Week vier van die laaste kwartaal kom net te vinnig tot ‘n einde met die jaar wat besig is om einde se kant toe te staan. Ek weet nie van julle nie, maar vir my voel dit asof die laaste gedeelte van die jaar net eenvoudig vinniger verby snel as die res van die jaar. Selfs die kersfeesversierings is besig om hul verskyning in winkelsentrums te maak. Oor ‘n bietjie meer as 2 weke begin die Gr. 7’s met hulle finale eksamen by die laerskool en net daarna begin die Gr. 4 en 6-leerders, maar dit nou eers daar gelaat. Op Dinsdag, 22 Oktober, het ons weeklikse saalbyeenkoms plaasgevind, maar hierdie keer met ‘n bietjie van ‘n verskil. Ons het vanaf hierdie week 10 sitplekke vir ons ouers/voogde wat die saalbyeenkoms graag wil bywoon, gereserveer. Ons sal graag meer sitplekke wil uitsit, maar ongelukkig is spasie ‘n probleem. Ek glo hulle het die saalervaring terdeë geniet en moontlik het kosbare terugflitse van hul eie skoolervaringe in hul gedagtes opgekom. Die saalboodskap is op Dinsdag deur die Graad 7’s gelewer en dit het gehandel oor een van ons vier kernwaardes, naamlik eerlikheid. Baie dankie aan Hila, Jana, Milan en Ané wat die pragtige boodskap in die saal gelewer het. Stuur asseblief vir my ‘n e-pos indien jy ook belangstel om ‘n saalbyeenkoms op ‘n Dinsdag vanaf 07:40 – 08:30 by...
Lees Verder