Jean-Jacques Rossouw was gaskunstenaar die afgelope Saterdagaand by die “HOPE Journey International Finale” in die Waterfront, Kaapstad. Veertien lande het deelgeneem met welsynsprojekte wat oor twee maande strek, en die top finaliste is Saterdagaand aangewys voor meer as ‘n duisend mense. Mnr. Ben Reynecke was seremoniemeester en verantwoordelik vir die choreografie van die produksie. Knap gedaan, Jean-Jacques! Ons is baie trots op jou.