Kaartjies vir Kyknet Sing in Harmonie opname
Mei 28, 2018 | Koor, Kuns en Kultuur, Nuus
Onthou om julle kaartjies vir die kooropname van die Seniorkoor by Curro Sitari te Somerset Wes op Saterdag 9 Junie te koop. Kaartjies kos R90 elk en kan per EFT voor Woensdag by Marili gekoop word. Daar is 'n beperkte aantal kaartjies vir elke skool en geen kaartjies sal by die venue verkoop word nie. Alle koorlede het reeds 'n brief met volledige inligting aangaande die geleentheid ontvang. Maak seker dat u vertroud is met die inligting. Vervoer: Daar is reeds 'n paar ouers wat aangebied het om met vervoer te help. Kontak asb. vir juf. Groenewald as julle van die diens gebruik wil...
Diversiteit en bemarking subkomitee
Ouers wat belangstel in die diversiteit- en bemarkingsportefeulje en lus is om deel te word van dié subkomitee, stuur asb. ‘n e-pos aan Izelle Venter wat die portefeulje op die beheerraad behartig. In breë trekke sal die komitee elke tweede maand vergader om insette van ‘n diverse groep ouers aan te hoor asook om praktiese implementering te help dryf. Izelle se e-posadres is iventer@media24.com. Dit sal gaaf wees as jy voor 11 Junie kan laat...
Nuusbrief van 25 Mei 2018
Mei 25, 2018 | Nuusbrief
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 25 Mei 2018 Landloop: Heathfield Primary GEKANSELLEER Vrydag, 25 Mei 2018 Sivvies Vrydag, 25 Mei 2018 Semi-Finaal Redenaars Vrydag, 25 Mei 2018 Skaak @ St.Cyprians Saterdag, 26 Mei 2018 Sportdag GOUDINI HOëRSKOOL Sondag, 27 Mei 2018 Deon (onderwyser) verjaar Maandag, 28 Mei 2018 Netballiga Goodwood Park Dinsdag, 29 Mei 2018 Izél en JC (juffrouens) verjaar Woensdag, 30 Mei 2018 Rugby @ Sunningdale (WEG) Woensdag, 30 Mei 2018 Netballiga Curro Century City Donderdag, 31 Mei 2018 Charlene (juffrou) verjaar Donderdag, 31 Mei 2018 Ellerton Primary Entrepeneursdag Vrydag, 1 Junie 2018 Landloop: Fish Hoek Primary School Vrydag, 1 Junie 2018 Skaak @ Weizmann Saterdag, 2 Junie 2018 JvR se veilingsdinee Maandag, 4 Junie 2018 Gr. 7 Eksamen begin Dinsdag, 5 Junie 2018 Geen saal Woensdag, 6 Junie 2018 Gr.4-7 Eksamen begin Woensdag, 6 Junie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB Donderdag, 7 Junie 2018 Seniorkoor-onderhoude met KYKnet Vrydag, 8 Junie 2018 Landloop: Bishops Vrydag, 8 Junie 2018 Skaak @ Deutsche Schule Saterdag, 9 Junie 2018 Seniorkoor KYKnet-opname Maandag, 11 Junie 2018 Gr.1-3: Boekbuddies-toneelgroep besoek ons Dinsdag, 12 Junie 2018 Geen saal Donderdag, 14 Junie 2018 Matthews (terrein) verjaar Vrydag, 15 Junie 2018 Landloop: St. Augustines Vrydag, 15 Junie 2018 Eksamen eindig Saterdag, 16 Junie 2018 Jeugdag Maandag, 18 Junie 2018 Gr.6: Lead4Life Maandag, 18 Junie 2018 Gr.4&5: Musiekkonsert Dinsdag, 19 Junie 2018 Geen saal Dinsdag, 19 Junie 2018 Gr.6&7: Musiekkonsert Woensdag, 20 Junie 2018 Jannies Talent Woensdag, 20 Junie 2018 Magriet (juffrou) verjaar Donderdag, 21 Junie 2018 Markdag Donderdag, 21 Junie 2018 Sivvies >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE...
Sportdag is te RAWSONVILLE
Mei 25, 2018 | Nuus
Jammer vir die foutjie wat ingesluip het op die DATUMLYS van vandag se NUUSBRIEF! More se Sportdag is by Hoërskool Goudini en nie tuis nie!
Gr.6 Kamp, terugkeertyd
Mei 25, 2018 | Nuus
Die Gr.6'e wat van die kamp af terugkom, sal om 13:00 terug wees by die skool waarna hulle huistoe kan gaan. Die SMS-netwerk wat ons gebruik ondervind tans probleme en ons sal dus nie 'n SMS kan uitstuur nie. Laat weet ander Gr.6 ouers asb. Dankie!
Mathlete van die week
Mei 24, 2018 | Akademie, Nuus, Wiskunde
Hierdie week se top 3 leerders met die meeste punte op Mathletics is: 3. Ané Swanepoel 1 954punte 2. Henry Joubert 2 020 punte 1. Willem Burger 2 750 punte Baie geluk Willem!
Rugbyuitslae teen Reddam
Mei 24, 2018 | Nuus, Rugby, Sportuitslae
Woensdag het ons 0/8-0/11 spanne teen Reddam te staan gekom. Dit was vriendskaplike wedstryde wat gereël was om ons spelers 'n wedstryd te gee voordat ons die naweek vir Goudini en FD Conradie aanvat. Die uitslae was: 0/8 wen 25-20 0/9 verloor 20-5 0/11 wen gemaklik. Ons wil vir alle spanne sterkte toewens vir die...
Liewe Aarde Nuus van 25 Mei
Mei 24, 2018 | Algemeen, Liewe Aarde, Nuus
Jannie van die week is Noah Thau in Graad 1 – baie geluk – hou aan om getrou te herwin! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Dit is interessant dat Amerika wel 34% van hulle rommel herwin, maar ongelukkig 25% van die wêreld se rommel produseer. Sien die foto. Hierdie wys weer hoe belangrik die drie R’e is: “Reduce, Reuse and...
Belangrike Datums
augustus 2026
september 2026
05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT
Besonderhede
SING. MOVE. PLAY. CONNECT with Orff and Kodály Methods – International Music Education Workshops. By Laerskool Jan van Riebeeck, 09h00 – 13h00
Besonderhede
SING. MOVE. PLAY. CONNECT with Orff and Kodály Methods – International Music Education Workshops. By Laerskool Jan van Riebeeck, 09h00 – 13h00
08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor
12sep09:0014:00Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House
oktober 2026
november 2026
desember 2026
januarie 2027
februarie 2027
maart 2027
april 2027
mei 2027
junie 2027
julie 2027