Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 30 Augustus 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole

Saterdag, 31 Augustus 2019 Phillip Chimukuyu (Terrein) verjaar

Saterdag, 31 Augustus 2019 Rugby: Sewes Toernooi (Tuis)

Saterdag, 31 Augustus 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole

Sondag, 1 September 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole

Maandag, 2 September 2019 Varsity Cup netbal in Stellenbosch O/11-O/13

Maandag, 2 September 2019 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar

Maandag, 2 September 2019 6 Teams MATIES vs TUT – Varsity Netball 2019, 16:00 (Coetzenburg Indoor Centre)

Dinsdag, 3 September 2019 Sanna Molepo (Terrein) verjaar

Dinsdag, 3 September 2019 2de Rondte HPV inspuiting Gr.4 dogters

Woensdag, 4 September 2019 Patrick Chadzuka (Terrein) verjaar

Woensdag, 4 September 2019 Ellerton Markdag

Vrydag, 6 September 2019 Loslitdag (Tema: “Time to Shine”)

Vrydag, 6 September 2019 Tennis: O/11 Paarl Boys Toernooi, WEG

Saterdag, 7 September 2019 Wow Spelkompetisie – Provinsiale kompetisie

Saterdag, 7 September 2019 Tennis: O/11 Paarl Boys Toernooi WEG

Sondag, 8 September 2019 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar

Maandag, 9 September 2019 Konsert

Donderdag, 12 September 2019 Trix van der Vyver (Juffrou) verjaar

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

NUUTSTE NUUS

Op 3 September sal die Gr.4 dogters die tweede rondte HPV inspuitings ontvang.

Alle bekers wat by die prysuitdeling, atletiek en swem gegee is, moet nou terugkom skool toe.

Bekers moet soos volg gegraveer word:

1) Prysuitdeling-bekers: 2018 en leerder se noemnaam en van bv.

2018 Jan du Toit

2) Atletiek-bekers: 2019 (l.w. NIE 2018 NIE!) en leerder se noemnaam en van bv.

2019 Jan du Toit

3) Swem-bekers: 2019 en die leerder se noemnaam en van bv.

2019 Jan du Toit

• Ouers is verantwoordelik vir gravering en graveringskoste.

• Gravering kan by Premier Shoes, Kloofstraat 155, gedoen word.

Alle bekers terug in die biblioteek (nie by klasonderwyser of sekretaresse nie, asb.) teen Donderdag, 15 Augustus.

Baie dankie,

NAVRAE: magriet@jvrprim.co.za

Loslitdag, 6 September

6 September is Loslitdag (Casualday)!
Tema: Time to shine! Neon en blinkers!
Bedrag: R10 vir ‘n loslitdag plakker om Vrydag 6 September gewone klere aan te trek volgens die tema.
Hoe betaal ek: Plakkers kan van Woensdag af op die Karri toep of kontant by juffrou Wright gekoop word. Plakkers sal op 5 September uitgedeel word.
Fondse word ingesamel ten bate van die Paarl ontwikkelingskool.

Ons gaan vanaf die vierde kwartaal die swemskool Swimmable by ons skool verwelkom. Swimmable gaan volgende week en in die laaste week van die kwartaal, hulself aan ons swemmers en ouers tydens die onderskeie swemoefeninge bekend stel. Volg asb. die SKAKEL om jou kind/ers se name op die Google Sheet in te vul en ‘n plek vir een van hierdie middae te verseker. Daar sal slegs ‘n beperkte hoeveelheid kinders per sessie toegelaat word. Hierdie reëling is vir kontrolebeheer en almal se veiligheid.

Kliek HIER vir die res van die buitemuurse sportprogram.

---

VERDERE NUUS

AKADEMIE

Een-en-twintig Jannies het Saterdag aan die distrikronde van die Wow-spelkompetisie by Delft Primêr deelgeneem. Die kompetisie was straf, maar ons spellers het hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Baie geluk aan die volgende drie kinders wat gekwalifiseer het om Saterdag, 7 September, aan die provinsiale kompetisie in Stellenbosch deel te neem. Ons is baie trots op julle!

Katryn Silvis (gr.1) slaan ‘n silwer medalje los!

Mieke Hertzog (gr.5) eindig vierde.

Jana Brink (gr.6) palm die goue medalje in!

isiXhosa: week 17

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

---

ALGEMEEN

HS Jan van Riebeeck se nuwe leiers vir 2020 is aangekondig!

Martriekraad

Voor v.l.n.r.: Gabriella Hamman, Dylan Keyser, Louis Jordaan, Lydia-Mari Erasmus, Jonadrie van Aardt en Jacques van der Westhuizen.

Agter: Ilse de Lange, Ethan Stoop, Betsy Wilke, Braam van der Vyver, Liam Peyper, Daniël Wiese en Amieke Schumann.

VRL

Voor v.l.n.r.: Jacques Willemse, Ethan Stevens, Johann Jordaan en Cameron Carelse.

Middel: Cara Beyer, Timoné Joubert, Leander Viljoen en Gregory Barends.

Agter: Dylan Keyser, Louis Jordaan en Lydia-Mari Erasmus.

Afwesig: Jana-Marie Beukes en Cavan McKeon

Koshuis HK

Voor v.l.n.r.: Georgia Kuba, Ethan Stoop (onder-primarius); Jonadrie van Aardt (primaria); Jacques van der Westhuizen (primarius); Kayla Otto (onder-primaria) en Anelle Vermeulen.

Agter: Marietjie van der Merwe, Armand Visagie, Liam Peyper en Angelo Pieterse

SPORT

Roelf van der Merwe het Saterdag aan die Wes-Kaap kompetisie deelgeneem en dit het baie goed gegaan met hom. Hy is opgeneem in die Wes-Kaap span en neem deel aan die SA’s kompetisie gedurende die September skoolvakansie. Hy ontvang dus sy Wes-Kaap kleure.

Sy gemiddelde prestasie vir die 6 dissiplines (vloer, rekstok, ringe, parallelle stawe, sprong en pommel) was 8.89 uit 10. Hy het ‘n brons toekenning ontvang vir die rekstok en ‘n silwer toekenning vir die parallelle stawe. Baie geluk Roelf! Ons is baie trots op jou!

Paul-Philip Grobler het Saterdag deelgeneem aan die Wes-Kaap kompetisie en dit het baie goed gegaan. Hy is opgeneem in die WP-span en neem aan die SA’s kompetisie vanaf 22 tot 24 September deel. Hy het vir twee van die vyf items waaraan hy deelgeneem het ,3de plek geëindig. Baie geluk Paul-Philip! Ons is baie trots op jou!

Nadat ons oorspronklike roete in Franschhoek gesluit is a.g.v. rotsstortings, het ons Saterdag die Tweede Waterval roete in die Jonkershoek natuurreservaat gaan stap. Baie dankie aan almal wat saamgestap het! Ons maak weer so in kwartaal 4.

Ons O/9 hokkiespanne het hierdie week aan Durbanville Voorbereiding se O/9 hokkietoernooi deelgeneem. Ons het wel teen die laer spanne gespeel omdat dit ons eerste wedstryde was, maar die ervaring was ongelooflik. Die wedstryde het op Hoërskool Durbanville se astro-velde plaasgevind. Ons spelers is gewoond aan gras waar die bal stadiger beweeg en moes vinnig aanpas by die spoed van die bal. Van ons spelers het gekla dat tien minute per wedstryd te kort is, maar het vinnig na die eerste wedstryd besef dat die wedstryd baie vinniger is en dat tien minute lank genoeg is!

Die uitslae van die seuns se wedstryde op Dinsdag, 27 Augustus:

Span 1 (F) 0-0 gelyk vs. Durbanville F; 1-0 wen vs. Kenridge F; 3-0 wen vs. Durbanville E

Span 2 (G) 0-0 gelyk vs. Durbanville F; 1-0 wen vs. Durbanville G; 1-0 wen Durbanville E

Die uitslae van die dogters se wedstryde op Woensdag, 28 Augustus:

Span 1 (F) 0-3 verloor vs. Durbies E; 2-1 wen vs. Durbies H; 2-1 wen vs. Kings

Span 2 (G) 0-1 verloor vs. Durbies G; 1-0 wen vs. Kings

Dit was ‘n lang rugbyseisoen vir ons klein manne, maar ten spyte daarvan het hulle ook naweke by die Hamiltons Rugbyklub gaan speel en baie goed presteer. Hulle het nie een wedstryd verloor nie. Baie geluk Dawid-Wiese Viljoen, John Gillmer, Ruald Naudé, Jean Wegner, Liam Smith en Aidan Duncan. Ons is uiters trots op julle.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Geleenthede gaan by die meeste mense verby omdat dit ‘n oorpak aanhet en na werk lyk.”

– Thomas Edison

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209