Ons O/9 hokkiespanne het hierdie week aan Durbanville Voorbereiding se O/9 hokkietoernooi deelgeneem. Ons het wel teen die laer spanne gespeel omdat dit ons eerste wedstryde was, maar die ervaring was ongelooflik. Die wedstryde het op Hoërskool Durbanville se astro-velde plaasgevind. Ons spelers is gewoond aan gras waar die bal stadiger beweeg en moes vinnig aanpas by die spoed van die bal. Van ons spelers het gekla dat tien minute per wedstryd te kort is, maar het vinnig na die eerste wedstryd besef dat die wedstryd baie vinniger is en dat tien minute lank genoeg is!

Die uitslae van die seuns se wedstryde op Dinsdag, 27 Augustus:
Span 1 (F) 0-0 gelyk vs. Durbanville F; 1-0 wen vs. Kenridge F; 3-0 wen vs. Durbanville E
Span 2 (G) 0-0 gelyk vs. Durbanville F; 1-0 wen vs. Durbanville G; 1-0 wen Durbanville E

Die uitslae van die dogters se wedstryde op Woensdag, 28 Augustus:
Span 1 (F) 0-3 verloor vs. Durbies E; 2-1 wen vs. Durbies H; 2-1 wen vs. Kings
Span 2 (G) 0-1 verloor vs. Durbies G; 1-0 wen vs. Kings