Skrywer: Lucia

Jannies vir Jesus

Baie dankie aan al die Jannies, onderwysers en ouers wat vanoggend se eerste samekoms bygewoon het! Die kinders se terugvoer was ongelooflik positief! Ons herinner julle dat almal welkom is. Ons ontmoet elke Donderdagoggend van 07:00 tot 07:40 in die saal. Die kinders kan aansluit soos hulle...

Lees Verder

Verlore goedere – Nuwe stelsel

Baie dankie aan Herculine Becker wat haar hand opgesteek het om te help met “Verlore Goedere”! Sy het beslis helpers nodig… Kontak asb. vir Lucia de Jager (lucia@jvrprim.co.za) as jy bereid is om te help. Dit behels twee oggende per week. Die nuwe stelsel gaan as volg werk: Die gemerkte items sal soos gewoonlik tydens Woensdae en Donderdae se registerperiodes deur die graad sesse aan hulle eienaars terugbesorg word. Ongemerkte items word genommer en besonderhede daarvan sal weekliks op ‘n Google Sheet opdateer word. Volg gerus die SKAKEL om te kyk of daar iets is wat aan jou spruit behoort. Items wat deur ‘n ouer opgeëis word, sal Woensdae en Donderdae oggende aan die betrokke leerders terugbesorg word. Waar moontlik sal die items eers gemerk word. Items word vir 4 weke op die bladsy gehou waarna dit heraangewend sal word. Moet asseblief nie in die regterkantse verlore goedere kas grawe nie. Alles wat in daardie kas is, is te sien by die skakel hierbo. Merk asb. items met jou kind se NAAM en VAN. Anders is dit regtig moeilik om die eienaar te...

Lees Verder

Verlore Goedere

Onthou asb. die volgende: 1) Gemerkte verlore items word terugbesorg in die eienaar se hand! Die graad sesse behartig hierdie reuse taak. 2) Ongemerkte items word in die wit kas skuins oorkant die biblioteek geplaas. Moet asb. nie in hierdie kas grawe vir gemerkte items nie! Dit is ‘n reuse taak om hierdie kas netjies te...

Lees Verder

Jannies vir Jesus

‘n Groep onderwysers nooi al die Jannies uit om deel te wees van ons splinternuwe klub: “Jannies vir Jesus”. Ons gaan begin deur elke Donderdagoggend van 07:00 af saam te sing in die saal. Belangstellendes is welkom om aan te sluit sodra hulle by die skool arriveer. Enige ouer wat betrokke wil raak, kan vir juf. Lucia de Jager ‘n e-pos stuur:...

Lees Verder

Wow-spelkompetisie-Finaal

Mieke Hertzog is reeds die beste graad 4-speller in die Wes-Kaap! Sy neem Saterdag aan die nasionale kompetisie deel waar sy teen al die ander streke se kampioene gaan kompeteer. Dit is ’n senutergende affêre. Sterkte,...

Lees Verder

WOW-Spelkompetisie

Veertig van ons leerders het Saterdag aan die provinsiale ronde van die WOW-spelkompetisie deelgeneem. Ons leerders het hulle goed van hul taak gekwyt en baie goed gevaar. Mieke Hertzog (Gr.4) het ‘n goue medalje verower en is dus die beste Gr.4-speller in die Wes-Kaap! Sy neem op 20 Oktober aan die nasionale kompetisie deel. Baie geluk,...

Lees Verder

Verlore goedere

Ons herinner graag almal aan die “Verlore Goedere Sisteem” by ons skool. 1) Verlore goedere word in die kratte by die trappe by die grondslagfase se badkamers geplaas. 2) Die gr.6-leerders sorteer weekliks hierdie goedere en gemerkte items word by die eienaar se klas afgelewer. 3) Die ongemerkte items word in die wit kas skuins voor die biblioteek gepak. 4) Kwartaalliks word hierdie kas uitgepak en items word aan behoeftige leerders of organisasies geskenk. Spaar julself baie moeite en onkoste deur jul kinders se items duidelik te merk met hul naam en van. L. de...

Lees Verder

Wow-Spelkompetisie

Baie geluk aan die volgende leerders wat deurgedring het na die volgende ronde van die Wow-Spelkompetisie. Hulle neem Saterdag, 8 September, deel aan die Provinsiale Kompetisie by die Universiteit van Stellenbosch. Sterkte, Jannies! Gr.1 Gr.2 Gr.3 Gr.4 Gr.5 Gr.6 Gr.7 Goud – Isabella Marais Goud – Liza Hertzog Goud – Albert Griesel Goud – Mia Symington Goud – Stella Malan Goud – Peet Karsten Goud – Arwen Weich Silwer – Hila Hertzog Silwer – Karlien van der Walt Silwer – Cara Swanepoel Silwer – Mieke Hertzog Silwer – Jana Brink Silwer – Bernard Lombaard Silwer – Benjamin Pienaar Brons -Willem Vorster Brons – Lida-Mari Bosman Brons – Markus de Ridder Brons – Luca Zulch Brons – Armand Meyer Brons – Annie Basson Brons – James Loubser Finalis – Ruben Eksteen Finalis – Tommo Kruger Finalis – Lara Basson Finalis – Chiara Roodt Finalis – Keegan Schoeman Finalis – Alet Hitge Finalis-Chris...

Lees Verder

AfriKan Skryfkompetisie

Die skool het verlede jaar ‘n paar leerders ingeskryf vir die Metropool-Sentraal AfriKan Skryfkompetisie. Die uitslae het ons uiteindelik bereik! Ons is trots op ons Jannies wat so kreatief kan skryf. Baie geluk aan die volgende wenners: Gr.4 (huidige Gr.5’s) Eerste plek – Kiaan Eksteen Tweede plek – Stella Malan Derde plek – Ben Terblanche Gr.5 (huidige Gr.6’e) Eerste plek – Alet Hitge Tweede plek – Bernard Lombaard Gr.6 (huidge Gr.7’s) Eerste plek – Stef Mostert Tweede plek – Anna Kannemeyer Derde plek – Lili...

Lees Verder

WOW Spelkompetisie

Baie geluk aan die volgende leerders wat tydens ons interne spelkompetisie die Top 6 in hul graad gehaal het. Hulle sal Vrydag, 24 Augustus ons skool verteenwoordig by die eerste ronde van die Wow Spelkompetisie. Die volledige lys woorde moet geleer word vir hierdie ronde. Die leerders het reeds briewe ontvang. Die volgende twee datums, indien hulle sou deurdring, is 8 September en 20 Oktober. (Geluk ook aan Isabelle, Annabel, Lili en Bernard wat gekwalifiseer het, maar ongelukkig nie kan deelneem nie a.g.v. die George-toer)...

Lees Verder

Verlore goedere

Die graad 6’e sorteer twee keer per week die verlore goedere en lewer die gemerkte besittings by klasse af. Ongemerkte items word in die kas voor die biblioteek gestoor. So asseblief Jannies, merk julle klere, skoene en...

Lees Verder