Alle gr.4 – 7-leerders wat tydens hierdie jaar besonderse prestasies behaal het óf veelsydigheid getoon het op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir ‘n spesiale prys by die prysuitdeling. 
 
Voltooi asb. die aangehegte vorm en handig die vorm en afskrifte van bewyse van die prestasie(s) teen Vrydag, 21 November, by juf. Lucia de Jager in. ‘n Hardekopie van die vorm kan ook afgehaal word.