• Indien jy sukkel om by die skool se WhatsApp Community aan te sluit d.m.v. die skakel wat in Skooler gestuur is, stuur asb. ‘n WhatsApp aan Suzaan se skool WhatsApp-nommer sodat sy die skakel na die Community direk vir jou kan aanstuur: 0674354050
  • Sodra jy by die Community aangesluit het, sal dit in jou WhatsApp chats lê. Jy kan ook die Community in WhatsApp oopmaak deur op die Communities-ikon bo-aan (Android) of onderaan jou skerm (iPhone) te kliek. Die ikon is egter nie in WhatsApp Business beskikbaar nie.
    • Android:   
    • iPhone:
  • Indien jy graag ‘n boodskap per WhatsApp aan ‘n onderwyser wil stuur, gaan asb. na die groep waarby daardie onderwyser betrokke is en kyk in die groep se besonderhede vir sy/haar nommer. Die onderwysers is die Admins in die relevante groepe. Baie onderwysers het ‘n skool selfoonnommer en verkies om daarop boodskappe vanaf ouers te ontvang eerder as hul privaat WhatApp. Respekteer dit asb. deur eerder die nommer van die onderwyser wat in die Community is, te gebruik.
  • Vir verdere riglyne, volg gerus die skakel.