Krieketuitslae, 7 Feb

Dinsdag, 7 Februarie, het beide ons 0.9-spanne tuis teen Kronendal gespeel. Die 0.9-Groenspan het ‘n naelbyter gehad en die wedstryd met slegs 1 lopie gewen. Die 0.9-Groenspan het gemaklik met 27 lopies gewen. Woensdag, 8 Februarie, het die 0.11A-span teen Kampsbaai gespeel. Dit was hulle eerste wedstryd vir die jaar. Ons het eerste gekolf en 122/3 in ons 20 boulbeurte aangeteken. Ben Fouché het 37 lopies nie uit nie aangeteken en ook 3 paaltjies geneem. Kampsbaai het gaan kolf en kon slegs 95/8 in hul 20 boulbeurte aanteken. Uitstekende begin vir die seisoen. Ons 0.11B-span het teen ‘n baie sterk Rondebosch te staan gekom. Die manne het alles gegee en Rondebosh kon slegs 74 lopies aanteken. Ongelukkig kon ons slegs 46 lopies aanteken en verloor die wedstryd met 28...

Kooroefening vir Senior koor

Lede van die Senior koor moet Saterdag, 18 Februarie, om 09:00 - 13:00 by die skool vir 'n oefening wees. Dit is altyd 'n lekker afskop vir die jaar en ons kry baie gedoen. Leerders bring genoeg kos en drinkgoed saam en dra gemaklike klere. Ouers moet asb. slegs die voorste hek vir op- en aflaai gebruik. Daar sal sekuriteit wees. Kom haal asb. die leerders STIPTELIK om...

Swem: Oggendsessies

Alle swemmers (gr. 4 – 7) wat verlede jaar aan enige van die swemgalas deelgeneem het, word vriendelik uitgenooi om Maandae en Vrydae die oggendsessie by te woon. Ons moedig veral leerders wat eerste of tweede in 'n item by die swemgala gekom het, aan om dit by te woon. Jonger swemmers sal tydens die normale swemoefening geïdentifiseer word en afrigters sal aandui watter swemmers ook die sessies kan bywoon.  Die oefening is vanaf 06:30 – 07:30. Leerders sal die geleentheid kry om hul klere voor die skool begin aan te trek. Korrekte skool-swemdrag en swempet moet gedra...

Senior Swemgala 2023, 10 Feb 2023

Ons swemgalas vind oor twee dae plaas. Die spasie rondom die swembad raak beperk en dit is beter vir almal se veiligheid as ons 'n junior- en seniorgala hou. Ons wil graag 'n paar algemene reëlings oor die dag oordra. Ons gaan MASSA DEELNAME aanmoedig. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Hulle sal mooi moet luister wanneer 'n item aangekondig / uitgeroep word. Alle swemmers MOET 'n swempet dra. Indien hulle nie 'n swempet het nie gaan hulle nie mag deelneem nie. Deelnemers kom die dag met hul LO-klere en swembroek skool toe. Pak asb. droë onderklere in. Indien 'n kind nie deelneem nie, mag hy/sy nie gewone klere dra nie. Leerders wat nie deelneem nie moet LO-klere dra. Geen kind mag om die swembad hardloop nie en mag slegs die swembadarea verlaat as hul badkamer toe moet gaan. Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met 'n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad. Aan die einde van 'n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken ('n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die item met beide hande raak. Volgorde vir individuele wisselslag: Vlinderslag Rugslag Borsslag Vryslag Volgorde vir wisselslag AFLOS: Rugslag Borsslag Vlinderslag Vryslag (vir die O.9 wisselslag AFLOS gaan ons die vlinderslag met vryslag vervang) GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat. Sien die seniorgala se itemlys in die program....

Tennis: Noord-liga, 8 Feb

Noord-liga: Seuns A (juf. Anja Nauta) TUIS vs Welgemoed Dawid-Wiese Viljoen Adriaan Wessels Nils le Roux Gustav van der Linde Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Seuns A span PLEK: Hoërskool Jan van Riebeeck VERTREKTYD: 14:45 WEDSTRYDE BEGIN: 15:15 TERUG BY SKOOL: 17:00 SPORTDRAG: • Blou kortbroek en blou JVR eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Noord-liga: Dogters A span (Juf Sune Swanepoel ) TUIS vs Durbanville Stella Lamprecht Klara Maree Jeanne van Heerden Katia van Wyk Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Dogters A span PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:15 TERUG BY SKOOL: 17:00 SPORTDRAG: • Blou skoolrompie en blou JVR Eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Noord-liga: Gemengde span (Juf Andri de Villiers ) WEG vs Totius Rafa Lamprecht Pierre- Jaque Smit Stella Pansegrouw Ané Swanepoel Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Gemengde Span PLEK: Laerskool Totius VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 17:30 SPORTDRAG: • Blou kortbroek en blou JVR eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Kliek HIER vir die...

Delmar Benecke presteer in Tweekamp

Delmar het Saterdag, 4 Februarie, as deel van die WP-tweekampspan aan die interprovinsiale tweekampbyeenkoms in Oudtshoorn deelgemeen. Hy kom eerste vir seuns o.13 en hy hardloop en swem sy persoonlike beste tye van die seisoen ten spyte van 40°C! Baie geluk, Delmar, ons is trots op...

Skooler: Wenke & Kennisgewings

Wenke: Indien jy meer as een kind in die skool het, kan jy jou ander kind(ers) se profiel(e) en boodskap groepe sien deur op die pyltjie langsaan jou kind se naam bo-aan die toep te kliek en 'n ander kind se naam te kies. Wanneer jy 'n "assignment" met 'n aangehegsel van 'n onderwyser af kry, kliek op die Assignment opskrif onderaan met die pyltjie om die aanhegsels te sien. Indien jy tans nie 'n Skooler kennisgewing (notifications) op jou selfoon ontvang nie, volg asb. die volgende stappe: Tik op die menu icon links bo in die Skooler toep. Kies 'Settings' in die opsielys. Tik op 'Test' langs die 'Test push notifications' opsie. Indien jy nie die toets kennisgewing van Skooler ontvang nie,  maak asb. seker dat Skooler kennisgewings in jou selfoon se kennisgewing settings aangeskakel is.  Indien jy steeds hiermee sukkel, stuur gerus 'n e-pos na suzaan@jvrprim.co.za. Kennisgewings: Ons is tans besig om die sportgroepe in Skooler op te stel. Sodra dit binne die volgende week afgehandel is, sal die sportboodskappe in Skooler ontvang word. Ons is ook besig om al die datums in die Skoolerkalender te laai. Gebruik gerus intussen nog die ou Google Kalender of Webdagboek om al die datums te sien. Enige persoonlike besonderhede wat deur die loop van 'n week in myJvR verander is, word Vrydagoggende na die Skooler platform opgelaai. Maak dus asseblief seker dat jou kontakbesonderhede in myJvR altyd op datum...

Krieketwedstryd: o.9 Kronendal, 7 Feb (TUIS)

Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.9 A & B PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 SPORTDRAG: • Oranje hempie en Vlootblou kortbroek • Lang blou kouse met oranje streep en tekkies (Die blousokkies sal ook vir Hokkie gebruik word.) • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL DINSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 0.9 Geel 1. Sion Botha 2. Kent Chimukuyu 3. Damian Daniels 4. Dirk de Jager 5. Arjen Faling 6. Ben Louw 7. Noah Karusseit 8. Willem Viljoen 0.9 Groen 1. Luke Sieberhagen 2. Daniel van den Berg 3. Nica van Schalkwyk 4. Jacob Venter 5. Stef Nel 6. Karl von Lieres 7. Luc Zietsman 8. Sebastian Zietsman Kliek HIER vir die...

Geagte Ouers / Voogde

Februarie-maand het die afgelope week skielik sy onverwagse opwagting gemaak en onmiddellik dink ‘n mens waarheen het Januarie dan nou so vinnig verdwyn. Weereens kom ons tot die besef dat tyd spreekwoordelik verby vlieg en vir niemand wag nie. Dus beveel ek aan dat indien jy nog iets spesiaal beplan om te doen, moenie wag nie, doen dit sommer dadelik! Graag wil ek almal bedank vir al die mooi verjaardagwense wat ek ontvang het. Ek het op Saterdag, 28 Januarie, saam met die ouer- en kindsportdag verjaar, maar is reeds vanaf Vrydag, 27 Januarie, tot in die afgrond deur die leerders en personeel bederf. Dit is seker die lekkerste voordeel van skoolhoof wees om veral deur die leerders bederf te word. Ek wens julle kon die spesiale dag saam met my beleef. Dit was kosbaar en sal my altyd by bly. Suné Alberts (gr. 7-juffrou) verjaar ook op Saterdag, 28 Januarie, en ons twee het heerlik saam met al die leerders wat ook daardie dag verjaar, feesgevier. Dit was verblywend om te sien hoeveel ouers het saam met hul kinders opgedaag om aan die sportdag deel te neem. Nie eers die gure weer kon die opgewondenheid en gees gedemp nie. Ek glo natuurlik dat die koeler weer en ligte reën wat uitgesak het, was ‘n bedekte seën, want dit het al die warm gespeelde liggame help afkoel. Hierdie sportdag gaan beslis ‘n jaarlikse instelling op die 2de Saterdag van die nuwe akademiese jaar word. Hierdie geleentheid was die perfekte geleentheid vir leerders, ouers en personeel om sommer lekker gees te vang en die jaar op ‘n hoogtepunt af te...

Tenniswedstryde: Table View-Liga, 8 Feb (TUIS)

Table View-Liga: Seuns A (Juf Wright ) Tuis vs CBC SPANNE: Seuns A Rafa Lamprecht Pierre- Jaque Smit John Gilmer Andre Marais PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 17:00 SPORTDRAG: Blou skoolrompie/ broek en oranje JVR wedstrydhempie Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) Tekkies Skoolsweetpak (gemerk) Kliek HIER vir die...

Krieketwedstryd: o.13A Golden Grove, 9 Feb (TUIS)

Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.13A PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:30 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPORTDRAG: Oranje hempie Lang wit krieketbroek JvR kriekethoed Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL WOENSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 0.13 A-span Conrad Bezuidenhout Ruben Eksteen Frank van der Walt Andre Marais Ruben Oosthuizen Dawid-Wiese Viljoen Johan Symington Marais Groenewald Gustav van der Linde Conrad Slabber Noah Thau Kliek HIER vir die...

Atletiek: Maandag, 6 Februarie

Maandag, 6 Februarie, neem ons aan die jaarlikse interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck deel. Die interskole groei jaar op jaar en hierdie jaar is dit die eerste keer dat daar 10 skole op die dag gaan deelneem. 73 Van ons atlete neem deel en dit beloof om ‘n opwindende dag te wees. Alle atlete moet asb. Maandag reeds om 07:30 in hul atletiekklere by die skool aanmeld. Atlete sal met skoolbusse na die veld vervoer word. Toegang vir die atlete is gratis en toeskouers betaal 'n ingangsfooi van R20. Daar is geen parkering by die hoërskool nie, dus vra ons dat enigiemand wat die dag wil bywoon van publieke vervoer of Uber gebruik maak. Die eerste item skop om 08:30 af en ons sal om ongeveer 14:45 klaar wees. Daar sal iets op die dag te koop wees en ons vra dat almal ‘n geldtjie inpak. Onthou asb. jou sonskerm en hoed. Ons wens vir elke atleet alle sterkte toe. Ons wil spesiaal vir meneer Hanekom bedank wat baie ekstra ure ingesit het om die byeenkoms moontlik te maak. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2023/02/Final-Program.pdf" title="Final...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor