Skrywer: Megan Zondagh

Kaperjolle braaikompetisie: Inskrywings

Dis weer tyd vir die Jannies om te kook in die Kaperjolle braaikompetisie! Ons tema hierdie jaar is Lekker Jannies Vol Resepte of kom ons noem dit eerder – kom eet by Liplek Jan van Restaurant Die tema is dan toonaangewend vir die reëls: ·         gebruik ten minste 2 bestanddele / disse wat begin met die letters LJVR; ·         die idee is nie om beperkend te wees nie, maar kreatief met woordspel en kos; ·         jy moet ten minste ‘n gedeelte van jou gereg oor die kole gaarmaak; ·         jou kos moet proehappie grootte wees, sodat almal van alles kan proe Om jul so ‘n...

Lees Verder

Kaperjolle: 12 April 2025

Dis weer tyd vir Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Kaperjolle – die grootste en lekkerste dag van die jaar! ???? Wat kan jy verwag? ???? Kosstalletjies: Onder andere boereworsrolle, pannekoek, pizza en Woodstock Brewery se food truck. Volg die skakel om die spyskaart te sien: SPYSKAART. ???? Lekkergoedland: Bederf jou soettand. ???? Musiek: Om jou in die regte bui te kry. ???? Spookhuis: Vir die dapperste avonturiers! (Slegs Graad 4 – 7). ???? Speletjies: Die vierkant-speletjies is vir alle kinders en sluit in nootgolf, kussinggevegte, boontjiesak-teiken, ringgooi, Nerf-geweer-teikenskiet en vele meer. Graad 4 – 7 het ’n aparte...

Lees Verder

Kwartaal 1 Musiekkonserte

Dit is amper weer tyd om musiekkonsert te hou! In Maart kry elke leerder wie ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband gedurende skooltyd plaasvind. Vra asb. jou kind se musiekonderwyser indien daar onsekerheid is oor tye, veral die Graad 4H klas wat in twee sessies optree. Sien asseblief die datums en tye vir elke graadgroep: Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vondering te vier. Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Groete, Rolene van Zyl...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 14 Maart 2025

Vandag heers daar groot opwinding by die skool, want ons hou vir die eerste keer ‘n Waterbuffel-‘Hamburgerdag’ en beoog om 1 700 ‘burgers’ te braai. In goeie en suiwer Afrikaans moet ek seker na frikkadelbroodjies verwys. Die ‘burgers’ word vandag as ‘n wegneemete verkoop of vanaf 16:00 as ‘n aansitete beskikbaar wees. Waterbuffelvleis word as een van die gesondste rooivleise beskou, met heelwat minder vet as beesvleis, en gaan verseker binnekort ‘n alternatief vir gesonder vleis op die winkelrakke wees. Dit is hoog in proteïene, sink, yster en Omega-3, dus moet jy seker maak jy mis nie uit op die geleentheid om ‘n smullekker waterbuffel-frikkadelbroodjie te kom geniet nie. Daar gaan spesiaal ‘n markiestent vir die feestelike geleentheid op die mini-sportveld agter die skool opgeslaan word, terwyl lekker musiek in die agtergrond speel, wat ‘n feestelike atmosfeer gaan skep. Die snoepie sal ook hul dienste daar verskaf en staan gereed vir enige ander aankope. Ek kan nie wag om julle almal vanaf 16:00 te ontvang nie en saam met julle die waterbuffel-frikkadelbroodjies te proe en daaraan te smul nie. Laat my toe om veral vir Susan Derksen hartlik te bedank, saam met haar OOV-span, wat aan die reëlings van die unieke dag staan, asook ons pa’s wat as braaiers optree. Gister het ons 500 van die ‘burgers’ gebraai en aan ons susterskool, naamlik Laerskool Prestwich, geskenk om vir hul...

Lees Verder

ATKV-Redenaars

Na afloop van ons interne redenaarskompetisie wens ons die volgende leerders geluk, wat ons skool tydens ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig: Gr. 1 – 3: Jean-Jacques Rossouw, Petronella Gouws, Pieter-Steph Bothma Gr. 4 – 5: Antjie Samuel, Mia Bothma, Hanna Thom, Jan-Jurie Fourie, Stef Nel, Amalie Janse van Rensburg Gr. 6 – 7: Katryn Silvis, Sabine Barnard, Abigail Fourie, Dané Olivier, Pieter Rademeyer, Cara Nel, Bella Naylor, Elisabet Marais Hierdie leerders neem van 11–12 April by Hoërskool Jan van Riebeeck...

Lees Verder

Stilwater Nippers wen medaljes

Wat is Nippers? Nippers is ‘n junior program wat ontwerp is om kinders, gewoonlik tussen die ouderdom van 5 en 14 jaar, aan strandredding en strandveiligheid bekend te stel. Dit is ‘n prettige en opvoedkundige aktiwiteit waar kinders leer oor oseaanbewustheid, brander toestande en basiese noodhulp. Hulle neem ook deel aan verskeie strand- en wateraktiwiteite, soos swem, plankroei en strandresies. Die uiteindelike doel is om selfvertroue te bou, lewensvaardighede aan te leer en hulle voor te berei op toekomstige rolle as strandredders. ‘n Paar graad 4-seuns het vroeër vanjaar aan die WP-kampioenskappe vir Stilwater Nippers deelgeneem. Jan Jurie Fourie het ‘n goue en ‘n silwermedalje verower, terwyl Lukas Loubser ‘n bronsmedalje ingepalm het. Ons is ongelooflik trots op hierdie twee manne wat so uitstekend presteer...

Lees Verder

Kyle presteer in karate

Kyle het aan die karate-uitdunne deelgeneem en tweede plek verower in beide Kata en Kumite, en sodoende silwermedaljes in albei behaal. Dit beteken dat hy gekwalifiseer het vir sy WP-kleure in karate en deel van die Wes-Kaap-span sal wees wat in Mei aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.   Welgedaan Kyle! Jy maak ons sommer baie trots....

Lees Verder

WP Tennis – Synergy Cup 2025

Stella en Neels het JvR baie mooi verteenwoordig by die Synergy Cup (WP / Boland / Noord-Kaap) vir die Cape Town WP A-span. Die top 4 van die A-span se seuns en dogters van die WP-span het nie gespeel nie, so ons klomp het harde kompetisie gehad teen Boland. Die A-span het 2de geëindig en silwer gekry. Dit was regtig warm en lang dae, so ek is ongelooflik trots op die 2 wat na die Graad 7-kamp met so baie gees opgedaag het en so ‘n voorbeeld op die tennisbaan was. Julle kan baie trots wees! Jeanne en Amelie het vir die B-span gespeel by ‘n ander klub.  Ons is baie trots op...

Lees Verder

Veilingsdinee: 7 Junie 2025

Ons nooi julle graag na hierdie jaar se opvoedingstrust veilingsdinee fondsinsameling. Die veiling vind plaas op 7 Junie by die Mount Nelson Hotel. Daar is beperkte kaartjies so rsvp asb. by die onderstaande skakel om teleurstelling te vermy: https://forms.gle/mtH1mY7RqxdsFTYL7 Vriendelike groete, Die 2025...

Lees Verder

Interne Redenaarskompetisie 2025

Ons leerders het tydens Woensdag en Donderdag se interne redenaarskompetisie net weereens bewys dat ons Jannies kán redeneer, maar met behulp van argumente wat ondersteun word deur navorsing. Graad 1 tot 7 het ons omtrent van verskeie onderwerpe oortuig; onder ander, dat kougom kou in die klaskamer voordelig vir ons leerders is, rekenaarspeletjies help met leer, is ‘n top 10 in laerskole regtig nodig? En selfs dat ritmes in die lewe jou help met breinontwikkeling! Daar was nog vele meer insiggewende onderwerpe wat deur ons 23 deelnemers argumenteer is. Graad 6 en 7 leerders het onvoorbereide toesprake sowel as...

Lees Verder

Digitale Geletterdheid: Wat het ons in kwartaal 1 geleer?

Hierdie kwartaal in Digitale Geletterdheid het ons oor ‘n paar interessante aspekte van rekenaars en digitale toestelle gepraat. Een van die temas wat die meeste uitgestaan het, was die Graad 5’s se gebruike van die internet. Hier het die leerders geleer wat die voordele van die internet is, hoe om veilig te wees wanneer jy aanlyn werk en ook wat die gevare van aanlyn speletjies en toepassings is. Ons het nie net teorie geleer nie, maar ook prakties op die tablette gewerk. Een van die lesse wat uitgestaan het, was toe die Graad 3’s ‘n tikvaardigheid-aktiwiteit gedoen het. Dit...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 07 Maart 2025

Vandag is die eerste Vrydag van Maart en dit beteken dat die skole oor drie weke vir ‘n kort en welverdiende vakansie sluit, voordat ‘n besige kwartaal 2 afskop. Die seisoen is ook besig om te draai, met die son wat soggens later opkom en vroeër ondergaan, terwyl volmaan op 14 Maart gaan aanbreek, wanneer die aarde direk tussen die son en die maan gaan wees. Maart word ook gekenmerk deur Ramadan en ons wens vir al ons Moslem-ouers en -vriende ‘n geseënde Ramandan Mubarak toe. Ons skool was vanaf Maandag weer voltallig met die terugkeer van die gr. 5– en 7-leerders vanaf hul onderskeie skoolkampe. Ek het met van die ‘kampers’ gepraat en hulle was almal eens dat hulle die skoolkampe terdeë geniet het. Natuurlik was hulle Vrydag by terugkeer doodmoeg van die min slaap, die uitdagings van die onbekende avontuur en al die opwinding. Tydens die kampe kon ons stadsjapies heerlik die natuur verken, terwyl hulle in spanne moes saamwerk. Skoolkampe bou beslis karakter, verbeter kommunikasievaardighede, vereis deursettingsvermoë en ontwikkel leiersvaardighede. Ons leerders het oorgenoeg te ete en te drinke ontvang, maar het verseker hul ouers/voogde se tuisgemaakte kos, asook die gemak van hul ouerhuise, gemis. Ek glo hulle waardeer sommer weer van vooraf hul ouerhuise en is dankbaar vir al die wonderlike voorregte wat hulle baie keer as vanselfsprekend aanvaar. Verlede Vrydag het ons jaarlikse Junior...

Lees Verder

‘n Akteur in ons midde: Gerhard Conradie

Gerhard Conradie en sy suster het saam ‘n kortfilm geskiet, Alma Oppad, wat by die Silwerskerm-filmfees vertoon gaan word! Dit sal later vanjaar op kykNET wees. Chrystal vertolk die rol van Alma, Gerhard speel haar broer, Laudo Liebenberg is die pa, en Amalia Uys die ma. Welgedaan Gerhard! Jy maak ons...

Lees Verder