Baie geluk aan ons Jannie van die week, Eddie Quixley in Graad 3S. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Die eerste week in September is boomplantweek in Suid-Afrika. Om bome te plant, is een van die beste dinge wat ons kan doen om die planeet gesond te maak. Plant vandag ‘n boom, of twee, of 350 miljoen, soos wat die mense van Ethopië onlangs gedoen het! Dit is die meeste bome wat nog ooit in ‘n dag geplant is. Die vorige rekord is gehou deur Indië wat 66 miljoen bome in een dag geplant het. As almal bome plant, kan dit help om klimaatsverandering te bestry.