Ons versoek dat daar asseblief geen onnodige spanning oor die rompies moet wees nie. Die geruite rompies is in die vervaardigingsproses. Die skool gee ‘n maand grasie aan die begin van volgende kwartaal vir graad 4-7-dogters om hul skorts te dra terwyl ouers dan tyd het om die rompie aan te koop. Baie dankie vir die geduld.