Jaarverslag 2023
Die Suidooster 2023 Kwartaal 4
WhatsApp in gebruik
Neem kennis dat ons van vandag af op WhatsApp of e-pos met ouers sal kommunikeer. Aangesien leerders gister uitgevind het in wie se klas hulle volgende jaar is, kan julle ook nou by die klasgroepe aansluit. Maak asb. seker dat jy voor die skool in Januarie open by die Community aansluit. Ten minste een persoon per gesin moet deel van die Community wees. Stuur gerus 'n WhatsApp aan Suzaan se skoolnommer vir die uitnodiging-skakel na die Community:...
Skoolfooie 2024
Volg die skakel vir die skoolfooie van 2024.
Geagte Ouers / Voogde – 1 Desember 2023
Hierdie afgelope week was weereens propvol opwindende aktiwiteite wat onder andere prysuitdelings, atletiek, "sing-songs", "water slides", klas- en graadpartytjies, ens. ingesluit het. Hierdie week het die jaarlikse prysuitdelings onderskeidelik vir graad 4 tot 7 plaasgevind. Graag fokus ek eers op die graad 4 en 5-prysuitdelings aangesien die saktyd vir die weeklikse nuusbrief te vroeg in die week is, om ook die prysuitdelings vir graad 6 en 7 in te sluit. Ek sal wel in volgende week se nuusbrief daaroor terugvoering gee. Die graad 4 en 5-prysuitdelings het op ‘n manier informeel, maar tog uiters stylvol plaasgevind. Prysuitdelings is op beste van tye ‘n sensitiewe en kontroversiële onderwerp van bespreking en ek wil julle die waarborg gee dat ons as skoolbestuur baie begrip daarvoor het. Ek glo dat ons skool die erkenningsproses so verfyn het dat ons dit regkry om erkenning aan presteerders te gee sonder om die ander leerders te na te kom. Ons neem dit egter nog ‘n stappie verder en gee vir elke leerder ‘n persoonlike en unieke erkenning in die saal. Ons fokus beslis nie net op ons presteerders nie en wil graag ons leerders te alle tye beskerm, maar ons besef ook dat dit ons plig as ‘n laerskool is om ons leerders te bemagtig vir die hoërskool asook die grootmenswêreld wat voorlê. Daar was baie hoogtepunte tydens die prysuitdelings, maar opvallend was die leerders se toejuiging tydens die bekendmaking van die akademiese presteerders. Baie van die top 10 akademiese leerders was aangenaam verras met die aankondiging van hul name en het dit glad nie verwag nie. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien dat ons leerders mekaar...
WhatsApp Communities
Indien jy sukkel om by die skool se WhatsApp Community aan te sluit d.m.v. die skakel wat in Skooler gestuur is, stuur asb. 'n WhatsApp aan Suzaan se skool WhatsApp-nommer sodat sy die skakel na die Community direk vir jou kan aanstuur: 0674354050 Sodra jy by die Community aangesluit het, sal dit in jou WhatsApp chats lê. Jy kan ook die Community in WhatsApp oopmaak deur op die Communities-ikon bo-aan (Android) of onderaan jou skerm (iPhone) te kliek. Die ikon is egter nie in WhatsApp Business beskikbaar nie. Android: iPhone: Indien jy graag 'n boodskap per WhatsApp aan 'n onderwyser wil stuur, gaan asb. na die groep waarby daardie onderwyser betrokke is en kyk in die groep se besonderhede vir sy/haar nommer. Die onderwysers is die Admins in die relevante groepe. Baie onderwysers het 'n skool selfoonnommer en verkies om daarop boodskappe vanaf ouers te ontvang eerder as hul privaat WhatApp. Respekteer dit asb. deur eerder die nommer van die onderwyser wat in die Community is, te gebruik. Vir verdere riglyne, volg gerus die...
Kalenders 2024
Die skool skakel Januarie 2024 oor na ons nuwe aanlyn kalenders. Volg asseblief die instruksies hier onder om te verseker dat jy altyd op hoogte is van die nuutste en korrekte datums van al ons skoolaktiwiteite. HOE OM OP DIE NUWE KALENDERS IN TE TEKEN Volg die skakel na die bladsy op ons webtuiste. Kopieer die skakel van die toepaslike kalender. Volg die stappe in die instruksies op die webblad om die skool se kalender met jou tipe kalender te sinchroniseer. Google Calendar gebruikers Hoe om vorige kalenders van jou rekenaar te verwyder: Maak die Google kalender oop. Soek die kalender wat jy wil verwyder in die menu links onder. Beweeg die muis na die kalendernaam. Kliek die kruisie wat verskyn. Hoe om vorige kalenders van jou foon te verwyder: Jy kan slegs die kalenders op jou selfoon wegsteek, nie verwyder nie. Om dit te verwyder, volg die stappe hier bo op jou rekenaar. Maak die Google kalender oop. Kliek op die strepies (menu) Haal die regmerkies langs die kalenders wat jy wil wegsteek, af. iCalendar gebruikers (Apple) Hoe om vorige kalenders van jou rekenaar te verwyder: Maak die iCalendar oop. Kliek op die kalender-ikon links-bo. Regskliek op die kalender wat jy wil verwyder en kies "delete". Hoe om vorige kalenders van jou foon te verwyder: Jy kan slegs die kalenders op jou selfoon wegsteek, nie verwyder nie. Om dit te verwyder, volg die stappe hier bo op jou rekenaar. Maak die iCalendar oop. Kliek op “Calendars” aan die onderkant van die skerm Haal die regmerkies langs die kalenders wat jy wil wegsteek, af. Outlook gebruikers (Microsoft) Hoe om...
Chrystal Conradie presteer in yskaats
Chrystal Conradie het die afgelope naweek aan die Yskaats WP-Kampioenskappe deelgeneem en 'n tweede plek behaal. Baie geluk, Chrystal! Wat 'n ongelooflike prestasie!
Nuwe aanstelling in musiekdepartement: Rolene van Zyl
Soos almal weet, tree Helecia Groenewald na 42 jaar aan die einde van dié jaar, af. Ons wil Helecia salueer en uit die diepte van ons harte bedank vir die uitstekende diens wat sy gedurende haar tyd by die skool gelewer het. Sy het geweldig baie leerders positief aangeraak en het ‘n liefde vir musiek by ons leerders gekweek. Ons waardeer opreg haar toegewydheid, lojaliteit, omgee en alles wat sy vir Laerskool Jan van Riebeeck gedoen het! Rolene van Zyl neem in Januarie die leisels by Helecia oor. Rolene het haar BMus (Musiek), BMus Honeurs (Musiek) en MMus (Kamermusiek) by die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Sy het baie ervaring in die onderrig van klasmusiek en het al by verskeie skole musiek onderrig, onder andere Bishops, St. Cyprians, Herzlia en Hoërskool Jan van Riebeeck. Rolene is opgewonde om die musiekdepartement, asook ons skool se kultuuraanbieding en -spyskaart, verder te ontwikkel en uit te bou. Sy is opgewonde om nuwe instrumente tot ons musiekaanbieding te voeg, asook om opwindende musiek- en kultuurprojekte aan te pak. In 2024 kan leerders deur die musiekdepartement inskryf om klavier, kitaar, saksefoon en viool te speel. Volg gerus hierdie skakel vir die...
Jan Kas oop twee dae voordat skool in 2024 open
Jan Kas sal in 2024 op die 15de Januarie oopmaak, twee dae voordat die skool vir leerders open. Die tye vir die 15de en 16de Januarie is as volg: 15 Jan 2024: 08:00 - 12:00 16 Jan 2024: 07:00 - 12:00 *Daar is heelwat ouers wat wag vir graad 4-7 rugsakke, rompies en hemde. Dit sal volgende jaar wanneer die winkel oopmaak, beskikbaar wees. Vanaf Woensdag, 17 Januarie 2024, sal die winkel weer volgens die normale ure beskikbaar wees: Maandae: 07:00 - 08:30 Dinsdae: 13:00 - 14:30 Woensdae: 07:00 - 08:30 Donderdae: 13:00 -...
Program volgende week: 11 & 12 Desember 2023
Maandag, 11 Des: Sivviedag 07:45 - gr. 7-saalbyeenkoms vir Gr. 2-7-leerders (gr. 7-ouers welkom) 13:00 (gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7) - skool verdaag Dinsdag, 12 Des: Sivviedag 07:45 - skool begin Leerders ontvang vorderingsverslae (rapporte) 10:30 - skool sluit vir alle leerders Nasorg soos...
Geagte Ouers / Voogde – 1 Desember 2023
Met dagbreek vanoggend besef ek met ‘n skok dat dit vandag die eerste dag van Desembermaand is en dit beteken dat Kersfees om die draai is! Waar het die kosbare tyd so vinnig heen gevlieg? In terme van die skool is die antwoord voor die hand liggend: dit was ‘n besondere jaar, ‘n besige jaar propvol opwindende akademiese-, kulturele- en sportaktiwiteite, en wanneer daar ook pret betrokke is, dan vlieg tyd behoorlik verby! Gister het die finale eksamens vir die gr. 4 – 7-leerders uiteindelik tot ‘n einde gekom en ek glo ons huisgesinne het ‘n sug van verligting gegee, want huishoudings kan weer ‘normaal’ en stresvry funksioneer. Alhoewel die rapporte nog nie gefinaliseer is nie, wil ek graag vir julle die versekering gee dat ons leerders puik tydens hul finale eksamens gevaar het. Ek was so bevoorreg om self die afgelope week aktief by die modereringsproses betrokke te wees. Baie dankie aan ons onderwysers wat so deeglik die antwoordstelle merk om seker te maak die leerders ontvang hul regmatige punte. Laat my ook toe om die modereringspan hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel om seker te maak dat die eksamenpunte volledig en akkuraat is wat ons benodig vir die prysuitdelings vir gr. 4 en 5 wat op Dinsdag, 05 Desember, en vir gr. 6 en 7 op Donderdag, 07 Desember, plaasvind. Ek het begrip dat prysuitdelings altyd kontroversieël sal wees, maar wees verseker dat die skool prysuitdelings met die grootste respek en omsigtigheid hanteer. Net soos ons weekliks erkenning aan sport- en kultuurprestasie in die saal en nuusbrief gee, wil ons ook graag erkenning...
Jan Kas: Geruite rompies
Ons versoek dat daar asseblief geen onnodige spanning oor die rompies moet wees nie. Die geruite rompies is in die vervaardigingsproses. Die skool gee 'n maand grasie aan die begin van volgende kwartaal vir graad 4-7-dogters om hul skorts te dra terwyl ouers dan tyd het om die rompie aan te koop. Baie dankie vir die...
Boekverkope: 4 & 5 Desember 2023
Dit is weer tyd vir ons kwartaallikse boekverkope! Dit sal eerskomende Maandag en Dinsdag (op 4 en 5 Desember) in die biblioteek plaasvind. Stuur asseblief 'n geldjie saam indien leerders belangstel om 'n boek te koop. Beide kontant en kaartbetalings, sowel as SnapScan word aanvaar. Die tye is as volg: Maandag, 4 Desember, 09:30-14:00 Dinsdag, 5 Desember, 07:00-14:00. Ons sien baie...
Kennisgewing: Woonstelblokontwikkeling
Liewe Ouer/Voog Neem asseblief kennis van die onderstaande boodskap van die "Friends of Tamboerskloof Association" (FOTA) FOTA wil graag belanghebbendes in die area bewus maak van die voorgestelde ses verdieping woonstelblok-ontwikkeling "The Aloe" bo die “Swiss Tennisclub” op die hoek van Leeukop en Quarry Hill. Julle kan meer inligting oor die projek en die beswaarproses kry by https://tinyurl.com/fotadocs. Neem asseblief kennis dat alle besware teen 11 Desember aangeteken moet word. Baie dankie vir julle dringende...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026