Skrywer: Lucia

Prysuitdeling: Doen aansoek vir toekennings

Gr. 4 – 7-leerders het die geleentheid om aansoek toe doen vir ‘n sport-, kultuur-, of algemene veelsydigheidsprys (gr. 6 en 7) by die prysuitdeling. Belangstellende leerders het vandag ‘n vorm ontvang wat voor of op Vrydag, 25 November, by juf. Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) ingehandig moet word. Alle bewyse van provinsiale kleure of enige ander prestasies moet die vorm vergesel. Kliek HIER vir die...

Lees Verder

Radikale Redenaars

Karu Rademeyer het die afgelope naweek aan die Radikale Redenaars se nasionale kompetisie in Boksburg deelgeneem. Sy is as die wenner in die Engelse afdeling aangewys en het ‘n tweede plek in die Afrikaanse afdeling losgeslaan! Wat ‘n fenomenale prestasie! Ons is baie trots op jou,...

Lees Verder

Hoërskool Jan van Riebeeck Einstein 6

Ses van ons graad sesse het Dinsdag aan Hoërskool Jan van Riebeeck se heel eerste Einstein 6-kompetisie deelgeneem. Die groepie moes allerhande uitdagings aanpak wat wiskunde, teater, musiek, biologie en chemie ingesluit het. Hulle het omtrent pret gehad en is boonop as die wenskool gekroon. Dankie aan Stella Lamprecht, Gemma de Vries, Lida-Mari Bosman, Liza Hertzog, Jan-Willem Silvis en Katia van Wyk wat puik ambassadeurs vir ons skool was. Geluk ook aan Hoërskool Jan van Riebeeck met hierdie indrukwekkende...

Lees Verder

Eisteddfod Prestige-aand

Ons is so trots op 13 van ons leerders wat die afgelope Vrydag (14 Okt.) by die Eisteddfod se Prestige-aand medaljes ontvang het. Ons salueer julle vir jul harde werk en opoffering! Jan van Riebeeck het, soos gewoonlik, kop en skouers bo die res...

Lees Verder

WKOD-skryfkompetisie

Een-en-twintig van ons talentvolle gr.4-7-skrywers het onlangs aan die WKOD se skryfkompetisie deelgeneem. Die leerders moes die boek aanlyn op die kindervriendelike “Book Creator”-toep skryf. Ons is weereens herinner hoe kreatief en innoverend ons kinders is! Elf van die leerders kon Saterdag die prysuitdeling by Laerskool Turfhall bywoon en Laerskool Jan van Riebeeck het ‘n allemintige VEERTIEN pryse opgeraap! Baie geluk aan die volgende leerders: Gr.4 AFRIKAANS Goud: Susie Samuels Brons: Sabine Barnard Gr.5 AFRIKAANS Goud: Jeanne Koen Silwer: Karu Rademeyer ENGELS HUISTAAL Goud: Leah de Kock Gr.6 AFRIKAANS Goud: Karlien van der Walt Silwer: Lida-Mari Bosman Brons: Neil Heyns ENGELS HUISTAAL Silwer: Mieke Nel Brons: Katia van Wyk Gr.7 AFRIKAANS Goud: Lara Warren Silwer: Luja Marx Brons: Cara Swanepoel ENGELS HUISTAAL Goud: Helene...

Lees Verder

Eisteddfod: Kreatiewe Skryfwerk

Een-en-dertig van ons gr. 4-7-leerders het aan die einde van verlede kwartaal aan die Kaapse Eisteddfod se skryfafdeling deelgeneem. Die leerders kon kies of hulle ‘n gedig of prosastuk wou skryf. Die Jannies het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en puik uitslae opgelewer. Volgende jaar maak ons weer so! Baie geluk aan die volgende leerders wat  EERVOLLE VERMELDING/VERMELDING ontvang het: Gr.4: Stella Pansegrouw Gr.6: Sophia Fourie, Emma Jonker, Emma van Biljon, Crystal Conradie, Zuletha Ferreira, Pierre-Jaque Smit, Marais Groenewald, Mieke Nel, Lisa van As en Annabel Potgieter Gr.7: Susan Burger Baie geluk aan die volgende leerders wat LOF (80-89%) behaal het: Gr.4: Sabine Barnard, Annalene VIljoen, Susie Samuels en Sarah Roff  Gr.5: Karu Rademeyer, Isabella Marais, Leah de Kock en Ano Marx  Gr.6: Zadie Loubser en Neil Heyns Gr.7: Lara Warren, Kate Mouton, Anna Dawes, Albert Griesel, Cara Swanepoel en Luja Marx Drie van ons leerders het HOOGSTE LOF (90%+) behaal! Daar wag groot dinge op julle drie! Baie geluk! Gr.4: Katryn Silvis (91%) Gr.5: Jeanne Koen (90%) Gr.7: Adele Holtzhausen...

Lees Verder

Jannies vir Jesus: Elke Woensdagoggend van die kwartaal

Jannies vir Jesus sal slegs vir hierdie kwartaal elke Woensdagoggend om 07:15 – 07:45 in die saal plaasvind. Alle gr. 1-7-leerders is welkom om dit by te woon! Daar is reeds 60-80 leerders wat entoesiasties deelneem en die terugvoer is ongelooflik positief. Baie dankie aan ds Marietjie Steyn van die Groote Kerk wat dit lei en so ‘n groot verskil in ons Jannies se lewens...

Lees Verder

Jannies vir Jesus: Begin Donderdag, 10 Maart

Na amper twee jaar van inperkings gaan ons weer Jannies vir Jesus hervat! Hierdie projek is in 2019 geloods om ons Jannies die geleentheid te gee om hul geloof uit te leef. Vrywillige Jannies het lekker saam gesing en na ‘n kort boodskap geluister. Ons is baie opgewonde dat die Groote Kerk ook hierdie jaar betrokke gaan raak. Ds Marietjie Steyn of hul jeugwerker (wat binnekort aangestel word) of ‘n onderwyser sal die boodskap behartig. Ons beoog ook om ons gr.7’s en entoesiastiese kitaarspelers by die aanbieding te betrek. Ons nooi alle gr.1-7-leerders en hulle ouers uit om betrokke te raak! Wanneer? Elke Donderdagoggend (Begin 10 Maart) Waar? Skoolsaal Tyd? 07:15 – 07:40 Rig alle navrae...

Lees Verder

Simon van Dyk slaan prys los!

Ons het vroeër die jaar berig oor Simon van Dyk wat ‘n derde prys in Storiewerf se skryfkompetisie losgeslaan het. Lees gerus sy storie wat tans op Storiewerf se webwerf verskyn. Ons is ongelooflik trots op jou, Simon! Storiewerf: Rooi oë in die...

Lees Verder

Oud-leerders skitter

Ons is baie trots op ons oud-leerders, Lené Vorster (tweede van links) en Obed Bam (regs), wat as hoofleiers van Hoërskool Jan van Riebeeck aangewys is. Lené is as hoofdogter en Obed as onderhoofseun gekies. Sterkte met die groot taak, julle...

Lees Verder

Oud-leerders

‘n Allemintige vier van ons oud-leerders is verkies tot Wilgenhof (US) se HK van 2022! V.l.n.r. Patrick Kilbourn, Thomas Winter, Emil van der Walt en Theodore Pauw. Julle maak ons trots, Manne!

Lees Verder

Hoërskoolnuus

Ons is baie trots op ons oud-leerders, Sima en Daniël, wat verlede week as mnr. en mej. Hoërskool Jan van Riebeeck gekroon is!

Lees Verder

Simon verower ‘n derde plek in skryfkompetisie

Simon van Dyk (gr.6) het aan Storiewerf se skryfkompetisie deelgeneem. Sy storie, “Rooi oë in die nag”, het ‘n derde plek in die laerskool-kategorie losgeslaan. Boonop het hy R500 prysgeld gewen. Sy storie verskyn binnekort op Storiewerf se webtuiste. Simon toon ongelooflike potensiaal as skrywer en ons harte bars van trots! Lees gerus HIER meer oor die...

Lees Verder

ATKV Redenaars 2021

Die ATKV-redenaarskompetisie het hierdie jaar aanlyn plaasgevind. Elke leerder moes ‘n video van hulle toespraak vir beoordeling stuur. Na maande se gewag en tandekners is die uitslae uiteindelik hierdie week bekendgemaak. Ons het ‘n allemintige drie leerders in die Top 10 van die Wes-Kaap in die gr.4 & 5 groep en twee leerders in die gr.6 & 7 groep! Ons deel met trots die uitslae: Gr. 4 – 5 (Huistaal) Karu Rademeyer (Gr. 4) – 2de plek in die Wes-Kaap , 29ste plek in die Nasionale Top 100. Emma Snjiders (Gr. 4) – 6de plek in die Wes-Kaap Annabel Potgieter (Gr. 5) – 9de plek in die Wes-Kaap Gr. 6 – 7 (Huistaal) Mieke Hertzog (Gr. 7) – 5de plek in die Wes-Kaap , 37ste plek in die Nasionale Top 100 Carla Snjiders (Gr.7) – 10de plek in die Wes-Kaap , 69ste plek in die Nasionale Top 100 Baie geluk met jul besonderse prestasies! Ons harte bars van trots. Baie dankie ook aan juf. Andri Baird wat hierdie groep redenaars so uitstekend gelei en bygestaan...

Lees Verder

Assesserings

Leerders wat assesserings mis tydens die eksamen a.g.v. siekte of isolasie: Let daarop dat volgens die WKOD se voorskrifte geen assessering tuis afgelê mag word nie. Indien ‘n leerder tydens die eksamen ‘n assessering mis, sal elke geval afsonderlik hanteer word. Die ideaal is dat die leerder die assessering wat hy/sy gemis het, inhaal tydens die tweede sessie (na eerste pouse) sodra hy/sy terug...

Lees Verder

Gedigte

Die graad sesse se digkuns is ongelooflik! Met trots deel ons hierdie week een van ons leerders se gedigte: Boelie Boelie is ‘n erge sonde, dit is erger as rook, skinder of vloek! Hul is aaklig met hul monde, boelies is die laaste ding wat ons soek! Wat hulle doen, maak mens seer, hulle mond is ‘n erge geweer! Dit lyk dalk asof die slagoffer saamlag, maar in realiteit ruïneer dit sy dag! Wat hulle doen, is mense seermaak, dis sonder ‘n mes! Dit is ‘n erge saak as jy iemand se lus vir die lewe les! deur Daniël...

Lees Verder

Roei op die Oranjerivier in Graad 7 (6 – 11 April 2021)

1. Ons vertrek vanaf die skool om 06:00, Dinsdag, 6 April 2021 en sal weer Sondag, 11 April 2021 terug wees. 2. Slegs die Gr.7’s van 2021 en een ouer/voog word toegelaat. Elke leerder moet saam met ‘n volwassene roei. 3. Vul die VORM VOOR 21 Oktober 2020 in. 4. Betaal ‘n deposito van R1,000 voor 31 Oktober 2020 in die skool se rekening (verwysing: OR en jou kind se naam, bv. OR JOHANN LOUBSER). 5. Paspoorte moet tot NOVEMBER 2021 geldig wees. Onverkorte (“unabridged”) geboortesertifikate van kinders word vereis. 6. Vir meer inligting of navrae, verwys na die brief aan die Graad 6-ouers hieroor of stuur gerus ‘n e-pos aan Cobus Loubser (cobusloubser1@gmail.com). Om die bemarkingsvideo te kyk wat Wim Vorster van die 2019 toer gemaak het, kliek...

Lees Verder

Chiara Roodt in “Projek Dina”

Ons is baie trots op een van ons Gr.6-dogters wat ‘n prominente rol in “Projek Dina” speel wat tans op KykNet uitgesaai word. Doen jouself ‘n guns en kyk die vorige paar episodes op “Catch Up”. Die reeks trek reeds by episode 8 en daar is 15 episodes. Die reeks het ongelukkig ‘n ouderdomsbeperking van 16 en is dus nie geskik vir laerskoolleerders nie. Twee van ons oudleerders, Anna en Maria Joubert, wat tans in Gr.8 in Hoërskool Jan van Riebeeck is, is ook te sien in van die...

Lees Verder