Skrywer: Lucia

Ons is trots op ons taal

Dit het onder ons aandag gekom dat ons kinders al hoe minder Afrikaans as geselstaal gebruik. Dit het ‘n negatiewe impak op ons kinders se algemene vaardighede in Afrikaans. Ek het ‘n bietjie onder die kinders gaan navorsing doen hoekom hulle liewer Engels praat en hul redes het my verbaas. Tydens hierdie week se saalbyeenkoms het ek die twee hoofredes mét my teenargumente met hulle bespreek. Dit is ongelooflik dat verskeie kinders vir my gesê het: “Juffrou, dit pla my ook!” 1) “Dit is cool om Engels te praat!” (Vir ingeval jy wonder, “cool” is in die HAT) Twintig persent van die wêreld se populasie kan Engels verstaan terwyl minder as een persent Afrikaans kan verstaan. So wat ís nou die “coolste” taal? Beslis Afrikaans! 2) “My maat verstaan beter Engels, so ek help hom/haar.” Jou maat is in ‘n Afrikaanse skool waar al die assesserings (behalwe Engels) in Afrikaans afgelê word. Indien jy dus jou maat wil help, help hom/haar om sy/haar Afrikaans te verbeter deur suiwer Afrikaans te praat. Die graad sesse het blink planne en beoog om speel-speel ander tale op ons speelgrond te beperk. In die proses gaan hulle sommer die Jannies se taalkennis uitbrei! Die eerste plan is om idiome uit te deel. Indien hulle hoor iemand praat ‘n ander taal, gaan hulle vir die persoon/groep ‘n idioom gee. Vir die gr.1-2 leerders gaan...

Lees Verder

Hoërskool Tutors

Slegs enkele ouers het reageer op verlede week se plasing: Ons het verlede jaar met ‘n program begin waar leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck ons leerders bystaan met huiswerk. Die klasse is oop vir enige Gr.5-7 leerders wat daarby baat sal vind en is gratis. Die klasse sal op ‘n Woensdagmiddag direk na skool (14:20-15:10) plaasvind. Stuur asb. vir Lucia de Jager lucia@jvrprim.co.za ‘n e-pos indien jy graag jou kind wil inskryf. Gryp die geleentheid...

Lees Verder

Hoërskool Tutors

Ons het verlede jaar met ‘n program begin waar leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck ons leerders bystaan met huiswerk. Die klasse is oop vir enige Gr.5-7 leerder wat daarby baat sal vind en is gratis. Die klasse sal op ‘n Woensdagmiddag direk na skool (14:15-15:15) plaasvind. Stuur asb. vir Lucia de Jager lucia@jvrprim.co.za ‘n e-pos indien jy graag jou kind wil inskryf. Verdere reëlings sal getref word sodra ons weet hoeveel kinders en tutors daar sal wees. Gryp die geleentheid...

Lees Verder

Sistemiese Toetse 2019

Sistemiese Uitslae van 2019 Gr.3 Wiskunde Die Graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 100% in 2018 na 97,4 in 2019. Die gemiddelde persentasie het gestyg van 84.1 na 88,8. Areas waarin die groep goed gevaar het was grafieke, rangskikking van getalle in volgorde, datahantering, afronding en verdubbeling, tel vorentoe en agtertoe, vergelyk van heelgetalle, getalpatrone, deel wat tot breuke lei, woordsomme met vermenigvuldiging, geld: koste en berekening, woordsomme met optelling. Areas wat aandag benodig is: Analoogtyd, breuke en desimale getalle, staafgrafieke, meting: omtrek en volume, woordsomme van massa, lengte, kapasiteit en deling, aftrekking, 2D en 3D vorms. Gr.3 Afrikaans Die Graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 92, 4% in 2018 na 92, 1% in 2019. Die gemiddelde persentasie het gestyg van 74,7% in 2018 na 74,8% in 2019. Areas waarin die groep goed gevaar het: goeie antwoorde wat toepaslik en duidelik was en hul beredeneringsvermoë. Gr.6 Wiskunde Die graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 93,7% tot 91,4%. Die gemiddelde persentasie het gedaal van 81,8 tot 74,1%. Areas waarin die groep goed gevaar het: vloeidiagramme, omskakeling van eenhede, persentasie, optel van vyf-syfer getalle, meetkundige patrone en die lees van data. Areas wat aandag benodig: afronding, stel ‘n getal uit sy dekonstruksie saam, meting, verhouding en eweredigheid, aftrek van breuke en desimale getalle, berekening van ‘n persentasie, aftrek van heelgetalle in konteks en die berekening van tyd. Gr.6 Afrikaans Die graadgroep...

Lees Verder

Skool kom vroeër uit – 6 Februarie

Donderdag, 6 Februarie gaan 68 van ons atlete aan die Interskole Atletiekbyeenkoms deelneem. Heelwat (11) van ons onderwysers gaan as beamptes optree. Dit is ‘n normale skooldag vir die res van die leerders, behalwe dat die skool 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 sal sluit.Die bus sal dan ook om 13:20 vertrek en geen ander skool-buitemuurse aktiwiteite sal op hierdie dag wees...

Lees Verder

Jannies vir Jesus

Ons herinner alle Jannies aan “Jannies vir Jesus” wat elke Donderdagoggend 7:15 – 7:45 in die saal plaasvind. Ons sing lekker saam en dan deel een van die betrokke onderwysers ‘n kort boodskap. Almal is...

Lees Verder

Jannies vir Jesus

Ons herinner alle Jannies aan “Jannies vir Jesus” wat elke Donderdagoggend 7:15 – 7:45 in die saal plaasvind. Ons sing lekker saam en dan deel een van die betrokke onderwysers ‘n kort boodskap. Almal is...

Lees Verder

Verlore goedere

Verlore goedere word gestoor in die kratte by die trappe voor die grondslagfase se badkamers. Hierdie kratte word weekliks sorteer. Ongemerkte sivvies word in die kas (regs) voor die biblioteek gestoor. Ongemerkte skoolklere word na ‘n week klerebank toe gestuur. Besoek dus die klerebank indien jou kind iets verloor het wat nie gemerk was nie. Onthou dat gemerkte verlore items deur die gr.6’e by leerders se registerklasse afgelewer word. Merk dus alle...

Lees Verder

Ouers op skoolgrond tydens skoolure

Een van die klein jakkalsies wat weer begin kop uitsteek is ouers wat gedurende die skooldag op die terrein, in die gange en selfs in die klasse is. Onthou asb. die volgende reëls wat vir sekuriteits-, dissipline- en akademiese redes daar gestel is: 1) Geen ouer mag sonder ‘n afspraak by ‘n klas opdaag nie. Dit onderbreek akademiese tyd en plaas die onderwyser in ‘n baie moeilike posisie. 2) Alle leerders moet tydens skoolure by ontvangs uitgeteken word voor hulle mag huis toe gaan vir een of ander rede. Daar moet altyd eers by ontvangs aangemeld word voor ‘n ouer na ‘n klas toe kan gaan. 3) Die registeronderwyser moet eers toestemming gee voordat ‘n ouer gebel word om ‘n kind te kom haal a.g.v. siekte. 4) Geen ouer mag hul kind tydens pouses kom haal sonder om die kind uit te teken by die kantoor nie. 5) Ouers moet liefs nie tydens skoolure kontak met ander kinders hê sonder dat ‘n onderwyser teenwoordig is nie. 6) Kinders moet so vroeg moontlik leer dat hulle self verantwoordelikheid moet dra as hulle iets by die huis vergeet het. Dit is ‘n belangrike vaardigheid om self probleme op te los. Ons vra julle samewerking in die...

Lees Verder

Wow-spelkompetisie

Katryn Silvis (Gr.1 O ) het Saterdag die silwer medalje losgeslaan by die nasionale ronde van die Wow-spelkompetisie! Sy is dus die tweede beste Gr.1-speller in Suid-Afrika!!Dit was ‘n naelbytstryd tussen haar en die wenner. Hulle moes vir ure konsentrasie behou en hardop klank. Katryn, ons is voorwaar trots op...

Lees Verder

Wow-spelkompetisie

Katryn Silvis, ons gr.1-spelkampioen, neem die naweek aan die nasionale ronde van die Wow-spelkompetisie deel in Stellenbosch. Wys hulle waar Dawid die wortels gegrawe het, Katryn. Ons hou duimvas!

Lees Verder

Sistemiese Toetse

Die Gr.3 en Gr.6-leerders skryf volgende Woensdag, 9 Oktober, sistemiese toetse. Die WKOD kom in en hanteer die toetse. Dit is ‘n gewone skooldag vir die leerders, maar hulle mag nie met sportklere skool toe kom nie. Hulle gaan twee vraestelle skryf (Afrikaans en Wiskunde), so dit sal goed wees as hulle uitgerus skool toe kom. Geen voorbereiding is nodig...

Lees Verder

Wow-spelkompetisie

Katryn Silvis (Gr.1) en Jana Brink (Gr.6) het Saterdag aan die Wow-spelkompetisie se provinsiale rondte deelgeneem. Die kompetisie was straf, maar hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Jana het sesde geëindig en Katryn vierde! Katryn dring dus deur na die nasionale kompetisie wat Saterdag, 19 Oktober in Stellenbosch plaasvind. Lekker verder spel, Katryn! Ons is baie trots op...

Lees Verder

Wow-spelkompetisie

Jana Brink (Gr.6) en Katryn Silvis (Gr.1) neem eerskomende Saterdag aan die provinsiale rondte van die Wow-spelkompetisie by die Universiteit van Stellenbosch deel. Ons hou al ons duime vas, Jana en Katryn!

Lees Verder

Wow-spelkompetisie

Een-en-twintig Jannies het Saterdag aan die distrikronde van die Wow-spelkompetisie by Delft Primêr deelgeneem. Die kompetisie was straf, maar ons spellers het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Baie geluk aan die volgende drie kinders wat gekwalifiseer het om Saterdag, 7 September, aan die provinsiale kompetisie in Stellenbosch deel te neem. Ons is baie trots op julle! Katryn Silvis (gr.1) slaan ‘n silwer medalje los! Mieke Hertzog (gr.5) eindig vierde. Jana Brink (gr.6) palm die goue medalje...

Lees Verder

Wow-spelkompetisie

Laerskool Jan van Riebeeck het Donderdag, 15 Augustus die eerste ronde van die Wow-spelkompetisie gehuisves. Baie geluk aan die Jannies wat een van die eerste ses plekke verower het. Hulle neem eerskomende Saterdag, 24 Augustus, aan die distrikkompetisie in Delft deel. Die uitslae was as...

Lees Verder

Verlore goedere

Ons doen weer ‘n beroep dat julle alle skoolklere moet merk. Indien ‘n verlore item gemerk is, word dit BY die kind se klas afgelewer deur die graad sesse. Die onderwysers gaan voortaan in die klas kontroleer of items gemerk is. Ons het regtig julle samewerking...

Lees Verder

Wow-Spelkompetisie

Ons neem hierdie jaar weer aan die Wow-Spelkompetisie deel. Binne die volgende twee weke gaan die beste spellers in elke graad gekies word om ons skool te verteenwoordig by die kringkompetisie. Die kinders moet die woorde kan skryf en klank. Die verkose kinders sal briewe ontvang met meer inligting. Die datums is as volg: Kringkompetisie -15 Augustus (by Laerskool Jan van Riebeeck) Distrikkompetisie – 24 AugustusProvinsiale Kompetisie – 7 September Nasionale Kompetisie – 19 Oktober Volg die skakel vir die spellyste en addisionele inligting oor die kompetisie. Lekker spel!...

Lees Verder

Wow-Spelkompetisie

Ons neem hierdie jaar weer aan die Wow-Spelkompetisie deel. Ons gr.6- en 7’s (slegs Eerste Addisionele Taal) gaan ook hierdie jaar vir die eerste keer aan die Engelse kompetisie deelneem. Binne die eerste twee weke van volgende kwartaal gaan die beste spellers in elke graad gekies word om ons skool te verteenwoordig by die kringkompetisie. Die kinders moet die woorde kan skryf en klank. Die datums is as volg: Kringkompetisie – 15 Augustus Distrikkompetisie – 24 Augustus Provinsiale Kompetisie – 7 September Nasionale Kompetisie – 19 Oktober Volg die skakel vir die SPELLYSTE EN ADDISIONELE INLIGTING oor die kompetisie. Lekker...

Lees Verder

Wow-Spelkompetisie

Ons neem hierdie jaar weer aan die Wow-Spelkompetisie deel. Ons gr.6- en 7’s (slegs Eerste Addisionele Taal) gaan ook hierdie jaar vir die eerste keer aan die Engelse kompetisie deelneem. Binne die eerste twee weke van volgende kwartaal gaan die beste spellers in elke graad gekies word om ons skool by die kringkompetisie te verteenwoordig. Die kinders moet die woorde kan skryf en klank. Die datums is as volg: Kringkompetisie -15 Augustus Distrikkompetisie – 24 Augustus Provinsiale Kompetisie – 7 September Nasionale Kompetisie – 19 Oktober Volg die SKAKEL vir die spellyste en addisionele inligting oor die kompetisie. Lekker...

Lees Verder