JvR-Ondersteunersdrag is hier!
Bestellings vir ons splinternuwe ondersteunersdrag deur Old School is nou oop! As jy nie seker is watter grootte om te kies nie, is jy welkom om by Jan Kas gedurende winkeltye aan te pas. ???? Volg die skakel om jou bestelling te plaas en wys jou Ls JvR-trots! PLAAS BESTELLING HIER BESTELLINGS SLUIT : 28 November...
Kerskonsert – Donderdag, 27 November 2025
Kom geniet ’n betowerende aand vol musiek en feesvreugde tydens ons jaarlikse LsJvR Kerskonsert! ???? Datum: Donderdag, 27 November ???? Tyd: 19:00 ???? Kaartjies: R50 (beskikbaar op Karri)
OUERSPORTDAG 2025
Merk jou kalender! Wanneer: Saterdag, 29 November 2025 Waar: Laerskool Jan van Riebeeck ???? DIE HOOF AKSIE: OUERSPORT (09:00 - 17:00) Netbal: 09:00-11:00 Raak Rugby: 09:00-13:00 Swem: 13:00 Hokkie: 13:30-17:00 Skaak en tennis: 13:30-17:00 ???????????????? VIR DIE RES VAN DIE GESIN (HEELDAG PRETDAG) ???? Kindermarkdag (10:00 - 12:00) Laat die jong entrepreneurs jou beïndruk! Kaartjies beskikbaar op Karri. ☕ Koffie Huis & Snoepie Vir daardie noodsaaklike kafeïen-hupstoot en al die soetgoed. ???? Hoender Burgers & Repies (10:00 - 15:00) Heerlike kos ten bate van die Kaapstad Kinderhuis. ???? Woodstock Brewery (13:00 - 18:00) Vir die wat dors is! Gryp tjips, versnaperings en 'n koue een. Spesiale Aanbod: Kry jou bier-kaartjie vir R250 vir 5 biere! Bier-kaartjies beskikbaar op Karri. (verkope sluit 27 November) ???? DIE GROOT AFSLUITING (17:15) SA RUGBY op die GROOTSKERM in die saal! Kom geniet die...
Mediasentrum Kennisgewing
Leerders sal ongelukkig vanaf 7 November 2025 nie meer boeke mag uitneem nie, maar is meer as welkom om tydens tweede pouse op Dinsdae en Donderdae in die mediasentrum te kom lees of ontspan met ’n boek. Kom geniet steeds ’n bietjie leespret!
Gr.4-7 Prysuitdeling: Aansoek vir spesiale toekennings
Alle gr.4-7 leerders wat tydens hierdie jaar besonderse prestasies behaal het óf veelsydigheid getoon het op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir 'n spesiale prys by die prysuitdeling. Voltooi asb. die aangehegte vorm en handig die vorm en afskrifte van bewyse van die prestasie(s) teen Vrydag, 21 November by juf. Lucia de Jager in. 'n Hardekopie van die vorm kan ook afgehaal word. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/11/Veelsydigheid-gr.4-7.pdf" title="Veelsydigheid...
Geagte Ouers / Voogde – 07 November 2025
Ek hoop en vertrou dat dit met almal in ons skoolgemeenskap goed gaan, veral dié tyd van die jaar (ook bekend as die “silly season”) waar ons nog so baie persoonlike en/of werkstake moet afhandel en sperdatums moet eerbiedig onder baie druk voordat die langverwagte Desembervakansie vir almal welverdiend aanbreek. Volgende week, op Maandag, 10 November, begin die finale eksamen vir die Gr. 7’s. Die assesserings vir die grondslagfase is reeds vanaf Maandag, 3 November, volstoom aan die gang. Ons grondslagfase-onderwysers hanteer die finale assesserings op ’n deurlopende basis, wat beslis help om die assesseringsangs by ons leerders te verminder. Soos julle weet, mag ek mos nie eintlik die “E-woord” gebruik nie aangesien die WKOD dit assesserings as kontroletoets beskou, maar op Donderdag, 13 November, begin die Gr. 4–6-leerders ook met hul eksamen, en wens ek al ons leerders, ouers/voogde, tutors, fasiliteerders en personeel voorspoed toe. Eksamen verhoog ongelukkig stres- en angsvlakke by leerders, en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as onderwysers te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen/assessering te help bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres as gevolg van enige eksamen laat die meeste mense snak na hul asem, maar dit is ’n natuurlike reaksie, en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees om ons leerders vir hul hoërskoolloopbaan asook volwasse lewe voor te berei. Graag neem ek die vrymoedigheid om die volgende wenke aan julle as ouers/voogde voor te stel wat jou kind/ers se eksamenstres — en moontlik jou eie angstigheid daaroor — hok sal...
BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL
Ons dansskool bied verskeie genres van dans aan! Hierdie naweek is dit Ballet se beurt, en ons jaarlikse American Academy of Ballet "Performance Awards" vind op Sondag, 9 November 2025, om 10vm by LS JvR plaas. Ons beoordelaars is Iain McDonald van Joburg Ballet in Johannesburg en Laurence Kaplan, Direkteur van AAB in New York. Ons oulike dansers is reeds baie opgewonde! Dis ’n wonderlike geleentheid om aan ’n internasionale program deel te neem met pragtige, voorgeskrewe werke. Alhoewel al ons dansers AAB-opleiding ontvang, is deelname nie verpligtend nie. Ons is trots op die dansers wat gaan deelneem en ons dansskool verteenwoordig. Break a leg! Deelnemers: Gr 1: Heike Louw en Ada Uys Gr 2: Mila Maree, Emily Theron, Isabella Robinson, Cornelia Opperman en Emma Wilke Gr 4: Mika van der Walt en Christa-Bella Swart Gr 5: Heidi van Heerden en Natalie Lawson Gr 6: Solange Stevens Gr 7: Ella Grey en Gabi Buckenham Gr 9: Kerala Allewell en Karlien van der Walt Gr 10: Lara Basson Kom ondersteun ons gerus! Almal is welkom, en jong en oud sal dit geniet: pragtige musiek, stylvolle choreografie en talentvolle dansers. Groete, Juf Barbie...
Jan Kas sluit: 27 November 2025
Ons skoolklerebank, Jan Kas, sal op Donderdag, 27 November 2025, om 10:00 vir die jaar sluit vir voorraadopname. Ons vra vriendelik dat ouers en leerders asseblief alle nodige skoolklere voor hierdie tyd aankoop, aangesien geen verkope ná hierdie datum hanteer kan word nie. Baie dankie vir julle begrip en...
2026 Ondersteunersdrag: Hou die spasie dop
Hou die nuusbrief dop vir iets opwindends vir 2026!
Swemuitslae: 24 Oktober 2025
Sien die week se swemuitslae hier onder:
Krieketuitslae: 23-29 Oktober 2025
Sien die week se krieketuitslae hier onder:
Spog met oud-Jannies
Ons is opgewonde om met hierdie oud-Jannies te spog, aangesien die twee seuns tot die leerderraad van Rondebosch Boys’ High School vir 2026 verkies is. Baie geluk aan Taniel Webber, wat as hoofseun, en Alexander Benecke, as leerderraadslid verkies is. Ons wens hulle alle sterkte toe met die belangrike werk wat vir hulle voorlê. Taniel en sy ouers, Thornley en Elbe Webber. Alexander en sy ouers, Christo Benecke en Barbara...
De Hoop Atletiekbyeenkoms
Ons het Vrydag, 24 Oktober, vir die eerste keer deelgeneem aan die De Hoop-atletiekbyeenkoms. Dit was ’n koel middag, maar ons atlete het regtig baie mooi presteer. Soos ons oor die laaste paar jaar gesien het, staan ons nie terug vir die groot skole nie. Baie geluk aan die volgende atlete wat medaljes verower het: Jack Dawes, 1ste 80m hekkies Bella Malan, 2de 80m Louis Hofmeyr, 2de 80m Dylan Daniels, 2de verspring Maia du Toit, 3de 70m hekkies Rafa Lamprecht, 3de hoogspring Lizzy Snyders, 3de verspring Leah Jacobsz, 3de 600m Vir die laaste item van die aand het Phumi Salamani, Dane Botha, Stef Nel en Louis Hofmeyr ’n 3de plek in die wisselaflos verower. ’n Briljante manier om die aand af te sluit. Baie dankie aan elke atleet wat deelgeneem het en net hulle beste gegee het. Ons is baie trots op hulle. Baie dankie aan almal wat kom ondersteun het; dit beteken soveel vir ons kinders. Laastens wil ons vir mnre. Leon, André, Keenen en Dian bedank vir die mooi manier waarop hulle met ons atlete gewerk...
Belangrike vergaderings: 3 – 6 November 2025
Neem asseblief kennis van die volgende inligtingsvergaderings wat volgende week plaasvind: Maandag, 3 November: Goedkeuring van begroting 2026 om 18:00 in die skoolsaal (sien mnr. Beets se skrywe). Slegs vir ouers. Dinsdag, 4 November: Oorgang van graad 3 na 4-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 4-ouers van 2026. Slegs vir ouers/voogde. Woensdag, 5 November: Voornemende graad 1-ouers van 2026 ontmoet mekaar om 18:00 in die skoolsaal. Slegs vir ouers/voogde. Donderdag, 6 November: Oorgang van graad 6 na 7-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 7-ouers van 2026. Slegs vir...
Tennisuitslae: 30 Oktober 2025
Sien die week se tennisuitslae hier onder:
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027