Skaak ligawedstryde teen Forres, 22 & 23 Augustus

Op Donderdag, 22 Augustus, het ons O/13 gemengde span (Jan Karsten, Bernard Lombaard en Carla Snijders) teen Forres (weg) gespeel en gewen. Die O/11 gemengde span (Emma Snijders, Melandi du Plooy, Carter Schoeman en Ben Schoeman) het Vrydag, 23 Augustus (tuis) teen Forres gespeel en ongelukkig...

Klein Boishaai Skaaktoernooi, 23 Augustus

Op Vrydag, 23 Augustus, het vier van ons leerders, Peet en Jan Karsten en Liezel en Carla Snijders, by Klein Boishaai skool in die Paarl aan hul jaarlikse skaaktoernooi deelgeneem en net-net in die laaste ronde teen Welgemoed verloor en tweede geëindig. Baie geluk...

Sekuriteitreëlings tydens konsertweek (9-13 September 2019)

1. Voorste hek (Kloofstraat) - Philip, asook ‘n eksterne veiligheidswag, sal die voorste hek beman wat slegs vir voetgangers beskikbaar sal wees. - Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer óf in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee. - Onderwysers wat aan die voorkant van die nasorg (onder die skadunette) parkeer, moet asseblief agter parkeer. - Daar sal kos op hierdie parkeerarea verkoop word. Sodra die konsert begin, word geen kos op hierdie gebied verkoop nie. Die ruimte sal dan stil en skoon wees sodat gemaklike vloei vir die deelnemers verseker word. 2. Agterste hek (Nuwe Kerkstraat) - Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees. - Matthew en ‘n eksterne veiligheidswag sal die agterste hek beman. - Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word. - Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer of in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee. 3. Afhaal van leerders by hul klaskamer - Na afloop van die konsert moet elke ouer of voog self hul kind in die bepaalde klaskamer kom afhaal en uitteken. - Onderwysers sal elke aand ‘n register byderhand hou om geteken te word. - Ongelukkig sal geen kind sonder ‘n volwassene teenwoordig die klas mag verlaat nie. - Leerders moet betyds gehaal word. ONS IS ALMAL VIR ONS LEERDERS SE VEILIGHEID...

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Eddie Quixley in Graad 3S. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Die eerste week in September is boomplantweek in Suid-Afrika. Om bome te plant, is een van die beste dinge wat ons kan doen om die planeet gesond te maak. Plant vandag 'n boom, of twee, of 350 miljoen, soos wat die mense van Ethopië onlangs gedoen het! Dit is die meeste bome wat nog ooit in 'n dag geplant is. Die vorige rekord is gehou deur Indië wat 66 miljoen bome in een dag geplant het. As almal bome plant, kan dit help om klimaatsverandering te...

isiXhosa: week 18

isiXhosa: week 18

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

Woord van die week no.82

Hierdie week het die Woord van die week 2 definisies én 2 wenners. Luister mooi! koester Definisie 1: in jou binneste lewendig hou en laat groei Sin: Ek koester al die herinneringe aan my ouma in my hart. Definisie 2: verwarm Sin: Ek koester my in die winterson wat by my kamervenster inskyn. Wenners: Ella le Roux (Gr.6dJ) & Jana Brink...

Nuusbrief van 30 Augustus 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 30 Augustus 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole Saterdag, 31 Augustus 2019 Phillip Chimukuyu (Terrein) verjaar Saterdag, 31 Augustus 2019 Rugby: Sewes Toernooi (Tuis) Saterdag, 31 Augustus 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole Sondag, 1 September 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole Maandag, 2 September 2019 Varsity Cup netbal in Stellenbosch O/11-O/13 Maandag, 2 September 2019 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar Maandag, 2 September 2019 6 Teams MATIES vs TUT - Varsity Netball 2019, 16:00 (Coetzenburg Indoor Centre) Dinsdag, 3 September 2019 Sanna Molepo (Terrein) verjaar Dinsdag, 3 September 2019 2de Rondte HPV inspuiting Gr.4 dogters Woensdag, 4 September 2019 Patrick Chadzuka (Terrein) verjaar Woensdag, 4 September 2019 Ellerton Markdag Vrydag, 6 September 2019 Loslitdag (Tema: "Time to Shine") Vrydag, 6 September 2019 Tennis: O/11 Paarl Boys Toernooi, WEG Saterdag, 7 September 2019 Wow Spelkompetisie - Provinsiale kompetisie Saterdag, 7 September 2019 Tennis: O/11 Paarl Boys Toernooi WEG Sondag, 8 September 2019 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar Maandag, 9 September 2019 Konsert Donderdag, 12 September 2019 Trix van der Vyver (Juffrou) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << NUUTSTE NUUS Gr.4 dogters - HPV Inspuitings Op 3 September sal die Gr.4 dogters die tweede rondte HPV inspuitings ontvang. Ellerton Primêr Entrepreneursdag Bekers terug Alle bekers wat by die prysuitdeling, atletiek en swem gegee is, moet nou terugkom skool toe. Bekers moet soos volg gegraveer word: 1) Prysuitdeling-bekers: 2018 en leerder se noemnaam en van bv. 2018 Jan du Toit 2) Atletiek-bekers: 2019 (l.w. NIE 2018 NIE!) en leerder se noemnaam en van bv. 2019 Jan du Toit 3) Swem-bekers: 2019 en die leerder...

O/9 Hokkiewedstryde by Durbanville Toernooi

Ons O/9 hokkiespanne het hierdie week aan Durbanville Voorbereiding se O/9 hokkietoernooi deelgeneem. Ons het wel teen die laer spanne gespeel omdat dit ons eerste wedstryde was, maar die ervaring was ongelooflik. Die wedstryde het op Hoërskool Durbanville se astro-velde plaasgevind. Ons spelers is gewoond aan gras waar die bal stadiger beweeg en moes vinnig aanpas by die spoed van die bal. Van ons spelers het gekla dat tien minute per wedstryd te kort is, maar het vinnig na die eerste wedstryd besef dat die wedstryd baie vinniger is en dat tien minute lank genoeg is! Die uitslae van die seuns se wedstryde op Dinsdag, 27 Augustus: Span 1 (F) 0-0 gelyk vs. Durbanville F; 1-0 wen vs. Kenridge F; 3-0 wen vs. Durbanville E Span 2 (G) 0-0 gelyk vs. Durbanville F; 1-0 wen vs. Durbanville G; 1-0 wen Durbanville E Die uitslae van die dogters se wedstryde op Woensdag, 28 Augustus: Span 1 (F) 0-3 verloor vs. Durbies E; 2-1 wen vs. Durbies H; 2-1 wen vs. Kings Span 2 (G) 0-1 verloor vs. Durbies G; 1-0 wen vs....

Jannies presteer by Hamiltons Rugbyklub

Dit was 'n lang rugbyseisoen vir ons klein manne, maar ten spyte daarvan het hulle ook naweke by die Hamiltons Rugbyklub gaan speel en baie goed presteer. Hulle het nie een wedstryd verloor nie. Baie geluk Dawid-Wiese Viljoen, John Gillmer, Ruald Naudé, Jean Wegner, Liam Smith en Aidan Duncan. Ons is uiters trots op...

Hoërskoolnuus

HS Jan van Riebeeck se nuwe leiers vir 2020 is aangekondig! Martriekraad Voor v.l.n.r.: Gabriella Hamman, Dylan Keyser, Louis Jordaan, Lydia-Mari Erasmus, Jonadrie van Aardt en Jacques van der Westhuizen. Agter: Ilse de Lange, Ethan Stoop, Betsy Wilke, Braam van der Vyver, Liam Peyper, Daniël Wiese en Amieke Schumann. VRL Voor v.l.n.r.: Jacques Willemse, Ethan Stevens, Johann Jordaan en Cameron Carelse. Middel: Cara Beyer, Timoné Joubert, Leander Viljoen en Gregory Barends. Agter: Dylan Keyser, Louis Jordaan en Lydia-Mari Erasmus. Afwesig: Jana-Marie Beukes en Cavan McKeon Koshuis HK Voor v.l.n.r.: Georgia Kuba, Ethan Stoop (onder-primarius); Jonadrie van Aardt (primaria); Jacques van der Westhuizen (primarius); Kayla Otto (onder-primaria) en Anelle Vermeulen. Agter: Marietjie van der Merwe, Armand Visagie, Liam Peyper en Angelo...

Paul-Philip ontvang sy WP Kleure vir gimnastiek

Paul-Philip Grobler het Saterdag deelgeneem aan die Wes-Kaap kompetisie en dit het baie goed gegaan. Hy is opgeneem in die WP-span en neem aan die SA’s kompetisie vanaf 22 tot 24 September deel. Hy het vir twee van die vyf items waaraan hy deelgeneem het ,3de plek geëindig. Baie geluk Paul-Philip! Ons is baie trots op...

Dapper Stappers

Nadat ons oorspronklike roete in Franschhoek gesluit is a.g.v. rotsstortings, het ons Saterdag die Tweede Waterval roete in die Jonkershoek natuurreservaat gaan stap. Baie dankie aan almal wat saamgestap het! Ons maak weer so in kwartaal 4.

isiXhosa: week 17

isiXhosa: week 17

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor