Dapper Stappers Beaverlac

Die Dapper Stappers het verlede naweek, 22 Februarie, by Beaverlac gaan kamp. Baie dankie aan al die ouers en leerders wat saamgegaan het en vir die lekker gees en gesellige kampvuur kuiers! Kyk gerus na die VIDEO op die Dapper Stappers blad van ons webtuiste wat een van ons leerders, Owen van der Linde, gemaak het na die...

Interne redenaarskompetisie 2019

Baie dankie aan al die leerders wat hierdie week aan die interne redenaarskompetisie deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende leerders wat aan ATKV se eerste rondte gaan deelneem in April: Gr. 3: Liam Joubert en Emma van Biljon Gr. 4 – 5: Mieke Hertzog, Carla Snijders, Héloïse Strauss, Francois Joubert en Mia Symington (Reserwe) Gr. 6 – 7: Stella Malan, Armand Meyer, Liezel Snijders, Mari Swanepoel en Cayle Stoltz (Reserwe) Ons is trots op...

O/13 Netbalproewe

Die O/13 Netbalproewe sal Maandag, 11 Maart, vanaf 14:30 - 16:30 op baan 5 plaasvind. Indien 'n speler nie die proewe kan bywoon nie, moet hulle 'n geldige verskoning vir juf. Felix stuur (ischke@jvrprim.co.za).

O/13 Krieketwedstryd, 28 Feb

Die 013-krieketspan het die eerste kwartaal se krieketseisoen op 'n hoogtepunt afgesluit deur Laerskool Kampsbaai met 34 lopies te klop. Ons manne het eerste gekolf en 113 lopies op die bord gesit. Keegan Schoeman het 53 lopies aangeteken en Jordan Thomas het hom ondersteun en 16 lopies bygedra tot die totaal. Hulle het 'n sterk vennootskap van 39 lopies gehad, voordat ons 'n paar vinnige paaltjies verloor het. Kampsbaai is ingestuur om te kolf toe die reën begin val het. Dit het ons manne nie gekeer om alles op die veld te gee nie. Peet en Ruben het albei 3 paaltjies geneem met Jordan, Thornley, Christian en Keegan wat 1 paaltjie elk geneem het om Kampsbaai se wenkoers te vertraag. Christian en Sebatian Boshoff se briljante reaksie vaardighede met die bal het ons seuns in die spel gehou. Alex Newton het dit in styl voltooi met 2 direkte “run outs” en die wedstryd was verby. Dankie manne vir 'n opwindende wedstyd. Dankie ook aan Christian Boshoff se pa vir die heerlike boereworsrolletjies! Wel gedaan manne, ons sien uit na volgende...

Kleurgala uitslae van 22 Feb en 1 Maart

Na afloop van beide kleurgalas deel ons graag die UITSLAE met julle. Die Juniorbekers word toegeken vanuit die O/10 & O/11 leerders. Beste junior meisie: Lisa-Marie Marais-beker - Sophia Liebenberg. Beste junior seun: Marie-Louise Lubbe-beker - Alexander Benecke. Die Senior bekers word toegeken vanuit die O/12 & O/13 leerders. Beste senior meisie: Hattingh-beker - Kianna-Gro Liversage. Beste senior seun: Riëtte van Reenen-beker - Dawid Adler Na die Junior gala het die spanne met 119 punte verskil: Blouspan 339 punte en die Oranjespan 458 punte. Na afloop van die Senior gala het die verskil bietjie gekrimp na slegs 100 punte: Blouspan 1072 punte en die Oranjespan 1172 punte. Die Oranjespan wen die Kleurgala! Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Daar is ses dogters wat ons in besonder wil bedank vir hulle wonderlike gedrag en die uitleef van die skool se waardes. Hulle het die hele dag (1 Maart) gesorg dat die beamptes genoeg het om te drink en ook rommel opgetel en so gehelp om ons skoolterrein skoon te hou: Jade Landsman, Lizaan Swarts, Berlin Colerich, Lameez Booysen, Layla Crouse en Kylie du Bruyn. Vir die uitslae van die dag, kliek op die...

Uitslae van Metro Individuele skaakproewe.

Ons het 8 leerders wat Vrydag en Saterdag aan die Metro Individuele skaakproewe deelgeneem het. Hulle posisies na die naweek is soos volg op die ranglys: Emma Snijders 6de vir O/7 & O/9 dogters; Melandi du Plooy 25ste vir O/7 & O/9 dogters; Louis Bosman 3de vir O/9 seuns; Petrus Bosman 3de vir O/11 seuns; Jan Karsten 15de vir O/11 seuns; Liezel Snijders 16de vir O/13 dogters; Bernard Lombaard 35ste vir O/13 seuns en Keegan Schoeman 41ste vir O/13 seuns. Die leerders wat onder die top 12 geëindig het, ontvang hul WP kleure. Baie geluk...

Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe se uitslae

Ons is baie trots op Danny Newton en Sophia Liebenberg wat albei vir verspring gekwalifiseer het om aan die Wes-Kaap Kampioenskappe op 3 Maart deel te neem. Danny Newton het 8ste in die Wes-Kaap geëindig en Sophia het 4de geëindig. Dit is ongelooflike prestasies!Baie geluk julle...

Clifton Nippers presteer

Die afgelope naweek, 2-3 Maart, het van ons leerders aan die WP lewensreddingkampioenskappe deelgeneem. Alexander Benecke kry ‘n silwer medalje vir die seuns 0/11 "Beach run" en nog ‘n silwer medalje vir die 0/12 "Taplin relay". Scarlett van der Merwe kry ‘n brons medalje vir die dogters 0/11 "Beach run". Hulle is deel van die "Clifton lifesaving club" en gaan van 24-26 Maart 2019 deelneem aan die SA lewensredding kampioenskappe in Port Elizabeth. Ons wens vir hulle alle sterkte...

Karate prestasies

Johan Symington (Gr.3) het Sondag, 3 Maart, aan 'n "BUSHIDO" Karate-dag deelgeneem. Hy het eerste plek verower waarvoor hy die goue trofee gewen het en het ook sy KATA met perfeksie uitgevoer waarvoor hy 'n medalje ontvang het. Katarina Oosthuizen het ook Sondag 'n trofee ontvang vir 'n eerste plek in die O/9 groep. Baie geluk Johan en...

Plakkate vir Kaperjolle

Daar heers groot opwinding oor die Kaperjolle Plakkate. Kliek HIER om weer na die reëls te kyk. Ons sien uit om almal se kunswerke te sien! Onthou die afsnydatum is Donderdag 7 Maart.

Kaperjolle koskompetisie: Saterdag, 13 April 2019

Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen en sit jy op hete kole om te spog met jou braaivernuf? Skryf dan in vir die Kaperjolle se eksklusiewe braaikompetisie! Stel jou wêreldkennis ten toon deur ‘n maaltyd in ‘n spesifieke land se styl oor die kole te berei. Vyftien gedugte spanne gaan meeding om ons top koskenner-beoordelaars te beïndruk en sodoende weg te stap met gesogte pryse. Hou die nuusbrief dop vir inskrywings! Terwyl die potte prut en die spitte draai, gaan daar ook pannekoeke, boereworsrolletjies en pizzas te koop wees. Die snoepie sal lekkernye verkoop asook koeldranke en roomys. Die kinders gaan groot pret hê met verskeie speletjies wat aangebied word. Sien uit om almal daar te...

Ballers sokkerskool

Die Duitse Skool in samewerking met Ballers sokkerskool, gaan van hierdie jaar af sokker op die St Michealsveld aanbied. Hulle het die inligting met ons skool gedeel indien enige van ons leerders belangstel. Sien die ADVERTENSIE vir meer inligting.

Jannies presteer op provinsiale tennisvlak

Fredrich Erasmus het die naweek van 22 - 24 Februarie as lid van die WP (Cape Town) span teen die Weskusspan gespeel. Dit het baie goed gegaan met hom, hy het al sy wedstryde gewen. Peet Karsten gaan gedurende die eerste week van die vakansie die Wes-Kaap (Cape Town) tennisspan as no. 2 vir die O/15 span in Pretoria by die SA Interpro byeenkoms verteenwoordig. Baie sterkte Peet en geniet die...

Tennis dubbelstoernooi, 1 Maart

Vrydag, 1 Maart, het ses van ons tennisspelers aan 'n dubbelstoernooi by Laerskool Table View deelgeneem. Baie geluk aan die dubbelspare, Fredrich Erasmus en Mia Symington asook Jacques Loubser en Jacomien van der Westhuizen wat beide tweede in hulle poel geëindig het. Peet Karsten en Leila Lonte het in die finaal teen twee seuns van Durbanville gespeel en uit sestien spanne algeheel tweede geëindig. Baie geluk aan al hierdie spelers - ons is baie trots op...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor