Skrywer: Megan Zondagh

DEPARTEMENT VAN BASIESE ONDERWYS – WERKSKEPPINGSINISIATIEF (BEEI)

Die Departement van Basiese Onderwys het op 1 Junie 2025 fase V van die BEEI (voorheen PYEI) projek uitgerol. Ons skool het 3 assistente aangestel – een in die sportkantoor, een in die adminblok en een assistent wat met skoonmaak help. Ons wil hulle graag aan almal voorstel: Mohamad Toureeq Daniels – Mohamad het laas jaar by die Duitse Skool gematrikuleer en oorweeg dit om verder in die onderwys te studeer. Hy is ’n atleet wat WP-kleure in twee sporte het, naamliks handjietennis en spiesgooi. Mohamad gaan in die sportkantoor uithelp. Unathi April – Unathi is ’n CPUT-student wat tans ’n diploma in bestuur studeer. Sy is in haar finale jaar en gaan hierdie geleentheid as ’n internskap gebruik sodat sy die praktiese gedeelte van haar studies kan voltooi. Unathi gaan in die adminblok werksaam wees. Musfeeqah Ely – Musfeeqah is ’n ma van drie en het al by verskeie plekke as ’n algemene werker gewerk. Sy is opgewonde om weer te werk en help ons skoonmaakspan om die gebou mooi skoon te hou. Baie welkom aan al 3 by ons skool! Hulle is tot einde November by Laerskool Jan van Riebeeck en ons glo dat hulle waarde gaan toevoeg en baie gelukkig by ons gaan...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 13 Junie 2025

Week 10 van die kwartaal kom vandag tot ’n einde soos kwartaal twee se spreekwoordelike uurglas stadig maar seker uitloop. Die eksamens verloop nog klopdisselboom en kom volgende week op Woensdag, 18 Junie, tot ’n einde. Hierdie naweek sluit weereens ’n lekker meevallertjie van ’n langnaweek in met ’n publieke vakansiedag, naamlik Jeugdag, wat op Maandag, 16 Junie, landwyd gevier word. Jeugdag word jaarliks in ons land op 16 Junie gevier ter nagedagtenis aan die 1976-opstande deur leerders wat hoofsaaklik in Soweto plaasgevind het. Die regering van daardie tyd het slegs Engels en Afrikaans as onderrigtale aanvaar en geen etniese tale is in skole vir onderrig toegelaat nie. Tragies het die gebeure tot die sterftes van meer as 600 leerders tydens die opstande gelei wat landwyd uitgebreek het toe die polisie op die betogende jeugdiges losgebrand het om hulle in toom te hou. Vandag kan ons jeug die voorregte geniet wat deur die jeugdiges in 1976 die weg begin baan het. Mag die tragiese gebeure en diskriminasie nooit weer in ons land herhaal word nie. Vanaf Maandag, 9 Junie, het die interim buitemuurse sportprogram in skooltyd afgeskop. Dit vind daagliks net na die aflê van die eksamensessie plaas. Die doel om nog steeds met sportoefeninge tydens die eksamentyd voort te gaan, is tweeledig: Eerstens, die leerders geniet dit terdeë om direk ná ’n lang eksamensessie uit die klas te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 06 Junie 2025

Tyd staan beslis vir niemand stil nie, aangesien nóg ’n nuwe maand skielik sy verskyning op die kalender gemaak het. Die eerste semester van die jaar staan einde se kant toe, met die eksamen wat voor die deur staan en ’n welverdiende wintervakansie wat op ons wag. Die eksamens vir die graad 7’s het op Dinsdag, 3 Junie, met Wiskunde afgeskop. Die eksamenmoraal is goed, leerders is gemotiveerd en die eksamenprogram verloop klopdisselboom. Vandag begin die eksamens ook vir die graad 4- tot 6-leerders en dit eindig vir almal op Woensdag, 18 Junie. Die assesserings vir die graad 1- tot 3-leerders is ook die afgelope week afgehandel. Ek glo die grondslagfase-leerders is verlig en kan nou skaars wag vir die lekker wintervakansie. Graag wil ek die grondslagfasepersoneel komplimenteer en bedank vir hul toewyding — dat hulle selfs voor en ná die assesseringsessies hul leerders buitentoe geneem het om eers bietjie rond te hardloop en speletjies (soos leer om te huppel, kruiwastoot, ens.) in die vierkant te speel. Hierdie speletjies het beslis gehelp om die assesseringsangs te verlig. Die kinders het dit baie geniet en was sommer lekker jolig, wat gehelp het om die assesserings stresloos af te lê. Moderering van die grondslagfase se antwoordstelle geskied tans, voordat die finale punte vir die rapporte gefinaliseer word. Sportdae en –wedstryde vir die intersen-leerders (graad 4 – 7) vir hierdie kwartaal het...

Lees Verder

WOW-Spelfees 2025

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-Spelfees ten toon kan stel. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar. Die leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om al deur die woorde te begin gaan. Hierdie leerders sal dan in die eerste week van volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg. Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan verandering): Distrikskompetisie: 22 Augustus 2025 Provinsiale rondte: 13 September 2025 Nasionale rondte:  11 Oktober 2025   Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen...

Lees Verder

Uitneem van boeke

Liewe Ouers Ons wil julle graag laat weet dat ons volgende week ‘n voorraadopname van al die boeke in die Mediasentrum gaan doen. Daarom sal leerders van hierdie week af ongelukkig nie meer boeke mag uitneem nie. Leerders is steeds welkom om die Mediasentrum te besoek en boeke daar te lees. Die uitneem van boeke sal weer beskikbaar wees vanaf die begin van die volgende kwartaal. Baie dankie vir julle begrip en samewerking. Vriendelike groete Juf. Marecia van...

Lees Verder

Karri stel ‘n kaart vir kinders bekend

 Dear Parents 

We are very pleased to introduce you to the Karri Card. 

A Mastercard for students 

The Karri Card is an innovative and secure way for parents to manage their child’s spending. Children get their name on a bank card and parents get peace of mind through transaction information and controls.  

Parents can top-up instantly, block lost cards, reset forgotten PINs and receive spending alerts in real time. Students can pay at South African merchants that accept Mastercard – perfect for purchases at school and beyond!  

Lees Verder

Bella presteer in gimnastiek

Bella Malan (Graad 5) het op Saterdag, 31 Mei, aan die Kaapse Gimnastiek-distrikskompetisie deelgeneem en ‘n silwermedalje verower. Sy is ook gekies om die distrikspan te verteenwoordig by die WP-byeenkoms, wat van 26 tot 29 Junie in Saldanha plaasvind. Baie geluk,...

Lees Verder

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Solosang Uitslae

Die musiekleerders het uitsonderlik presteer in die Solosang-afdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat deelgeneem het. Baie geluk aan almal wat hulself met soveel selfvertroue en grasie voor ’n gehoor en mede-deelnemers gehandhaaf het. Baie, baie geluk aan elkeen van julle – ons is werklik trots! Prestasies: Jean Jacques Rossouw – Hoogste Lof Noa Rademan – Hoogste Lof Christina du Toit – Lof Dirkie van Eeden – Eervolle Vermelding Kitty Partner – Goue Diploma (Onderskeiding) Coreen Scholtz – 3× Goue Diploma (Onderskeiding) Pieter Rademeyer – Hoogste Lof, 2× Lof Alida Loubser – Hoogste Lof Rupert Janse van Rensburg – Goue Diploma (Onderskeiding) Ella van der Walt – Eervolle Vermelding Antjie Samuel – 2× Hoogste Lof, Goue Diploma (Onderskeiding) Abigail Fourie – 2× Hoogste Lof, Goue Diploma (Onderskeiding) Baie dankie aan Mnr. Ben en Mnr. Pieter vir julle uitstekende begeleiding en voorbereiding van die leerders. Ons waardeer opreg julle tyd, toewyding en...

Lees Verder

Kwartaal 2 ISF Musiekkonsert: Donderdag, 19 Junie 2025

Dit is weer tyd vir ’n musiekkonsert! Van ons leerders het die afgelope kwartaal hard gewerk aan hul musiektalente – en wat is beter as ’n konsert om hul musiek saam met hulle te geniet? Ons seniorkoor, strykensemble en marimbagroep tree ook by hierdie geleentheid op. Datum: Donderdagaand, 19 Junie 2025 Tyd: 17:30 Plek: Skoolsaal Ons nooi almal hartlik uit om saam met ons te kom luister na die leerders se mooiste musiek! Wyn sal ook voor die tyd te koop wees. Groete, Rolene van...

Lees Verder

Vadersdag Geskenkpakkies

Bederf Pa met iets spesiaals hierdie Vadersdag! Koop ’n geskenkpakkie vir net R60 op Karri. Moenie dit misloop nie – wys jou waardering met ’n lekker bederf! ???? Ter ondersteuning van ons...

Lees Verder

Elliott skaats tot in WP-span

Elliott Coetzee is gekies vir die o.12 Westelike Provinsie Yshokkie-ontwikkelingspan vir die interprovinsiale toernooi in die Julie-vakansie. Sy het eers in Januarie vanjaar met yshokkie begin! Wow, Elliott! Dit is ’n uitsonderlike prestasie – wel...

Lees Verder

Jacques Theron presteer in “fencing”

Jacques het die afgelope naweek n goue medalje verower by die FWC II skermkuns (fencing) kompetisie in Kaapstad. Hy was die enigste o.12 seun en moes deelneem teen o.17 seuns wat baie groter en meer ervare was as hy. Ons is baie trots op hom dat hy nie geskroom het om teen die ouer seuns te skerm nie, tenspyte van hoe intimiderend dit moes wees. Hy het goeie punte asngeteken en is toe beloon met n medalje deur die organiseerders as “Beste o12.” Wel gedaan Jacques! Ons is baie trots op...

Lees Verder