Skool verdaag vroeër: 15 Nov – 10 Des 2024
Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Vrydag, 15 November tot Dinsdag, 10 Desember vroeër sal verdaag: Grondslagfase – 13:00 Intersenfase – 13:15
Lees VerderNeem asseblief kennis dat die skool vanaf Vrydag, 15 November tot Dinsdag, 10 Desember vroeër sal verdaag: Grondslagfase – 13:00 Intersenfase – 13:15
Lees VerderNeem asb. kennis dat Jan Kas Dinsdae- en Donderdaemiddae vroeër sal oop wees a.g.v. die skool wat vroeër verdaag. Ma & Wo – 07:00 – 08:00 Di & Do – 12:30 – 13:30
Lees VerderVind asb. aangeheg inligting vir die 2025 Jan van Riebeeck-gholfdag. Daar is slegs 12 x 4 balle beskikbaar. Neem kennis dat gholfkarretjiebesprekings vir jou eie rekening sal wees en direk by die proshop bespreek moet word. Kontak mnr. Rashard vir besprekings, borgskap van pryse of putjies en navrae indien u enige het. 067 311 8914 of sport@jvrprim.co.za GOLF...
Lees VerderHier volg meer inligting oor die redenaars 2025 inligtingsessie: Vul asseblief hierdie vorm in, indien jy die inligtingsessie gaan bywoon: INLIGITINGSESSIE VORM Maak asseblief seker jy is op die redenaars WhatsApp-groep, sodat jy nie belangrike inligting mis nie. Ls JvR Whatsapp Community: Redenaars (Ls...
Lees VerderOor die afgelope paar jaar het daar verskeie persone in beheer van ons skoolbiblioteek gewissel, en ons werk tans daaraan om ons rekords op te dateer en seker te maak dat alle biblioteekboeke teruggestuur word. As jou kind steeds biblioteekboeke by die huis het, vra ons asseblief dat dit so gou moontlik terug na die skool gestuur word. Dit sal help om ‘n akkurate inventaris te behou en te verseker dat alle leerders toegang het tot die hulpbronne wat hulle nodig het. Baie dankie vir die samewerking en ondersteuning in hierdie...
Lees Verder28 November 2024 om 19:00 | Skoolsaal R50 pp – Kaartjies op Karri beskikbaar
Lees VerderHier volg die week se tennisuitslae:
Lees VerderHier volg die week se krieketuitslae:
Lees VerderGeagte Inwoners van die Bo-Stadskom, ’n Aansoek vir ’n groot, sesverdieping-ontwikkeling aan die bopunt van Leeukopstraat is by die Stad Kaapstad ingedien. Indien dit goedgekeur word, sal hierdie gebou van 41 woonstelle die rustige, voorstedelike karakter van ons buurt dramaties verander en beduidende verkeersopeenhoping en veiligheidsrisiko’s byvoeg tot ’n reeds besige area. Waarom Dit Belangrik Is Die beplande ontwikkeling sal verkeer op Kloofnekweg drasties verhoog en tot 60 bykomende voertuie by die nou Leeukop-Quarry Hill kruising voeg, wat gevaarliker toestande sal skep. Kloofnekweg het reeds ernstige ongelukke met swaarvoertuie gehad, en hierdie verhoogde verkeer bedreig beide bestuurders en voetgangers, insluitend skoolkinders wat die gebied daagliks gebruik. Buiten verkeer, stel hierdie projek ’n kommerwekkende presedent vir toekomstige grootskaalse ontwikkelings in die Stadskom, wat die unieke karakter van buurte soos Tamboerskloof, Oranjezicht en Higgovale in gevaar stel. Ons glo dat hierdie ontwikkeling, wat hoofsaaklik vir beleggers ontwerp is, die harmonie van ons gemeenskap sal versteur, eiendomswaardes sal verlaag en die bekoring van ons gebied sal ondermyn. Neem Aksie DIE SPERDATUM VIR BESWARE IS 19 NOVEMBER 2024. Enige persoon ouer as 18 jaar kan beswaar aanteken. Selfs as jy voorheen beswaar aangeteken het, is ’n nuwe beswaar vir hierdie aansoek nodig. Besoek https://tinyurl.com/fotadocs vir vorms en addisionele inligting. Help ons om ons buurt te bewaar. Saam kan ons ’n verskil maak! Vriendelike groete, Friends of Tamboerskloof E-pos: fotamboerskloof@gmail.com...
Lees VerderEk hoop en vertrou dat dit met almal in ons skoolgemeenskap goed gaan, veral die tyd van die jaar waar ons nog so baie take moet afhandel en sperdatums moet eerbiedig voor die langverwagte Desember-vakansie vir almal aanbreek. Volgende week op Woensdag, 13 November, begin die finale eksamen vir die Gr.7’s. Die assesserings vir die grondslagfase is reeds vanaf 04 November volstoom aan die gang. Vir die eerste keer skryf al ons grondslagfase-leerders deurlopende assesserings om assesseringsangs by hulle te verminder. Soos julle weet, mag ek mos nie eintlik die ‘E-woord’ gebruik nie, maar op Maandag, 18 November, begin die Gr. 4 – 6-leerders ook met hul eksamen en wens ek al ons leerders, ouers/voogde, tutors, fasiliteerders en personeel voorspoed toe. Eksamens verhoog ongelukkig stresvlakke by leerders en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as onderwysers te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen/assessering te bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres as gevolg van enige eksamen laat die meeste mense snak na hul asem, maar dit is ‘n natuurlike reaksie en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees. Probeer gerus die volgende wenke om jou kind/ers se eksamenstres en moontlik jou eie angstigheid daaroor hok te slaan: Berei asseblief betyds voor. Help om saam met jou kind/ers betyds ‘n...
Lees VerderDie Parow-Stoeiklub se jaarlikse prysuitdeling het op 2 November 2024 plaasgevind. Al die stoeiers wat die Westelike Provinsie verteenwoordig het, het hul trofeë ontvang vir hul nasionale plasing, onderskeiding en deelname sertifikate. Christian Cronje was ook daar om sy trofee te ontvang. Baie geluk, Christian!...
Lees VerderNeem asseblief kennis dat alle graad 4 – 6-leerders ‘n toestelooreenkoms volgende week sal ontvang. Ouer en kind moet dit onderteken aangesien alle graad 5 – 7-leerders sommer op die eerste dag van skool (15 Jan. 2025) ‘n toestel sal ontvang. Hierdie skootrekenaar sal gebruik word om interaktief met akademie te handel. Sodra jy hierdie ooreenkoms ontvang, teken en stuur die volgende dag skool toe. Dankie vir hierdie...
Lees VerderDie volgende dansers neem deel aan die jaarlikse klassieke ballet “Performance Awards” op Sondag, 10 Nov 2024, te JvR @10vm Die beoordelaar is Laurence Kaplan Direkteur AAB NY. Almal is baie welkom om ons pragtige dansers te kom ondersteun. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees met parkering agter die skool. Deelnemers: Gr1/2 Mila Maree Emily Theron Emma Wilke Livia-Mae Liebenberg Amatullah Barsadien Heike Janse van Rensburg Vasti Swart Cornelia Opperman Iris Caldeira Ciera February Sienna Kruger Gr3/4 Isla Jooste Mika vd Walt Christa-Bella Swart Heidi v Heerden Natalie Lawson Gr5/6/7 Solange Stevens Ella Grey Gabriella Buckenham Daniella Boshoff Larah Opperman Jessica Schincariol Gr8/9 Kerala Allewell Karlien vd Walt Lara Basson Emma Liebenberg Break a leg! x Juffou Barbie Maak nota asb : Ons jaarlikse “Prysuitdeling en Einddans Funksie” is op Sondag, 8 Des, te JvR. Dis ‘n fees van danse en alle genre: modern, kontemporêr en klassiek. Al ons dansers neem deel met pragtige danse op die mooiste musiek. Kom ondersteun ons asb ! Almal, alle ouderdomme oud en jonk sal dit terdeë...
Lees VerderAlle gr.4 – 7-leerders wat tydens hierdie jaar besonderse prestasies behaal het óf veelsydigheid getoon het op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir ‘n spesiale prys by die prysuitdeling. Voltooi asb. die aangehegte vorm en handig die vorm en afskrifte van bewyse van die prestasie(s) teen Vrydag, 21 November, by juf. Lucia de Jager in. ‘n Hardekopie van die vorm kan ook afgehaal word. Veelsydigheid...
Lees VerderJan Kas Sluit op 29 November Neem asseblief kennis dat Jan Kas Vrydag, 29 November 2024, vir die jaar sal sluit. Maak asseblief seker dat alle skoolklere voor hierdie dag bestel word. Die aanlyn winkel sal weer vanaf Vrydag, 10 Januarie 2025, vir bestellings oop wees. Die fisiese winkel maak Maandag, 13 Januarie 2025, oop. Spesifieke tye sal nader aan die tyd deur gegee...
Lees VerderHier volg die week se krieketuitslae:
Lees VerderHier volg die week se swemuitslae:
Lees VerderHier volg die week se tennisuitslae:
Lees VerderDie mooiste, mooiste maand van die jaar is ongelukkig iets van die verlede en vandag groet November-maand ons met ‘n heerlike sonnige dag. Ons weet ook dat November-maand die begin van die sogenaamde ‘silly season’ is. Mense is gewoonlik teen die tyd van die jaar moeg van uitbranding, hulle gemoed is negatief en voel heeltemal oorweldig met die pas waarteen die jaar verbysnel. Ek sien dit elke jaar ook by die skool waar leerders, dikwels van wie ‘n mens dit die minste verwag, die eienaardigste dinge aanvang of selfs kwytraak. Selfs personeel sukkel om kop bo water te hou....
Lees VerderKyle het verlede Vrydag en Saterdag aan die “Chess Elevation Series” deelgeneem. Hy het 1ste plek behaal vir die vlak 2-groep en was die enigste speler in sy groep wat geen wedstryde verloor het nie. Baie geluk met hierdie puik prestasie, Kyle! Jy maak ons Jannie-harte trots! ...
Lees Verder