Wenke:

  1. Indien jy meer as een kind in die skool het, kan jy jou ander kind(ers) se profiel(e) en boodskap groepe sien deur op die pyltjie langsaan jou kind se naam bo-aan die toep te kliek en ‘n ander kind se naam te kies.
  2. Wanneer jy ‘n “assignment” met ‘n aangehegsel van ‘n onderwyser af kry, kliek op die Assignment opskrif onderaan met die pyltjie om die aanhegsels te sien.
  3. Indien jy tans nie ‘n Skooler kennisgewing (notifications) op jou selfoon ontvang nie, volg asb. die volgende stappe:
    • Tik op die menu icon links bo in die Skooler toep.
    • Kies ‘Settings’ in die opsielys.
    • Tik op ‘Test’ langs die ‘Test push notifications’ opsie.
    • Indien jy nie die toets kennisgewing van Skooler ontvang nie,  maak asb. seker dat Skooler kennisgewings in jou selfoon se kennisgewing settings aangeskakel is. 
    • Indien jy steeds hiermee sukkel, stuur gerus ‘n e-pos na suzaan@jvrprim.co.za.

Kennisgewings:

  1. Ons is tans besig om die sportgroepe in Skooler op te stel. Sodra dit binne die volgende week afgehandel is, sal die sportboodskappe in Skooler ontvang word.
  2. Ons is ook besig om al die datums in die Skoolerkalender te laai. Gebruik gerus intussen nog die ou Google Kalender of Webdagboek om al die datums te sien.
  3. Enige persoonlike besonderhede wat deur die loop van ‘n week in myJvR verander is, word Vrydagoggende na die Skooler platform opgelaai. Maak dus asseblief seker dat jou kontakbesonderhede in myJvR altyd op datum is.