Geagte Ouers / Voogde – 24 April 2026

Ons eerste sportnaweek vir kwartaal twee teen Curro Durbanville het ongelukkig weens gure weer nie heeltemal volgens plan verloop nie. Die hokkiewedstryde sou op Vrydag, 17 April, plaasvind, maar swaar reënbuie het ons genoodsaak om die wedstryde na Dinsdag, 19 Mei, uit te stel. Dieselfde het op Saterdag, 18 April, met die netbalwedstryde gebeur en as gevolg van die natweertoestande is die netbalwedstryde teen Curro Durbanville na Maandag, 25 Mei, uitgestel. Ek weet dat die leerders baie teleurgesteld was om te hoor dat ons die onderskeie hokkie- en netbalwedstryde op die dae moes kanselleer. Die wedstryde is egter net uitgestel en nie net eenvoudig afgestel nie. Gelukkig kon ons op Saterdag, 18 April, met die rugbywedstryde voortgaan, aangesien die gure weer nie regtig so ’n groot impak op rugby het nie. Baie geluk aan ons rugbyspanne en hul onderskeie afrigters wat puik uitslae gelewer het. Ek en my vrou is deur Hoërskool Jan van Riebeeck genooi om hul produksie Dekades: Die storie van Laurika Rauch op Woensdagaand, 22 April, by te woon. Dit is ook deel van hul honderdste bestaansjaarvieringe en was beslis ’n onvergeetlike musikale reis deur die jare met een van Suid-Afrika se mees ikoniese stemme. Die hoërskool kon dit regkry om al hul leerders aan die revue produksie te laat deelneem en dit was opgedra aan ’n oudleerder, Laurika Rauch. Baie geluk mnr. Pieter Rademeyer en sy dinamiese span met ’n ongelooflike produksie en hoe wonderlik was dit nie om al ons oud-Jannies op die verhoog te sien nie. Hulle het almal skielik vinnig groot geword, maar beskik nog steeds oor die wonderlikste maniere. Ek is...

Skoolkonsert 2026: 14 -17 September 2026

Ons is baie opgewonde oor ons skoolkonsert wat hierdie September plaasvind! Elke leerder word versoek om ’n bedrag van R200 by te dra om die kostes van kostuums en grimering te help dek. Leerders sal hul kostuums ná afloop van die konsert kan hou. Karri sal vanaf Dinsdag, 28 April, tot en met September beskikbaar wees vir betalings. Baie dankie vir almal se ondersteuning en samewerking om hierdie produksie moontlik te...

Senior koor: Hoërskool Fairmont Kooraand

Ons senior koor tree Dinsdag, 21 April, by die Fairmont Hoërskool Kooraand op. Dit is ’n groot voorreg om die verhoog met die Fairmont en Curro Durbanville Hoërskoolkore te deel, en ons sien baie daarna uit om by hierdie geleentheid op te tree.    Hier is meer inligting rakende kaartjieverkope en reëlings rondom die konsert.    Datum: Dinsdagaand, 21 April Plek: Hoërskool Fairmont  Tyd: 18h30 Kaartjies: Quicket   Reëlings vir die Senior Koor:    * Bus vertrek stiptelik 15h45 vanaf die agsterste parkeerarea van die skool.  * Leerders wat hokkie oefen, kan direk na die oefening bus toe kom en met hul oefenklere tot by Fairmont ry. Sodra ons daar arriveer, kan hulle verklee - pak asb hul formele skoolklere in, soos benodig vir die optrede. Juf Ilse-Marié Holtzhausen sal help om seker te maak dat almal netjies en reg aangetrek is voor die konsert. * Juf Ilse-Marié Holtzhausen vergesel die koor.  * Die konsert behoort teen 19h30 klaar te wees, waarna die bus sal terugkeer skool toe. Hou die WA-groep vir ’n meer spesifieke arriveringstyd dop. * Kleredrag: Formele Skooldrag (hou WA-groep vir spesifikasies dop) Kontrak gerus vir juf. Rolene indien daar enige verdere vrae...

Geagte Ouers / Voogde – 17 April 2026

Ons jaarlikse en gewilde Kaperjolle het op Saterdag, 11 April, plaasgevind en hierdie spesiale geleentheid het darem net sy eie sjarme en bekoring. Die kosbare samesyn tussen ouers, personeel en leerders maak ons skool so uniek. Die heerlike kuier is nog steeds op almal se lippe en is onomwonde die hoogtepunt op die skoolgemeenskap se sosiale kalender, veral vir ons leerders. Kaperjolle bied soveel aktiwiteite en pret vir oud en jonk. Volgens die leerders was die besoek aan die spookhuis die gewildste aktiwiteit om te doen. Leerders het in lang rye tougestaan om die opwinding te ervaar, veral as daar ’n kans is dat ’n sogenaamde spook, genaamd Trudie, aan jou kan raak. Ek glo dat ’n spookhuis se gewildheid nooit oor die jare sal taan nie en vir geslagte nog, veral ons leerders en selfs volwassenes, sal fassineer. Die nuwe aktiwiteit waartydens jy ’n ou motorwrak (Honda Ballade) met ’n hamer kon slaan, was ook baie gewild. Dit was die ideale geleentheid om al jou opgehoopte frustrasies spreekwoordelik uit jou sisteem te kry. Baie geluk en ook groot dankie aan ons ouers wat die smaaklikste disse by hul onderskeie stalletjies opgedis het vir ieder en elk om te proe. Die fraai versierde kosstalletjies en die heerlike warm weer het die geleentheid perfek afgerond. Die verskeidenheid disse om te proe was hemels en die kompetisie was baie sterk. Baie geluk aan die volgende kosstalletjies wat as wenners aangewys is: Die dekorstalletjie wat die estetiese prys ontvang het: Vetkoek & Vuur Derde plek vir die beste kosstalletjie: Die Burger-Meesters Tweede plek vir die beste kosstalletjie: Vetkoek & Vuur Eerste plek...

Boeliebief-Blokkies Uitdaging!

Ons skool is opgewonde om hierdie kwartaal ’n welwillendheidsprojek aan te bied om Laerskool Prestwich te ondersteun – ’n minderbevoorregte skool wat hulp nodig het om kos aan hul leerders te voorsien. Ons gaan blikkies boeliebief insamel, en dit sommer in ’n prettige kompetisie tussen die klasse omskep! Hoe werk dit? ⭐ Vir elke 5 blikkies boeliebief wat ’n klas insamel, kry hulle 1 blokkie om in te kleur. ⭐ Hoe meer blikkies ingesamel word, hoe voller raak die klas se blokkaart! 🏆 Die klas met die meeste blokkies wen: 🍕 ’n Pizza-partytjie 👕 ’n Sivviedag 📅 Datums: Begin: 20 April 2026 Sluit: 8 Junie 2026 💛 Elke blikkie maak ’n verskil. Kom ons werk saam en help waar dit regtig nodig...

Boekbende skop weer af!

Die Boekbende skop volgende week Woensdag weer af! Ons nooi graag al ons graad 4–7-leerders om dit by te woon. Kom kuier saam om 07:15 in die Mediasentrum en deel in die lekkerte van lees!

Wêreldboekedag – 23 April

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons skool Wêreldboekedag op 23 April gaan vier! Om hierdie spesiale dag te vier, nooi ons al ons leerders uit om soos hul gunstelingkarakter uit een van Jaco Jacobs se boeke aan te trek. Jaco Jacobs vier vanjaar ook die 25ste herdenking van die publikasie van sy eerste boek. Dit is ’n wonderlike geleentheid om ’n liefde vir lees aan te wakker en kreatiwiteit te vier. Daar sal ook ’n spesiale boekprys per graad toegeken word aan die leerder met die beste kostuum! Ons sien baie uit daarna om al die kleurvolle en kreatiewe uitrustings te sien....

Doughnutverkope: Bestel nou!

Ons Graad 7-leerders hou ’n heerlike doughnutfondsinsameling om hul projekte en aktiwiteite te ondersteun. Doughnuts is beskikbaar teen slegs R15 elk en word Vrydae vars afgelewer. Ondersteun gerus ons Graad 7’s.

Katoen-alternatiewe vir skooluniform

’n Groep ouers bied tans ’n onafhanklike inisiatief aan waar katoen-alternatiewe vir skooluniforms beskikbaar gestel word. Neem asseblief kennis dat hierdie projek nie deur die skool of Jan Kas bestuur word nie. Klere wat aangekoop word, kan nie by Jan Kas omgeruil word nie. Dit is daarom baie belangrik dat leerders tydens die beskikbare aanpassessie behoorlik seker moet maak van die kledingstuk se grootte wat bestel word. Let ook daarop dat groottes en pryse verskil van dié by die klerebank. Aanpasdag besonderhede: 📅 Maandag, 13 April 2026 📍 Mediasentrum, Laerskool JvR ⏰ 13:00–17:00 📞 Kontakpersoon: Lian Lombard – 079 933 9925...

Geagte Ouers / Voogde – 10 April 2026

Hiermee ’n hartlike welkom aan almal terug by die skool met ’n nuwe kwartaal propvol geleenthede wat voorlê. Ek glo dat almal die kort, maar welverdiende vakansie terdeë geniet het. Dit is veral die spesiale Paasfeestyd saam met familie wat so kosbaar was. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug na die vakansie is, en veral die graad 7’s en hul ouers wat aan die jaarlikse Oranjerivierroeitoer deelgeneem het. Baie dankie aan Pieter Rademeyer en sy span ouers wat aan stuur van die suksesvolle roeiroete gestaan het. Ons graad 7’s sal die ongelooflike ervaring saam met hul ouer(s) vir die res van hul lewe koester. Graad 6-leerders en hul ouers, julle moet beslis ’n plan maak om nie volgende jaar die onvergeetlike avontuur te mis nie. Dit is die ideale geleentheid om ’n spesiale konneksie met jou kind(ers) te maak en spanwerk is bepalend om die eindbestemming te bereik. Die skool het skaars begin en spreekwoordelik, soos ’n goed geoliede masjien, is ons skoolaktiwiteite sommer vanaf dag 1 weer goed op dreef, met die akademiese klasse, wintersport- en buitemuurse program, musiekklasse en kooroefeninge wat op dag 1 van die nuwe kwartaal met baie opwinding afgeskop het. Sportwedstryde vir die o.10 netbal- en o.13-hokkiespanne skop ook die komende naweek af. Saterdag, 11 April, is weer tyd vir die jaarlikse Kaperjolle en ons leerders kan nie wag om aan al die opwindende aktiwiteite deel te neem nie. Ek glo dat julle as ouers ook nie kan wag om aan die gewilde voedselfees, Kaperjolle, deel te neem nie, asook om die kosbare samesyn wat net Laerskool Jan van Riebeeck kan opdis,...

Roosters ruil om: Woensdag, 8 April 2026

Neem asseblief kennis dat die Dinsdag- en Woensdagrooster omgeruil sal word wanneer die skool heropen. Op Woensdag, 8 April, sal ons dus die akademiese program van ’n Dinsdag volg. Dit beteken dat aktiwiteite soos senior kooroefening, saalperiode en ander Dinsdagverpligtinge sal plaasvind. Let egter daarop dat sport steeds volgens die gewone Woensdagprogram sal voortgaan.    ...

Belangrike Datums

julie 2026

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

29jul(jul 29)00:0028(jul 28)23:59Gr.1 & 2 - Interne Robotika Kompetisie

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor