KOOR: Belangrike Datums (Junior en Senior) vir November
Eerstens, wil ek graag alle koor-ouers bedank vir jul ondersteuning gedurendende ‘n baie bedrywige Oktober. Ons waardeer die moeite wat julle gedoen het om jul kinders betyds by elke optrede te besorg, en die bydrae wat jul hierdeur gelewer het tot die groei van ‘n positiewe en opwindende koorkultuur by Laerskool Jan van Riebeeeck. Die Junior en Senior kore is reeds besig om voor te berei vir hul volgende reeks konserte wat in November plaasvind. Ons sien regtig baie uit na beide hierdie spesiale konserte! 1. OEFENING: NG Kerk Tamboerskloof Kerssangdiens Datum: Vrydag, 22 November Tyd: 12h15-14h15 Plek: NG Kerk Tamboerskloof Ouers kan leerders 14h15, na afloop van die oefening, by NG Kerk Tamboerskloof kom optel. 2. NG Kerk Tamboerskloof Kerssangdiens Datums: Sondag, 24 November Tyd: 19h00 Plek: NG Kerk Tamboerskloof Kleredrag: Netjiese wit hemp / Blou denim langbroek (geen kortbroeke) / Wit rokkie vir dogters / Wit tekkies OF plakkies 3. Laerskool Jan van Riebeeck Kerskonsert Datum: Donderdag, 28 November Tyd: 19h00 Plek: LJvR Skoolsaal Kleredrag: Netjies wit hemp / Blou denim langbroek (geen kortbroeke) / Wit rokkie vir dogters / Wit tekkies OF plakkies Kaartjies: R50 pp op Karri. Ons sal laat weet sodra Karri oop is. Teken asseblief hierdie datums aan. Ek vra ook dat ouers my persoonlik in kennis stel indien jou kind nie ‘n optrede van bywoon nie. Vra gerus indien daar enige onduidelikheid...
Lees Verder