Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 25 Mei 2018 Landloop: Heathfield Primary GEKANSELLEER

Vrydag, 25 Mei 2018 Sivvies

Vrydag, 25 Mei 2018 Semi-Finaal Redenaars

Vrydag, 25 Mei 2018 Skaak @ St.Cyprians

Saterdag, 26 Mei 2018 Sportdag GOUDINI HOëRSKOOL

Sondag, 27 Mei 2018 Deon (onderwyser) verjaar

Maandag, 28 Mei 2018 Netballiga Goodwood Park

Dinsdag, 29 Mei 2018 Izél en JC (juffrouens) verjaar

Woensdag, 30 Mei 2018 Rugby @ Sunningdale (WEG)

Woensdag, 30 Mei 2018 Netballiga Curro Century City

Donderdag, 31 Mei 2018 Charlene (juffrou) verjaar

Donderdag, 31 Mei 2018 Ellerton Primary Entrepeneursdag

Vrydag, 1 Junie 2018 Landloop: Fish Hoek Primary School

Vrydag, 1 Junie 2018 Skaak @ Weizmann

Saterdag, 2 Junie 2018 JvR se veilingsdinee

Maandag, 4 Junie 2018 Gr. 7 Eksamen begin

Dinsdag, 5 Junie 2018 Geen saal

Woensdag, 6 Junie 2018 Gr.4-7 Eksamen begin

Woensdag, 6 Junie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB

Donderdag, 7 Junie 2018 Seniorkoor-onderhoude met KYKnet

Vrydag, 8 Junie 2018 Landloop: Bishops

Vrydag, 8 Junie 2018 Skaak @ Deutsche Schule

Saterdag, 9 Junie 2018 Seniorkoor KYKnet-opname

Maandag, 11 Junie 2018 Gr.1-3: Boekbuddies-toneelgroep besoek ons

Dinsdag, 12 Junie 2018 Geen saal

Donderdag, 14 Junie 2018 Matthews (terrein) verjaar

Vrydag, 15 Junie 2018 Landloop: St. Augustines

Vrydag, 15 Junie 2018 Eksamen eindig

Saterdag, 16 Junie 2018 Jeugdag

Maandag, 18 Junie 2018 Gr.6: Lead4Life

Maandag, 18 Junie 2018 Gr.4&5: Musiekkonsert

Dinsdag, 19 Junie 2018 Geen saal

Dinsdag, 19 Junie 2018 Gr.6&7: Musiekkonsert

Woensdag, 20 Junie 2018 Jannies Talent

Woensdag, 20 Junie 2018 Magriet (juffrou) verjaar

Donderdag, 21 Junie 2018 Markdag

Donderdag, 21 Junie 2018 Sivvies

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Sportdag te Rawsonville

Ons hoop om sommer baie ouers en familie by Hoërskool Goudini te sien! Dit is ons eerste sportdag van die jaar waaraan ‘n groot groep van ons netbal- en rugbyspelers gaan deelneem.

Ek hoop en glo dat ons spelers goed sal vaar, maar vir my persoonlik is dit belangriker dat hulle dit sal geniet, dat hulle netjies sal lyk en dat die wedstryde in goeie gees gespeel sal word en wees asseblief betyds!

Alle spelers moet probeer om ten minste ‘n halfuur voor die wedstryde begin by hulle afrigters aan te meld.

ALGEMEEN

Jannie van die week is Noah Thau in Graad 1 – baie geluk – hou aan om getrou te herwin!

Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Dit is interessant dat Amerika wel 34% van hulle rommel herwin, maar ongelukkig 25% van die wêreld se rommel produseer. Sien die foto.

Hierdie wys weer hoe belangrik die drie R’e is: “Reduce, Reuse and Recycle“

Die Dapper Stappers het Saterdagoggend, 19 Mei, die Elandskloof staproete in Du Toitskloof gaan stap. Dit was ‘n heerlike roete met die mooiste natuurskoon. ‘n Paar brawe kinders en mnr. Lilly het die yskoue waterpoele in die kloof aangedurf. Dankie aan almal wat saamgestap het!

Volgende Donderdag (31 Mei) hou Ellerton hul Entrepreneursdag by ons. Ons herinner die kinders om `n geldjie te bring.

Donderdag se pouse begin 10:00 en eindig gewone tyd,nl 10:31 met die klok. Dit sal weer onder die blou afdakke by die rugbyveld wees.

Dylan Keyser (heel links) is deur na die semi-finaal van die ATKV-Redenaars wat eerskomemde Vrydag plaasvind.

Baie geluk en sterkte, Dylan!

Lilhle Godongwana (2de van links) en Amy Atkins (middel) het die afgelope naweek aan proewe deelgeneem en albei is verkies tot die o.19-Weskaap Netbalspan wat in Junie aan die Nasionale Kampioenskappe in Boksburg gaan deelneem. Lydia-Marie Ersamus (regs) het die o.16-Weskaapspan gehaal en gaan in dieselfde tyd in Sun City aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem.

AKADEMIE

Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Dinsdag, 5 Junie 2018, om 13:00 vir gr. 1 – 3 en om 13:15 vir gr. 4 – 7 sluit. Die skoolbus sal om 13:15 vertrek. Indien ‘n leerder afwesig is op ‘n gegewe dag, moet ‘n doktersertifikaat getoon word. Leerders mag nie skryfbehoeftes bymekaar leen nie en moet liefs hul eie skryfbehoeftes onthou. Eksamenvraestelle word tussen 07:50 – 10:10 geskryf.

Normale klasruilings sal daarna plaasvind, daarom moet die nodige boeke vir daardie vakke ingepak word.

EKSAMENROOSTER

Akademiese Spele: Sportwetenskap

Hierdie geleentheid vind plaas tussen 17-21 September 2018.

Kliek HIER om meer te lees.

---

KULTUUR

Die Seniorkoor neem Saterdag 9 Junie aan die Kyknet-program “Sing in Harmonie” deel. Die opname word die oggend om 11:00 by Curro Sitari in Somerset Wes gedoen. Koorlede sal reeds om 10:00 daar moet wees. Die program, waaraan ongeveer ses kore deelneem, sal so teen 13:00 klaar wees. Tref asb vroegtydig vervoerreëlings. As iemand ‘n probleem met vervoer het, kontak asb. vir juf. Groenewald sodat ons saamrygeleenthede kan organiseer. Verdere reëlings aangaande kaartjies sal binnekort deurgegee word.

Baie geluk aan ons leerders wat uitstekend gevaar het by die pas afgelope Eisteddfod Sangafdeling, sowel as die Voordragafdeling. Ons is baie trots op julle!!

Hermien van der Merwe se solo uitstalling, Come Fire – Come Rain, is nog hierdie week te siene by die Welgemeend (Hoërskool Jan van Riebeeck). Sy is ‘n ouer van ons skool en nooi ander ouers uit om hul kinders na ‘n begeleide toer deur die uitstalling te bring.

Hermien sal meer oor haar inspirasie en interessante kunsmaak tegnieke en materiale wat sy gebruik, vertel. Kontak haar gerus om ‘n afspraak te reël by: 083 7044 734 of hermien04@telkomsa.net

SPORT

Rugby-en netbalprogram vir die driehoekige byeenkoms ( L/s Jan van Riebeeck, Goudini en FD Conradie)

Ons het verlede Vrydag, 18 Mei, aan die eerste landloopwedloop vir die seisoen by Constantia Sports Complex deelgeneem. Die kompetisie was straf, maar Laerskool Jan van Riebeeck se leerders het met entoesiasme en uithouvermoë deelgeneem.

Daar was ongeveer 70+ leerders vir elke geslag per ouderdomsgroep. Ons kan dus met trots die volgende resultate deel:

0/7

Jana Olivier 9de

Isabella Marais 11de

Willem Vorster 39ste

0/8

Mieke Huysamen 36ste

Klara Maree 51ste

Jana Maree 59ste

o/9

Leah van As 73ste

o/11

Scarlett vd Merwe 8ste

Ruben Vorster 35ste

o/12

Eugenie Delpierre 29ste

o/13

Adrian Huysamen 43ste

Enzo Vorster 54ste

Ongelukkig sal die landloopwedloop van Vrydag, 25 Mei, by Heathfield Primary nie meer geskied nie, weens die opgradering van hul skool en velde. Die volgende wedloop sal dus op Vrydag, 1 Junie, by Fish Hoek Primary plaasvind.

Woensdag het ons 0/8-0/11 spanne teen Reddam te staan gekom. Dit was vriendskaplike wedstryde wat gereël was om ons spelers ‘n wedstryd te gee voordat ons die naweek vir Goudini en FD Conradie aanvat.

Die uitslae was: 0/8 wen 25-20 0/9 verloor 20-5 0/11 wen gemaklik. Ons wil vir alle spanne sterkte toewens vir die naweek.

Die netbalwedstryde wat vir Woensdag 23 Mei geskeduleer was, is uitgestel na Maandag 28 Mei. Goodwoodpark kan ongelukkig nie Woensdag na ons toe kom nie. Hulle het ‘n kooroptrede en is bang die leerders is nie betyds vir die optrede nie. Alle wedstryde vind by ons plaas.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

With every experience, you alone are painting your own canvas, thought by thought, choice by choice.

– Oprah Winfrey

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209