Skrywer: JvR Sport JvR Sport

GEEN Buitemuurs 1 en 2 Augustus

Daar sal geen buitemuurs op Maandag, 1 Augustus, en Dinsdag, 2 Augustus, as gevolg van die ouerbesoeke wat beide middae plaasvind, aangebied word nie. Daar vind wel wedstryde gedurende daardie week plaas.  Wees asb. op die uitkyk vir die inligting. Skooltye vir Maandag en Dinsdag: Gr.1-3:  12:45 Gr.4-7:  13:00 Bus vertrek 13:05...

Lees Verder

Landloop Bishops: 29 Julie

Die tweede wedloop vir die seisoen vind Vrydag, 29 Julie, plaas. Dit word deur Bishops en WPPS aangebied. Sien die onderstaande inligting en voltooi asb. die vorm indien jou kind/ers wil deelneem. PLEK: Lutgensvale Field VERTREKTYD: 14:00 TERUG BY SKOOL: ±17:15 SPORTDRAG: • Oranje hempie (dogters geen moue, seuns met moue) en vlootblou kortbroek • Skoolsweetpak (gemerk) • Tekkies met wit sokkies • Plakker met naam en ouderdom (ontvang by die skool, onderwyser sal aan deelnemers uitdeel by wedloop) PROGRAM 14:45 Verwelkoming 15:00 o.7 Seuns 1km 15:04 o.7 Dogters 1km 15:10 o.8 Seuns 1km 15:14 o.8 Dogters 1km 15:20 o.9 Seuns 2km 15:24 o.9 Dogters 2km 15:30 o.10 Seuns 2km 15:34 o.10 Dogters 2km 15:40 o.11 Seuns 3km 15:44 o.11 Dogters 3km 15:50 o.12 Seuns 3km 15:54 o.12 Dogters 3km 15:58 o.13 Dogters 3km 16:02 o.13 Seuns 4km * Daar sal ‘n SNOEPIE beskikbaar wees. Volg die skakel vir die GOOGLE FORM. PADKAART en...

Lees Verder

Hokkiewedstryde Rallim: 28 Julie

Van ons spanne speel op Donderdag, 28 Julie, teen Rallim op hul astro velde. Die spanne (dogters o.10, o.12 en o.13; seuns o.12 en o.13) wat nie wedstryde speel nie gaan voort met oefening. Volg asb. die skakel vir die Google Form om aan te dui of jou kind/ers kan speel. SPANNE: Dogters: o.9 A; o.11 A Seuns: o.9 A; o.10 A; o.11 A PLEK: 9 Deerhurst Drive, Sunningdale VERTREKTYD:  13:45 (o.9 & o.10)   14:10 (o.11) TERUG BY SKOOL: ±16:30 WEDSTRYDE: Sien aangehegde program PROGRAM GOOGLE...

Lees Verder

Netbalwedstryde Table View: 27 Julie

Al ons spanne speel Woensdag, 27 Julie, teen Laerskool Table View TUIS. Sien asb. die onderstaande inligting en volg die skakel vir die Google Form om te sien of jou dogter deel van die span is. SPANNE: o.7 Akkedisse, Bokkies & Cheetas o.8 Akkedisse, Bokkies en Cheetas o.9 A, B & C ; o.10 A, B o.11 A, B & C (gekombineerde o.10 & o/11 spelers) o.12 A, B & C o.13 A, B & C PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE: Begin sodra die ander skool arriveer. PROGRAM GOOGLE...

Lees Verder

Netbal- en rugbytoernooi Robertson: 30 Julie

SPANNE: Rugby o.7 A & B; o.8 A & B; o.9 A; o.11 A & o.13 A Netbal o.7 Akkedisse & Bokkies; o.8 Akkedisse & Bokkies; o.9 A, B & C; o.10 A & B; o.11 A & B; o.12 A, B & C; o.13 A, B & C PLEK: Robertson, Laerskool Robertson WEDSTRYDE: Begin om 08:00 PROGRAM TOEGANG: R10 volwassenes en R5 kinders.  BUS VERTREK: 04:30 BUS TERUG: ± 17:00 BUS KOSTE: R 50 indien slegs eendag deelneem. R 80 indien op Vrydag en Saterdag deelneem *Betalings kan op die Karri-toep gedoen word in die nuwe kwartaal. SPORTDRAG: Rugby • Rugbytrui en bloubroek • Skoolsweetpak (gemerk) • Indien spelers ‘n sweetpak dra moet hulle tekkies dra Netbal • Netbalrompie en oranje JVR-hempie (sonder moue) • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Daar sal ‘n snoepie en ander stalletjies beskikbaar...

Lees Verder

Hokkietoernooi Robertson: 29 Julie

SPANNE: Hokkie: Seuns o.9 A ; o.10 A ; o.11 A; o.13 A en o.13 B (o.12 seuns) Hokkie: Dogters o.9 A ; o.10 A ; o.11 A; o.13 A PLEK: Robertson, Laerskool Robertson WEDSTRYDE: Begin om 14:00 PROGRAM TOEGANG: R10 volwassenes en R5 kinders.  BUS VERTREK: 10:30 BUS TERUG: ± 20:00 BUS KOSTE:    R 50 indien slegs eendag deelneem.                              R 80 indien op Vrydag en Saterdag deelneem *Betalings kan op die Karri-toep gedoen word. SPORTDRAG: Hokkie: Dogters • Blou skort en oranje JVR-hempie (geen moue) • Lang blou kouse met oranje streep (beskikbaar by klerebank) • Shin gaurds & mondskerm • Tekkies (GEEN sokker toks) • Skoolsweetpak (gemerk) Hokkie: Seuns • Blou kortbroek en rugby trui • Lang blou kouse met oranje streep (beskikbaar by klerebank) • Shin gaurds & mondskerm • Tekkies (GEEN sokker toks) • Skoolsweetpak (gemerk) Daar sal ‘n snoepie en ander stalletjies beskikbaar...

Lees Verder

Rugbywedstryde Welgemoed: 27 Julie

Al ons spanne speel Woensdag, 27 Julie, wedstryde te Laerskool Welgemoed.   SPANNE: o.7 A (10-aan ‘n kant) o.7 B (10-aan ‘n kant) o.8 A (10-aan ‘n kant) o.8 B (10-aan ‘n kant) o.9 A (10-aan ‘n kant) o.11 A (15-aan ‘n kant) o.13 A (15-aan ‘n kant) o.13 B (15-aan ‘n kant)   PLEK: Laerskool Welgemoed VERTREKTYD: 13:15 [o.7 – o.8]                                   14:00 [o.9 – o.13] TERUG BY SKOOL: ±17:30 PROGRAM Volg asb. die skakel om te sien of jou kind /ers in die span is en om die GOOGLE FORM te...

Lees Verder

o.11-Hokkietoernooi Eversdal: 26 Julie

Ons o.11-dogters is genooi om Dinsdag, 26 Julie, aan ‘n toernooi te Eversdal deel te neem nadat ‘n ander span onttrek het. Leerders wat nie deel van die span vorm nie, woon die gewone oefening by. SPANNE: o.11-dogters PLEK: Laerskool Eversdal TOERNOOI BEGIN: 14:45 BUS VERTREK: 14:10 TERUG BY SKOOL: ± 18:30 PROGRAM Volg asb. die skakel vir meer inligting en om die GOOGLE FORM te...

Lees Verder

Buitemuurseprogram en belangrike sportdatums vir kwartaal 3

Ons spring in kwartaal 3 onmiddellik weg met sport op Dinsdag, 19 Julie. Ons poog om soveel moontlik papier te spaar en gaan nie hierdie kwartaal ‘n harde kopie van die buitemuurseprogam en datums in leerders se rapporte plaas nie. Volg die SKAKEL vir die buitemuurseprogram en belangrike datums op die skool se webtuiste of kliek op die voorskou foto’s...

Lees Verder

Landloopafrigter gesoek

Indien daar enige ouer/s is wat moontlik vir ons in die derde kwartaal met landloopafrigting kan help, kontak asb. die sportkantoor (sport@jvrprim.co.za). Die winter buitemuurseprogram begin op 19 Julie en eindig op 9 September. Oefeninge vind op Dinsdae 14:30 – 15:30 op die Conradieveld plaas. Ons het ‘n onderwyser wat die atlete op Vrydae na die byeenkomste sal vergesel so die afrigter hoef dit nie by te woon...

Lees Verder

Netbalwedstryde 9 & 11 Mei

Ons netbalspanne het hierdie week 2 wedstryde gespeel. Ons moes ons wedstryde van Maandag, 4 Mei, skuif as gevolg van netbalproewe wat op 4 Mei plaasgevind het. Ons spanne het Maandag teen Curro Durbanville weg gespeel. Die uitslae is as volg:   o/7 A wen 13 -1 o/8 A wen 6-2 o/8 B verloor 0-6 o/9 A wen 6-1 o/9 B wen 4-0 o/10 A wen 11-0 o/10 B wen 10-1 o/11 A gelykop 5-5 o/11 B wen 12-0 o/12 A wen 16 -0 o/12 B wen 15-0 o/13 A wen 33-2 o/13 B wen 8- 2   Op Woensdag, 11 Mei, het ons spanne teen Curro Century City tuis gespeel. Die uitslae vir die dag is as volg:   o/7 A wen 5-0 o/7 B gelyk 1-1 o/8 A wen 15-0 o/9 A wen 21-0 o/10 A wen 23-0 o/11 A wen 16-2 o/11 B wen 12-0 o/12 A wen 25-0 o/13 A wen 34 – 0 o/13 B wen 15-0   Ons kan sien dat die afgelope jaar en ‘n half wat ons skool voortgegaan het met ons aangepaste sportprogram ons spanne baie goed gedoen het. Ons spelers het steeds blootstelling aan verskeie vaardighede gehad terwyl baie ander skole geen sport beoefen het nie. Baie dankie aan al ons onderwysers en afrigters wat soveel ekstra tyd en energie ingesit...

Lees Verder

Top skole vir o/13 Netbal

Die 0/13 A-span het Dinsdag, 10 Mei, aan die eerste rondte van die Top Skole by Laerskool Gene Louw deelgeneem. Ons het teen sterk kompeterende skole gespeel. Dit was vinnige netbal van 6 minute aan ‘n kant. Die dogters het baie karakter gewys en nie opgegee tot die fluitjie geblaas het nie.  Dit was ses moeilike wedstryde. Ons is ongelukkig nie deur na die volgende rondte nie, maar het beslis die lekkerste en beste gees van die dag gehad. Baie van hierdie skole se dogters speel deur die jaar ook aksienetbal wat ‘n voordeel vir hulle op die buite baan is. Graag moedig ons weer ons ouers aan om hul dogters by aksienetbal betrokke te maak. Julle kan enige tyd vir Linde Liebenberg in die verband kontak.  Baie dankie aan juffrou Sharon Mabena wat die spanbestuurder was en juffrou Shahneé Felix wat ons skeidsregter vir die dag was. Ons waardeer wat julle doen vir die sport.   Baie geluk aan die volgende spelers wat as spelers van die verskeie wedstryde aangewys is: Katya Morris, Sophia Liebenberg, Emke van Wyk, Liza Hitge en Nell von Lieres.   Die tellings was as volg: Gene Louw 4 -10 Kenridge 3 -8 Table View 9-4 (wen) Durbanville 2-14 Welgemoed 4-1 (wen) Eversdal 4-10   Baie dankie aan ons 0/13-mammas wat ons bederf het met waterbottels, sokkies en...

Lees Verder

Jannies presteer by Wilson Tennistoernooi

Van ons leerders het in April aan Wilson tennistoernooie deelgeneem en baie goed gevaar. Op Sondag, 24 April, het Adriaan Wessels, Nils le Roux en Gustav van der Linde aan die vierde toernooi in die o/12 A-seunsgroep deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar en soos volg op die ranglys geëindig:   2de – Adriaan Wessels 3de – Nils le Roux 11de – Gustav van der Linde   Gustav en Adriaan het ook op Woensdag, 27 April, aan die dubbelstoernooi vir o/12 deelgeneem en as die wenners weggestap. Baie geluk...

Lees Verder

Hokkiewedstryde teen Vredelust, 5 Mei

Ons seuns- en dogterspanne het op Donderdag, 5 Mei, teen Laerskool Vredelust gespeel. Die dogters se wedstryde was weg en die seuns het tuis gespeel. o/9A-seuns: gelyk 1-1 o/9A-dogters: wen 5-0 o/10A-seuns: wen 3-0 o/10A-dogters: wen 7-0 o/11A-seuns: wen 5-0 o/11A dogters: wen 4-1 o/12A-seuns: wen 3-0 o/12A-dogters: wen 2-0 o/13A-seuns: wen 1-0 o/13A-dogters: wen 3-0 Ons spanne het baie goed gevaar en ons is opgewonde om hulle deur die seisoen dop te hou. Dankie aan almal wat ons spelers weekliks kom...

Lees Verder

Netbalwedstryde: 25 April

Die o/7 – o/13 dogters het op Maandag, 25 April, hul eerste wedstryde vir die liga teen Edgemead gespeel. Daar het groot opwinding geheers en dit het met die meeste van ons spanne baie goed gegaan. Ons publiseer nie die o/7 & o/8-spanne se uitslae nie. Hier volg die uitslae: o/7A wen o/7B verloor o/8A wen o/8B verloor o/9A wen 18 -2 o/9B wen 11-0 o/9C gelyk 1-1 o/10A wen 9-2 o/10B wen 12-0 o/11A wen 9-1 o/11B wen 7-0 o/12A wen 8-2 o/12B wen 8-3 o/12C wen 4-3 o/13A wen 26-5 o/13B gelyk 2-2 o/13C wen...

Lees Verder

Hokkiewedstryde: 28 April

Ons seuns- en dogterspanne het op Donderdag, 28 April, teen Laerskool Gene Louw gespeel. Die dogters se wedstryde was tuis en die seuns het weg gespeel. 0/9A-seuns: wen 1-0 o/9B-seuns: verloor 0-2 o/9A-dogters: wen 8-1 o/9 B-dogters: gelyk 1-1 o/10A-seuns: wen 7-0 o/10A-dogters: gelyk 1-1 o/10B-dogters: wen 2-1 o/11A-seuns: wen 8-0 o/11A-dogters: wen 4-0 o/12A-seuns: wen 2-1 o/12A-dogters: wen 3-0 o/13A-seuns: verloor 0-4 o/13A-dogters: gelyk 0-0   Ons o/13-dogterspan het verlede Vrydag, 22 April, ‘n wedstryd teen Elkanah House op hul astro velde gespeel en 0-1 verloor.   Dis baie lekker om te hoor dat ons spelers se ouers opgewonde is oor die hokkie en graag meer daaroor wil...

Lees Verder

Hokkiewedstryde – 21 April

Op Donderdag, 21 April, het verskeie van ons leerders geskiedenis gemaak deur die eerste hokkie ligawedstryde in die skool se 101 bestaansjare te speel. Ons spanne het oor die algemeen baie goed gevaar. Die dogterspanne het weg gespeel en die seunspanne tuis teen Elkanah House. Die o/13-spanne het op astro gespeel wat vir ons spelers ‘n bietjie van ‘n aanpassing is. Nogtans is ons uiters trots op die spelers se entoesiasme en manier hoe hulle hierdie uitdaging te bowe gaan.  Gaan loer gerus na die Kiek vir foto’s. 0/9A-seuns: wen 1-0 0/9A-dogters: wen 3-1 0/10A-seuns: wen 5-0 0/10A-dogters: wen 11-0 0/10B-dogters: wen 4-0 0/11A-seuns: verloor 1-3 0/11A-dogters: verloor 0-1 0/12A-seuns: wen 1-0 0/12A-dogters: wen 1-0 0/13A-seuns: verloor 0-6 Die o/13-dogters speel eers vanmiddag hul wedstryd op die astroveld en ons wens vir hulle baie sterkte...

Lees Verder

O/10-netbaltoernooi: 9 April

Ons was een van 15 skole wat Saterdag, 9 April, aan ‘n o/10-netbaltoernooi in Durbanville deelgeneem het. Met net twee oefensessies agter die rug, het ons Laerskool Jan van Riebeeck se naam hoog gehou. Ons het Vredekloof 13-1 gewen en ook vir Table View en Bellville-Noord behoorlik laat les opsê. Dit was slegs Renish teen wie ons net-net verloor het. Amelie van der Walt het ‘n sertifikaat vir die speler van die dag uit die JvR-span, ontvang. Dit was regtig ‘n heerlike dag en ons sien ‘n blink toekoms vir ons o/10-netbalspanne.   Dankie Juffrou Alberts en Juffrou Janse van Rensburg wat die dag saam met ons spandeer het. Ook ‘n spesiale dankie aan Juffrou Bambiso wat so mooi met ons geoefen het. Ons belowe om julle hierdie jaar nog baie trots te maak.   – Geskryf deur Stella Pansegrouw...

Lees Verder