Ons senior koor tree Dinsdag, 21 April, by die Fairmont Hoërskool Kooraand op. Dit is ’n groot voorreg om die verhoog met die Fairmont en Curro Durbanville Hoërskoolkore te deel, en ons sien baie daarna uit om by hierdie geleentheid op te tree. 
 
Hier is meer inligting rakende kaartjieverkope en reëlings rondom die konsert. 
 
Datum: Dinsdagaand, 21 April
Plek: Hoërskool Fairmont 
Tyd: 18h30
Kaartjies: Quicket
 
Reëlings vir die Senior Koor
 
* Bus vertrek stiptelik 15h45 vanaf die agsterste parkeerarea van die skool. 
* Leerders wat hokkie oefen, kan direk na die oefening bus toe kom en met hul oefenklere tot by Fairmont ry. Sodra ons daar arriveer, kan hulle verklee – pak asb hul formele skoolklere in, soos benodig vir die optrede. Juf Ilse-Marié Holtzhausen sal help om seker te maak dat almal netjies en reg aangetrek is voor die konsert.
* Juf Ilse-Marié Holtzhausen vergesel die koor. 
* Die konsert behoort teen 19h30 klaar te wees, waarna die bus sal terugkeer skool toe. Hou die WA-groep vir ’n meer spesifieke arriveringstyd dop.
* Kleredrag: Formele Skooldrag (hou WA-groep vir spesifikasies dop)

Kontrak gerus vir juf. Rolene indien daar enige verdere vrae is.