Skrywer: Megan Zondagh

Fotodag: Maandag, 10 Februarie 2025

Maandag, 10 Februarie, is klas en individuele fotodag. Leerders moet asb. netjies en volgens korrekte skooldrag skool toe kom. Sien hier onder ‘n herinnering aan die korrekte skooldrag vir leerders: Intersenfase (Graad 4 – 7) Dogters: Hempie met geruite rompie en/of netjiese donkerblou kortbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met wit sokkies Seuns: Hempie met netjiese, donkerblou kortbroek/khaki langbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met lang, donkerblou kouse met wit strepies Grondslagfase (Gr.1-3) Dogters:  Hempie (mouloos of moue) met skort of sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies Seuns: Hempie met sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit...

Lees Verder

Liam se film, nou op Showmax!

Ons wil graag die opwindende nuus deel dat Liam Kruger se film, wat ook by die KykNet Silwerskermfees gewys is, nou beskikbaar is op Showmax! Ons is ongelooflik trots op hom en hoop dat hierdie prestasie as kultuur vir die skool gevier sal word. Liam het alreeds geweldig sukses behaal in die filmbedryf en is bevestig vir nog twee ander films en ‘n reeks saam met groot Afrikaanse akteurs. Welgedaan Liam! Ons is baie trots op...

Lees Verder

Motorplakkers: ‘n Vereiste vanaf 10 Februarie 2025

Die vereiste vir motorplakkers is ‘n nuwe instelling by die skool wat vanaf 10 Februarie 2025 in werking sal wees. Alle motors wat op die perseel kom, moet ‘n plakker in die motorvenster hê. Elke gesin sal twee motorplakkers ontvang. Indien jy ekstra plakkers benodig, kan jy dit via die Karri-app teen R10 ‘n plakker bestel. Die plakkers sal direk aan die leerders oorhandig...

Lees Verder

Skoolkalender skakels

Sluit aan by ons skoolkalender om op hoogte te bly van belangrike datums en gebeure by die skool. Graad 4-7 het hul eie take- en toetsrooster-kalenders, en ouers kan daarby inskakel om seker te maak hulle bly op hoogte. Vir meer inligting en om aan te sluit, besoek gerus die volgende skakel:...

Lees Verder

Waterbuffel Burgerfees: 14 Maart 2025

Liewe Ouers/Voogde Graag wil ek versoek dat julle van die volgende datum en geleentheid ‘n nota sal maak: Ons beplan om op Vrydag, 14 Maart 1 700 waterbuffel patties te braai. Dit word geskenk deur Babylonstoren en word tans as die gesondste rooivleis beskou. Burgers gaan @R40 elk verkoop word en bestellings sal binnekort op Karri-toep oopmaak. Julle sal ‘n keuse hê van ‘n wegneem-burger wat vanaf 14:00 by die skool opgetel word (“drive-through) of julle kan vanaf 16:00 dit agter by die skool by tafeltjies en musiek kom geniet terwyl bier en wyn te koop sal wees. Susan Derksen en haar OOV span hanteer die dag en hulle sal julle nog versoek om vanaf Vrydagoggend 06:30 te kom help met braai en verpakking. Ons beplan om 500 burgers vir ‘n behoeftige skool te skenk. Meer inligting volg binnekort. Stoor asb die datum van 14 Maart vir ‘n heerlike samesyn by die skool. Dit gaan Baie opwindend wees! Groetnis, Naas Beets |...

Lees Verder

Swemgala: 7 Februarie 2025

Neem asseblief kennis dat ons jaarlikse Senior-Kleur Swemgala (Graad 4-7) volgende week Vrydag, 7 Februarie 2025, plaasvind. Dit is belangrik dat jou kind deelneem indien hy/sy vir die skoolswemspan wil swem. Motiveer asseblief jou kind/kinders om deel te neem. Die program sal op Whatsapp uitgestuur word. Groete,...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 31 Januarie 2025

Ek glo dat julle ook verbaas is dat vandag die laaste dag van Januarie is. Vir my voel dit asof die nuwe jaar skaars afgeskop het en môre moet ons vir Februarie welkom heet. Weet nie of dit iets met ouer word te doen het nie, maar tyd vlieg. Tyd het ‘n magiese kwaliteit, veral as ‘n mens met ‘n lekker taak of projek besig is. Geniet dus wat jy doen. Dit is presies waar ek as skoolhoof my tans bevind – ek geniet elke oomblik by die skool terdeë. Wat ‘n voorreg om deel van ‘n omgee-skoolgemeenskap te...

Lees Verder

Mobile Music Academy: Marimba Lesse

Mobile Music Academy bied op Woensdae, 16h00 – 16h30, marimba lesse in groepsverband in ons skoolsaal aan. Dit is ’n wonderlike geleentheid om deel van ’n unieke ervaring te wees, en jou musiek vaardighede in die proses te slyp. Kliek hier om die demonstraie te...

Lees Verder

Senior Koorkamp en Piekniek: 7 & 8 Februarie 2025

  Dit is weer tyd vir ons senior koor se jaarlikse koorkamp, en ons kan nie wag vir hierdie heerlike naweek van saam sing en musiek maak nie! Waar: LJvR Skoolsaal Tyd: Vrydag, 7 Februarie: 14h30 – 17h30 Saterdag, 8 Februarie: 08h00 – 13h30 Kleredrag: Informeel en gemaklik. Leerders slaap nie oor by die skool nie, maar gaan huistoe na afloop van die oefening. Kos: Ons vra dat elke ouer asseblief middagete en ‘n peuselhappie vir jou kind sal inpak vir Vrydag, 7 Februarie. Saterdagoggend begin ons stiptelik om 08h00, en ons sal vir die leerders tye gee om te ontspan tussen ons oefensessies. Ons sal 09h45 lekker vars waatlemoen vir die koorlede gereed hê, en teen 12h00 kry elkeen ‘n heerlike boereworsrolletjie. Pak gerus nog peuselhappies in! Maak seker jou kind bring genoeg water om gedurende die oefensessies te drink. Die snoepie is nie oop nie, en geen kind sal toegelaat word om die skoolgronde te verlaat tydens die kooroefening of pouses nie. Piekniek: Vrydag, 7 Februarie: 17h30 – 18h30 Ons nooi alle senior koor-families uit om Vrydagaand na afloop van ons eerste oefensessie, saam te kom kuier op die skool se sportvelde. Bring ‘n lekker piekniekmandjie en iets om te drink! Ons is seker die kinders sal dit ook geniet om hulle dag op hierdie manier af te sluit. Sien julle daar! Ons vra ook dat alle...

Lees Verder

Ouer-kind Sportdag: Saterdag, 25 Januarie

Liewe Ouers, Baie dankie dat julle vir ons jaarlikse Ouer-Kind Sportdag ingeskryf het! Neem asseblief kennis dat die dag om 08:30 sal begin en rondom 12:00 sal eindig. Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees, asook boereworsrolle en pannekoeke te koop wees. Ons nooi julle uit om ons plaaslike verskaffers te ondersteun. Ons het ons bes gedoen om alle spanne soveel as moontlik speeltyd te gee, en ons vra vriendelik dat alle spanne teen 08:30 teenwoordig sal wees, sodat ons die program kan volg wat môreoggend aangekondig sal word. Trek asseblief gemaklik aan en let daarop dat daar geen toks toegelaat word nie. Alle nodige toerusting sal voorsien word. Ons sien uit daarna om almal te huisves en ‘n wonderlike dag saam te geniet! Sien almal môre! Groete,...

Lees Verder

Verlore goedere: Nuwe Reëlings

Daar is soveel aspekte van Jannie-wees, maar een wat uitstaan, is om ons skooldrag en persoonlike besittings so goed moontlik op te pas. Verlore goedere bly ‘n onnodige kopseer vir Jannies. As ons die skool se waardes regtig wil eerbiedig, moet ons eerlik met onsself wees en bewus word van ons verantwoordelikheid om na ons besittings om te sien. Ons moet respek vir onsself en ons besittings hê sodat ons skool nie nodig het om verlore goedere te bestuur nie. Wanneer ons iets sien rondlê wat aan iemand anders behoort, is dit die regte ding om dit aan die persoon te oorhandig. Op hierdie manier gee ons vir mekaar om. Jannie-wees is maklik, want ons elkeen kyk na ons eie besittings. Hoe gaan verlore goedere van nou af hanteer word? Verlore goedere wat gemerk is, gaan 2 keer ‘n week aan leerders uitgedeel word. Goedere wat nie gemerk is nie, sal vir 1 week in juf. Helene (gr.1S) se klas beskikbaar wees. Leerders of ouers kan dit onder toesig daar kom soek. Iemand sal tot 15:00 in die middae in haar klas beskikbaar wees.  Goedere wat na ‘n week nie afgehaal is nie, sal verwyder word en as tweedehandse items verkoop word.  Maak asseblief seker jou kind se items is alles duidelik...

Lees Verder

Ballet vir Dogters en Seuns

Ons is opgewonde om met julle te deel dat ons balletprogram vinnig vol raak! Ons moedig julle aan om jul kind so gou moontlik in te skryf, aangesien daar beperkte plekke beskikbaar is. Moenie hierdie wonderlike geleentheid misloop vir jou kind om deel van ons balletprogram te wees...

Lees Verder

Marimba Club

Marimba Club is ‘n opwindende nuwe buitemuurse musiekaktiwiteit by ons skool. Hierdie program bied leerders die kans om marimba te speel, wat musikale vaardighede, spanwerk en kreatiwiteit bevorder. Dit is ‘n vrolike manier om musiektalente te ontwikkel en deel te wees van ‘n dinamiese groep. Ons nooi alle leerders uit om deel te neem en hierdie ervaring te geniet! Kliek HIER om die demonstrasie te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 24 Januarie 2025

Ek is baie opgewonde om die jaar saam met julle af te skop. Alle skoolaktiwiteite is met die aanvang van die 2de week van die nuwe kwartaal in volle swang en alles loop klopdisselboom. Op Maandag, 20 Januarie 2025, het die buitemuurseprogram amptelik afgeskop en ons is baie opgewonde oor die deelname van leerders aan die verskillende somersportkodes. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar weer aktief aan skoolsport deel te neem en dit saam met hul maats te geniet. Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) wat op Dinsdag, 21 Januarie, tydens die saalbyeenkoms hul leerderraadbalkies ontvang het: Rudi Badenhorst Jack Dawes Abigail Fourie Ben Esterhuyse Gusto Hoogendyk Nils le Roux Elisabet Marais Johannes Mouton Dané Olivier Vincent Oosthuizen Stella Pansegrouw Katryn Silvis Amelie van der Walt Annalene Viljoen Baie dankie aan hul trotse ouers wat die spesiale geleentheid bygewoon het om die tradisionele aansteek van hul balkies te behartig. My beste wense vergesel die 2025 leerderraad vir die belangrike rol wat hulle vanjaar as leerderleiers by ons skool gaan speel. Graag wil ek al ons ouers/voogde wat die gewilde inligtings- en bekendstellingsaand op Donderdag, 23 Januarie 2025, bygewoon het, hartlik bedank. Al was daar elders musiekopvoerings, was dit werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat soveel ouers/voogde werklik betrokke by sy/haar kind se skool wil...

Lees Verder