Skrywer: Megan Zondagh

Senior Koor tree op by Passion ChoralFest

Ons senior koor tree Sondag, 12 April, by die Passion ChoralFest in die Hugo Lambrechts Ouditorium op. Dit is ’n groot voorreg om die verhoog met bekende kore soos die Cape Town Camerata, Tygerberg City Choir, Vivox Voces en die DF Akademie Kamerkoor te deel, en die koor sien daarna uit om by hierdie geleentheid te sing. Die konsert is die afgelope week ook in die  TygerBurger geadverteer.   Ons nooi die skoolgemeenskap uit! Dit beloof om ’n besonderse konsert te wees. Sien aangehegde dokumente vir meer inligting rakende kaartjieverkope en konsert detail.    Datum: Sondag, 12 April Plek: Hugo Lambrechts Tyd: 16h00 Kaartjies: www.choirfest.co.za   Reëlings vir die Senior Koor:    * Repetisie: Arriveer 13h30. Die repetisie saam met die ander kore begin stiptelik om 14h00. * Ouers wat nie die konsert bywoon nie, kan die leerders weer 18h00 by Hugo Lambrechts oplaai. Ons sal nader aan die tyd die lokaal identifiseer. * Kleredrag: Formele Skooldrag (hou WA-groep vir spesifikasies dop)   Kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige verdere vrae is....

Lees Verder

Markdag – Donderdag, 26 Maart 2026

Ons sien baie uit na Markdag wat volgende Donderdag, 26 Maart plaasvind! Leerders in Graad 1 tot 3 kry die geleentheid om hul eie produkte te verkoop en sommer ook ’n bietjie entrepreneursgees te ontwikkel. Belangrike inligting: 💰 Kostes: R20 per tafel 🔢 Slegs 44 tafels beskikbaar 📲 Besprekings: Karri is oop vanaf 20 Maart tot 25 Maart ⏰ Opstel van tafels: Vanaf 09:30 🛒 Verkope begin: 10:00 Moet dit nie misloop nie – dit beloof om ’n heerlike en lewendige oggend te...

Lees Verder

Tweedehandse Skoolklereverkope – Maandag, 23 Maart 2026

Aan die einde van elke kwartaal gaan ons ’n verlore goedere-verkope hou – alles wat nie afgehaal is nie. Die opbrengs van hierdie verkope gaan direk aan ons biblioteek/mediasentrum, om nuwe boeke aan te skaf. Dit is ’n wonderlike manier om verlore items ’n tweede kans te gee en terselfdertyd ons biblioteek te ondersteun! Tyd om jou kas op te knap en lekker skoolklere teen bekostigbare pryse te kry! Ons tweedehandse skoolklereverkope vind op Maandag, 23 Maart, van 12:30 tot 15:30 plaas. Waar: Onder die afdak by die aflaaisone (agterste parkering) Prys: Items geprys tussen R20 en R100 Betaling: Kontant of kaart word aanvaar Kom koop skoolklere teen goeie pryse – ’n perfekte geleentheid om te bespaar en die skoolbiblioteek te...

Lees Verder

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2, 2026

Die Musiekdepartement wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser(s) te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek. Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Julle is ook welkom om ‘n alternatiewe tyd vir ‘n ontmoeting af te spreek. Kontak gerus jou kind se musiekonderwyser om ‘n datum en tyd vir ‘n ontmoeting te bevestig. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien. Ek lys die musiekonderwysers en...

Lees Verder

KAPERJOLLE – 11 APRIL 2026

Dis weer tyd vir Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Kaperjolle – die grootste en lekkerste dag van die jaar! Wat kan jy verwag? 🍔 Kosstalletjies: Onder andere boereworsrolle, pannekoek en Woodstock Brewery se food truck. 🍭 Lekkergoedland: Bederf jou soettand – spookasem en slushies! 🎶 Musiek: Om jou in die regte bui te kry. 👻 Spookhuis: Vir die dapperste avonturiers! (Slegs Graad 4–7). Slegs 13:00–17:00. 🎯 Speletjies: Die vierkantspeletjies is vir alle kinders. 🍺 Kroeg: Yskoue bier en wyn vir volwassenes. 🍖 Koskompetisie: Wie kook die beste in die dorp? Skryf asseblief jou span in! 📅 Datum: 11 April 2026 ⏰ Tyd: 12:00–18:00 📍 Plek: Laerskool Jan van Riebeeck (klein veld) Hierdie is die perfekte geleentheid om jou familie en vriende te bederf met hope pret en vermaak. Kom skep herinneringe wat julle vir altyd sal koester! Toegang: 👨‍👩‍👧‍👦 Volwassenes: R100 – sluit proegeleenthede by die braaikompetisie én ’n stem vir die wenner in. 🎈 Juniorkinders (Graad R–3): R100 – eindelose vermaak met speletjies in die vierkant. 🎃 Seniorkinders (Graad 4–7): R140 – toegang tot al die speletjies én die spookhuis. 🌟 Moet dit nie misloop nie – ons sien jou daar!...

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 17 Maart 2026

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 17 Maart, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Strykensemble – Jacob Venter, Coreen Scholtz, Theo Robson, Anna-Sophia Leach, Morgan Smit Lukas van der Westhuizen – saksofoon Antjie Samuel – klavier en viool Micah Nikiforos – saksofoon Frannie Samuel – klavier Samuel Smit – klavier Emma Kuys – klavier Matthias Ackerman – klavier Mathias Barkhuizen – klarinet Cara Scholtz – klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek:...

Lees Verder

Junior en Senior Kooroptredes: Kwartaal 2, 2026

Ons kore werk hard om voor te berei vir die konserte wat gedurende die tweede kwartaal vir ons voorlê. Indien daar optredes bygevoeg word, sal ons julle in kennis stel. Teken gerus die datums aan en hou die Nuusbrief en betrokke WA-groepe dop vir meer gedetailleerde inligting rakende die spesifieke geleenthede: Junior Koor 7 Mei HSJvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 19 Junie GF Musiekkonsert (oggendkonsert by LJvR) Senior Koor 12 April Passion ChoralFest by Hugo Lambrechts @ 16h00 21 April Fairmont High School Choir Evening (aandkonsert en busvervoer sal gereël word) 7 Mei HSJvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 18 Junie ISF Musiekkonsert (aandkonsert by LJvR) Ek herinner graag dat dit verpligtend is vir koorlede om die optredes by te woon, tensy daar vooraf verskoning gemaak is by Juf Bea (junior koor) of Juf Rolene (senior koor). Moenie huiwer om ons te kontak met enige vrae nie – ons help...

Lees Verder

Old School-ondersteunersdrag

Ons toets tans die belangstelling. Sodra daar genoeg belangstelling is vir ’n minimum van 80 items, sal die vooraf bestellings oopgestel word vir betaling via die Karri-toep. 👉 Voltooi asseblief die aangehegte vorm indien jy belangstel. 📅 Let wel: Die vorm sluit op 28 Maart 2026, en alle bestellings moet voor hierdie datum geplaas word. Indien daar voldoende belangstelling is, behoort die truie teen die einde van Junie beskikbaar te wees. Laat die Jannie-ondersteuners uitstaan langs die sportveld! Plaas nou jou bestelling by die skakel hier onder! (Indien jy reeds verlede jaar bestel het, wil ons jou vra om asb. weer hierdie opgedateerde vorm te voltooi.) Ondersteunersdrag 2026 – Fill out form...

Lees Verder

Skaakproewe: 7 – 8 Maart 2026

Na afloop van die skaakproewe wat op Saterdag, 7 Maart en Sondag 8 Maart, te Somerset-Wes plaasgevind het, het twee van ons vier spelers wat daaraan deelgeneem het, distrikskleure verwerf. Baie geluk aan Pieter-Steph Bothma en Daniel Lawson wat gekwalifiseer het vir die WP-proewe wat in Mei plaasvind. Ons is ongelooflik trots op julle en hoe julle JvR op die skaakbord verteenwoordig!...

Lees Verder

Kaperjolle koskompetisie: Skryf nou in!

Dis weer tyd vir die jaarlikse Kaperjolle koskompetisie. Vanjaar se tema is: Jan van Riebeeck se pitstop-toer, wat beteken jy kan ‘n dis maak van enige land waar ou Jan voet aan wal gesit het. Hier is hoe dit werk: 🌍 Jou span kan ‘n dis maak van enige van die volgende lande: Nederland, Indonesië, Japan, Viëtnam, Maleisië, Sierra-Leone, Tansanië, Portugal, Italië en natuurlik Suid-Afrika. Jou “pitstop” moet ook volgens die tema versier word. 🔥‘n Gedeelte van jou gereg moet op die kole gemaak word. 😋 Nes verlede jaar gaan dit weer ‘n proe-kompetisie wees. Die eetgerei sal voorsien word, en jou porsies moet so twee of drie happies groot wees. 🏆Almal wat proe, mag stem vir een gunsteling-gereg en die wenner is die pitstop met die meeste stemme. Wie gaan die kroon dra as Jan Pitstop Kampioen 2026? Skryf jou span teen 20 Maart in deur hierdie vorm in te vul: SKRYF HIER...

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 10 Maart

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 10 Maart, in die groot musiekklas plaas.    Die volgende leerders tree op:   Anya Greeff – Klavier Anton Titley – Klavier Natalie Lawson – Saksofoon Bella Naylor – Klavier Nina de Villiers – Klavier Ella van der Walt – Klavier Pierre du Toit en Elsie Janse van Rensburg – Klavierduet Pierre du Toit – Klavier Eliana Greeff – Klavier Daniel Oosthuizen – Klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)...

Lees Verder