1. OEFENTYE
Die senior koor oefen hierdie jaar gedurende die volgende tye:
 
Dinsdag: 07h30 – 08h30
Donderdag: 07h45 – 08h45
 
Let asseblief op dat ons oefening op ’n Dinsdag reeds 07h30 begin. Leerders kan hul tasse in die Nasorg sit voor die oefening, en kan dit dan na die oefening gaan haal en klas toe neem.
 
2. KOORKAMP
Die senior koor het ’n lekker koorkamp om na uit te sien in Februarie! Buiten vir die musiek waaraan ons gaan werk, sal ons seker maak om die kinders ook te bederf.
 
Datum: 7-8 Februarie
Plek: LJvR Skoolsaal
Tyd: Vrydag, 7 Februarie @ 14h30 – 17h30
Saturday, 8 Februarie @ 08h00 – 13h30
 
Saterdag, 1 Maart @ 08h00 – 13h30
Donderdag, 6 Maart @ 13h00 – 17h00
 
Ek sal meer detail deel nader aan die tyd. Laat weet asseblief indien daar ’n oefening  is wat jou kind nie kan bywoon nie.
 
3. MZANZI CONDUCTORS CONVENTION: 14-16 Maart 2025
 
Ons sien baie uit na die MCC wat in Maart by die CTICC plaasvind. Tydens hierdie geleentheid gaan ons senior koor deel wees van ’n kinderkoor wat, onder leiding van die befaamde Kanadese kinderkoordirigent Zimfira Poloz, gaan leer en werk. Die MCC kinderkoor word opgemaak deur die koorlede van die volgende kore: Tygerberg Kinderkoor, Pietermatizburg Kinderkoor, en Laerskool Jan van Riebeeck Senior Koor.
 
Die MCC verrigtinge gaan die kinders meeste van die naweek besig hou, en die koor gaan die volgende tye by die CTICC spandeer:
 
Vrydag, 14 Maart: 13h00 – 18h00
Saturday, 15 Maart: 09h00 – 21h30
Sondag, 16 Maart: 08h00 – 16h00
 
Daar gaan maaltye aan die kinders voorsien word, en hulle gaan defnitief tyd hê om tussen die oefeninge, konserte, en meestersklasse te ontspan. Sien asseblief die volledige program (ons senior koor is betrokke by die “children’s choir”):
 
Wat ’n geleentheid!
 
Ek sal meer detail stuur soos ons dit ontvang, maar julle is baie welkom om my te kontak indien daar enige vrae is.
 
 
Groete, 
Rolene van Zyl
rolene@jvrprim.co.za
 
Dankie!
 
Groete,
Rolene