1. Voorste hek (Kloofstraat)
– Philip, asook ‘n eksterne veiligheidswag, sal die voorste hek beman wat slegs vir voetgangers beskikbaar sal wees.
– Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer óf in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee.
– Onderwysers wat aan die voorkant van die nasorg (onder die skadunette) parkeer, moet asseblief agter parkeer.
– Daar sal kos op hierdie parkeerarea verkoop word. Sodra die konsert begin, word geen kos op hierdie gebied verkoop nie. Die ruimte sal dan stil en skoon wees sodat gemaklike vloei vir die deelnemers verseker word.

2. Agterste hek (Nuwe Kerkstraat)
– Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees.
– Matthew en ‘n eksterne veiligheidswag sal die agterste hek beman.
– Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word.
– Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer of in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee.

3. Afhaal van leerders by hul klaskamer
– Na afloop van die konsert moet elke ouer of voog self hul kind in die bepaalde klaskamer kom afhaal en uitteken.
– Onderwysers sal elke aand ‘n register byderhand hou om geteken te word.
– Ongelukkig sal geen kind sonder ‘n volwassene teenwoordig die klas mag verlaat nie.
– Leerders moet betyds gehaal word.

ONS IS ALMAL VIR ONS LEERDERS SE VEILIGHEID VERANTWOORDELIK!