Ons swemgalas vind oor twee dae plaas. Die spasie rondom die swembad raak beperk en dit is beter vir almal se veiligheid as ons ‘n junior- en seniorgala hou. Ons wil graag ‘n paar algemene reëlings oor die dag oordra.

  1. Ons gaan MASSA DEELNAME aanmoedig. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Hulle sal mooi moet luister wanneer ‘n item aangekondig / uitgeroep word.
  2. Alle swemmers MOET ‘n swempet dra. Indien hulle nie ‘n swempet het nie gaan hulle nie mag deelneem nie.
  3. Deelnemers kom die dag met hul LO-klere en swembroek skool toe. Pak asb. droë onderklere in. Indien ‘n kind nie deelneem nie, mag hy/sy nie gewone klere dra nie. Leerders wat nie deelneem nie moet LO-klere dra.
  4. Geen kind mag om die swembad hardloop nie en mag slegs die swembadarea verlaat as hul badkamer toe moet gaan.
  5. Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met ‘n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.
  6. Aan die einde van ‘n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken (‘n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim.
  7. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die item met beide hande raak.
  8. Volgorde vir individuele wisselslag:
    • Vlinderslag
    • Rugslag
    • Borsslag
    • Vryslag
  9. Volgorde vir wisselslag AFLOS:
    • Rugslag
    • Borsslag
    • Vlinderslag
    • Vryslag (vir die O.9 wisselslag AFLOS gaan ons die vlinderslag met vryslag vervang)
  10. GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.
  11. Sien die seniorgala se itemlys in die program. Ons gaan nie ‘n tyd aan die items koppel nie, want ons weet nie hoeveel leerders aan elke item gaan deelneem nie.
  12. Die OPE afdeling is slegs vir gr. 7-leerders.
  13. Ouers en buiteafrigters is welkom om die galas by te woon.
  14. Geen leerders mag voor die einde van die gala huis toe gaan nie.
  15. Prysuitdeling sal na die afloop van die laaste item plaasvind.
  16. Alle verrigtinge behoort om 14:00 klaar te wees, maar is onderhewig aan die verloop van die program.

KLIEK HIER VIR DIE PROGRAM