaan – Dissipline tuis Ons sien almal geweldig uit om na haar te luister en wag al lank om haar by Huppelland te verwelkom! Groete Die...

Lees Verder

Hoërskool Jan van Riebeeck thrift

Maak skoon, maak leeg en skenk als vir Hoërskool Jan van Riebeeck se Plezier Markt wat vir 23 September beplan word! Ons versoek dat ouers enige van die onderstaande produkte wat in ‘n goeie toestand is, vir die Hoërskool sal skenk. Produkte wat ons ontvang, sal gedurende die mark ten bate van die Hoërskool by hul Thrifting-stalletjie verkoop word. meubels juweliersware handsakke / sakke klere (volwassenes en kinders) boeke legkaarte lap wol Enige produkte wat ons nie verkoop nie, sal aan ander liefdadigheidsorganisasies geskenk word. Alle skenkings kan by die Hoërskool se sekuriteit afgelaai word. Indien enige items by u opgelaai moet word, kontak asseblief vir Jana Rademeyer (navonjane@gmail.com of 083 459 9965) om reëlings te tref. Dankie by voorbaat vir u...

Lees Verder

Prysuitdeling bekers 2023

Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Onthou asseblief ook dat leerders self daarvoor verantwoordelik is om die beker te laat graveer. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie...

Lees Verder

Damesontbyt tydens Akademiese Week uitgestel

Die Damesontbyt (Saterdag, 2 Sept.) word ongelukkig uitgestel na ‘n ander datum a.g.v. Welgemoed sportdag. Indien jy reeds ‘n kaartjie gekoop het, Liesel sal jou Karri-betaling aan jou terugbetaal in jou Karri-beursie sodat jy dit vir iets anders kan gebruik. Ons sal so gou moontlik ‘n alternatiewe datum...

Lees Verder

Interskole: 18 & 19 Augustus 2023

Vrydag, 18 Augustus, en Saterdag, 19 Augustus, neem ons saam met Hoërskool Jan van Riebeeck deel aan die jaarlikse Interskole teen Dirkie Uys in Moorreesburg. Al ons hokkie-, netbal- en rugbyspanne neem deel. Die hokkiewedstryde vind die Vrydag plaas en die rugby en netbal die Saterdag. Hier volg ‘n paar algemene reëlings vir volgende week: Donderdagoggend woon al ons wintersporte se eerste spanne Hoërskool Jan van Riebeeck se Big Brag by. Vrydagoggend vind ons Big Brag in die saal om 09:00 plaas. Alle hokkiespanne vertrek Vrydagoggend om 11:00 vanaf die skool na Moorreesburg. Die skool verdaag Vrydag om 11:45 vir graad 1 – 3 en 12:00 vir graad 4 – 7-leerders. Die busse sal Vrydagmiddag ongeveer om 18:30 terug by die skool wees. Saterdagoggend vertrek die busse vanaf die skool om 06:30. Die busse sal Saterdagaand om ongeveer 18:00 terug by die skool wees. Voltooi asb. so spoedig moontlik die vorms wat uitgegaan het sodat die korrekte vervoer vir die dae gereël kan word. Kommunikasie sal deur die loop van die Interskole via Skooler uitgestuur word om almal op hoogte te hou. Sien die volledige program. Ons sien uit na ‘n heerlike twee dae van sport en ons wens vir alle Jannies sterkte...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 11 Augustus 2023

Die afgelope week is soveel mense, skole en besighede in ons Moederstad en Kaapse Metropool ontwrig as gevolg van die geweldadige taxi-stakings. Ons dink veral aan die mense wat hul lewens verloor het en ons bid dat God hul geliefdes tydens die moelike tyd sal vertroos. Die onderwysdistrik waarbinne ons skool val, is die ergste getref in terme van leerder- en personeelafwesighede asook skade aan skoolgeboue. Gelukkig het dit ons skool nie so erg geaffekteer nie, aangesien van ons terreinpersoneel op die skoolgronde woonagtig is en ons die skool relatief skoon en netjies kon hou. Die impak van die staking op skole is skokkend. Net om julle ‘n idee te gee dat op Dinsdag, 08 Augustus, moes 92 skole sluit terwyl 852 259 leerders en 17 725 personeellede indiens van die WKOD afwesig was of nie by die skool kon uitkom nie. Ons hou styf duimvas dat die situasie vinnig en vreedsaam opgelos sal word. Op Saterdag, 05 Augustus, het ons skool ‘n baie suksesvolle mini-sportdag by die skool aangebied. Verskeie skole se o.7- en o.8-netbal- en rugbspanne het deelgeneem en die leerders het saam met hul afrigters en ouers die mini-sportdag terdeë geniet. Vroegoggend het die weer hard probeer om die dag te versuur, maar gelukkig het die mis vinnig opgeklaar en in ‘n pragtige sonskyndag verander met Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel wat die sportverrigtinge fyn dopgehou het....

Lees Verder

Nell du Toit dans by Artscape

Nell du Toit in graad 5 dans in Cape Town City Ballet se Don Quixote. Dis van 12 Aug. – 2 Sept. 2023 by die Artscape. Volg gerus die skakel om kaartjies vir die produksie te koop. Geniet hierdie fantasiese geleentheid,...

Lees Verder

Vriendskappe – Marike Badenhorst (Opv. Sielkundige)

Vriendskappe en interaksie met maats is ‘n bron van ondersteuning en dra by tot jou kind se gevoel van eiewaarde aanleer van sosiale vaardighede. Die Engelse akroniem “THINK” is ’n lekker praktiese riglyn om jou kind leiding te gee oor hoe om ‘n goeie maat te wees: T – Is it true? H – Is it helpful? I – Is it inspiring? N – Is it necessary? K – Is it kind? Marike Badenhorst: Opvoedkundige...

Lees Verder

Konflikhantering – Marike Badenhorst (Opv. Sielkundige)

Om jou kind te dissiplineer, bly ‘n moeilike taak, veral as hy of sy aanhoudend die grense toets en op ‘n onaanvaarbare manier met jou praat. Hier volg ‘n paar voorstelle wat jy as ouer kan probeer om binne ‘n konfliksituasie duidelike grense te stel: “Jy mág kwaad raak, maar dit gee jou nie ‘n rede om goed te sê wat my seermaak nie…” “Ek kan hoor jy is kwaad en ontsteld, maar dit gee jou nie die reg om só met my te praat nie…” “Kan jy bietjie sagter praat dat ek beter kan verstaan wat jy probeer sê…” “Kan jy probeer om dit op ‘n ander manier te sê?” “Dit klink vir my of jy ‘n bietjie op jou eie wil wees. Ons kan hieroor praat wanneer jy beter voel en nie nodig het om op my te skree nie…” “Kom ons stop nou dadelik om hieroor te praat, dan gesels ons later as ons altwee beter voel…” Marike Badenhorst : Opvoedkundige...

Lees Verder

Delmar en Karu presteer in Swem

Op Saterdag, 5 Augustus, het Delmar Benecke en Karu Rademeyer aan die Cape Town Aquatic Gala by Sweet Valley Primary deelgeneem. Albei het baie mooi geswem en pragtig presteer. Delmar: 1ste 50m Vryslag 1ste 50m Vlinderslag 1ste 50m Borsslag 1ste 50m Rugslag Karu: 2de in 25m Vlinderslag 7de in 50m Vryslag Baie geluk met julle goeie...

Lees Verder

Jannies presteer by Hoërskool JvR se Kunstefees

Baie geluk aan al die Jannies wat verlede week aan die tweede Hoërskool Jan van Riebeeck-kunstefees deelgeneem het en uitstekende uitslae behaal het! Kodes: B- 70+ B – 75% A – 80%+ A+ – 85%+ A++ – 90%+ A+++ – 95%+ INSTRUMENTAAL Sabine Barnard (klavier) A Ruben de Ridder (klavier) A+ Susie Samuel (klavier) A- Karu Rademeyer (klavier) A++ Leah de Kock (klavier) A+ Sabine Barnard (klavier) A+++ Ruben de Ridder (klavier) A+ Susie Samuel (klavier) A++ Leah de Kock (klavier) A Susie Samuel (klavier) A+++ Leah de Kock (klavier) A+ Leah de Kock (klavier) B Karu Rademeyer (klarinet) A+++ SANG Jean-Jacques Rossouw (sang) A+++ Daniella Boshoff (sang) A+++ Pieter Rademeyer (sang) A++ Karu Rademeyer (sang) A+ Daniella Boshoff (musiekblyspel) A+++ Karu Rademeyer (musiekblyspel) A+++ DRAMA Jean-Jacques Rossouw (voordrag: poësie) A++ Petronella Gouws (voordrag: poësie) A Pieter Rademeyer (voordrag: poësie) A+ Karu Rademeyer (voordrag: poësie) A++ Karu Rademeyer (voordrag: prosa) A+++ SPELATHON Alexander Styan A++ Petronella Gouws A+++ Jean-Jacques Rossouw B- TALETHON Alexander Styan A++ LEES Alexander Styan A+++ READING Alexander Styan...

Lees Verder