Soos almal weet, tree Helecia Groenewald na 42 jaar aan die einde van dié jaar, af. Ons wil Helecia salueer en uit die diepte van ons harte bedank vir die uitstekende diens wat sy gedurende haar tyd by die skool gelewer het. Sy het geweldig baie leerders positief aangeraak en het ‘n liefde vir musiek by ons leerders gekweek. Ons waardeer opreg haar toegewydheid, lojaliteit, omgee en alles wat sy vir Laerskool Jan van Riebeeck gedoen het!

Rolene van Zyl neem in Januarie die leisels by Helecia oor. Rolene het haar BMus (Musiek), BMus Honeurs (Musiek) en MMus (Kamermusiek) by die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Sy het baie ervaring in die onderrig van klasmusiek en het al by verskeie skole musiek onderrig, onder andere Bishops, St. Cyprians, Herzlia en Hoërskool Jan van Riebeeck.

Rolene is opgewonde om die musiekdepartement, asook ons skool se kultuuraanbieding en -spyskaart, verder te ontwikkel en uit te bou. Sy is opgewonde om nuwe instrumente tot ons musiekaanbieding te voeg, asook om opwindende musiek- en kultuurprojekte aan te pak. In 2024 kan leerders deur die musiekdepartement inskryf om klavier, kitaar, saksefoon en viool te speel. Volg gerus hierdie skakel vir die inskrywingsvorm.