OUERSPORTDAG 2025

Merk jou kalender! Wanneer: Saterdag, 29 November 2025 Waar: Laerskool Jan van Riebeeck ???? DIE HOOF AKSIE: OUERSPORT (09:00 - 17:00) Netbal: 09:00-11:00 Raak Rugby: 09:00-13:00 Swem: 13:00 Hokkie: 13:30-17:00 Skaak en tennis: 13:30-17:00 ????‍????‍????‍???? VIR DIE RES VAN DIE GESIN (HEELDAG PRETDAG) ???? Kindermarkdag (10:00 - 12:00) Laat die jong entrepreneurs jou beïndruk! Kaartjies beskikbaar op Karri. ☕ Koffie Huis & Snoepie Vir daardie noodsaaklike kafeïen-hupstoot en al die soetgoed. ???? Hoender Burgers & Repies (10:00 - 15:00) Heerlike kos ten bate van die Kaapstad Kinderhuis. ???? Woodstock Brewery (13:00 - 18:00) Vir die wat dors is! Gryp tjips, versnaperings en 'n koue een. Spesiale Aanbod: Kry jou bier-kaartjie vir R250 vir 5 biere! Bier-kaartjies beskikbaar op Karri. (verkope sluit 27 November) ???? DIE GROOT AFSLUITING (17:15) SA RUGBY op die GROOTSKERM in die saal! Kom geniet die...

Mediasentrum Kennisgewing

Leerders sal ongelukkig vanaf 7 November 2025 nie meer boeke mag uitneem nie, maar is meer as welkom om tydens tweede pouse op Dinsdae en Donderdae in die mediasentrum te kom lees of ontspan met ’n boek. Kom geniet steeds ’n bietjie leespret!

Gr.4-7 Prysuitdeling: Aansoek vir spesiale toekennings

Alle gr.4-7 leerders wat tydens hierdie jaar besonderse prestasies behaal het óf veelsydigheid getoon het op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir 'n spesiale prys by die prysuitdeling.  Voltooi asb. die aangehegte vorm en handig die vorm en afskrifte van bewyse van die prestasie(s) teen Vrydag, 21 November by juf. Lucia de Jager in. 'n Hardekopie van die vorm kan ook afgehaal word. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/11/Veelsydigheid-gr.4-7.pdf" title="Veelsydigheid...

Geagte Ouers / Voogde – 07 November 2025  

Ek hoop en vertrou dat dit met almal in ons skoolgemeenskap goed gaan, veral dié tyd van die jaar (ook bekend as die “silly season”) waar ons nog so baie persoonlike en/of werkstake moet afhandel en sperdatums moet eerbiedig onder baie druk voordat die langverwagte Desembervakansie vir almal welverdiend aanbreek. Volgende week, op Maandag, 10 November, begin die finale eksamen vir die Gr. 7’s. Die assesserings vir die grondslagfase is reeds vanaf Maandag, 3 November, volstoom aan die gang. Ons grondslagfase-onderwysers hanteer die finale assesserings op ’n deurlopende basis, wat beslis help om die assesseringsangs by ons leerders te verminder. Soos julle weet, mag ek mos nie eintlik die “E-woord” gebruik nie aangesien die WKOD dit assesserings as kontroletoets beskou, maar op Donderdag, 13 November, begin die Gr. 4–6-leerders ook met hul eksamen, en wens ek al ons leerders, ouers/voogde, tutors, fasiliteerders en personeel voorspoed toe. Eksamen verhoog ongelukkig stres- en angsvlakke by leerders, en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as onderwysers te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen/assessering te help bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres as gevolg van enige eksamen laat die meeste mense snak na hul asem, maar dit is ’n natuurlike reaksie, en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees om ons leerders vir hul hoërskoolloopbaan asook volwasse lewe voor te berei. Graag neem ek die vrymoedigheid om die volgende wenke aan julle as ouers/voogde voor te stel wat jou kind/ers se eksamenstres — en moontlik jou eie angstigheid daaroor — hok sal...

BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL

Ons dansskool bied verskeie genres van dans aan! Hierdie naweek is dit Ballet se beurt, en ons jaarlikse American Academy of Ballet "Performance Awards" vind op Sondag, 9 November 2025, om 10vm by LS JvR plaas. Ons beoordelaars is Iain McDonald van Joburg Ballet in Johannesburg en Laurence Kaplan, Direkteur van AAB in New York. Ons oulike dansers is reeds baie opgewonde! Dis ’n wonderlike geleentheid om aan ’n internasionale program deel te neem met pragtige, voorgeskrewe werke. Alhoewel al ons dansers AAB-opleiding ontvang, is deelname nie verpligtend nie. Ons is trots op die dansers wat gaan deelneem en ons dansskool verteenwoordig. Break a leg! Deelnemers: Gr 1: Heike Louw en Ada Uys Gr 2: Mila Maree, Emily Theron, Isabella Robinson, Cornelia Opperman en Emma Wilke Gr 4: Mika van der Walt en Christa-Bella Swart Gr 5: Heidi van Heerden en Natalie Lawson Gr 6: Solange Stevens Gr 7: Ella Grey en Gabi Buckenham Gr 9: Kerala Allewell en Karlien van der Walt Gr 10: Lara Basson Kom ondersteun ons gerus! Almal is welkom, en jong en oud sal dit geniet: pragtige musiek, stylvolle choreografie en talentvolle dansers. Groete, Juf Barbie...

Jan Kas sluit: 27 November 2025

Ons skoolklerebank, Jan Kas, sal op Donderdag, 27 November 2025, om 10:00 vir die jaar sluit vir voorraadopname. Ons vra vriendelik dat ouers en leerders asseblief alle nodige skoolklere voor hierdie tyd aankoop, aangesien geen verkope ná hierdie datum hanteer kan word nie. Baie dankie vir julle begrip en...

Spog met oud-Jannies

Ons is opgewonde om met hierdie oud-Jannies te spog, aangesien die twee seuns tot die leerderraad van Rondebosch Boys’ High School vir 2026 verkies is. Baie geluk aan Taniel Webber, wat as hoofseun, en Alexander Benecke, as leerderraadslid verkies is. Ons wens hulle alle sterkte toe met die belangrike werk wat vir hulle voorlê. Taniel en sy ouers, Thornley en Elbe Webber. Alexander en sy ouers, Christo Benecke en Barbara...

De Hoop Atletiekbyeenkoms

Ons het Vrydag, 24 Oktober, vir die eerste keer deelgeneem aan die De Hoop-atletiekbyeenkoms. Dit was ’n koel middag, maar ons atlete het regtig baie mooi presteer. Soos ons oor die laaste paar jaar gesien het, staan ons nie terug vir die groot skole nie. Baie geluk aan die volgende atlete wat medaljes verower het: Jack Dawes, 1ste 80m hekkies Bella Malan, 2de 80m Louis Hofmeyr, 2de 80m Dylan Daniels, 2de verspring Maia du Toit, 3de 70m hekkies Rafa Lamprecht, 3de hoogspring Lizzy Snyders, 3de verspring Leah Jacobsz, 3de 600m Vir die laaste item van die aand het Phumi Salamani, Dane Botha, Stef Nel en Louis Hofmeyr ’n 3de plek in die wisselaflos verower. ’n Briljante manier om die aand af te sluit. Baie dankie aan elke atleet wat deelgeneem het en net hulle beste gegee het. Ons is baie trots op hulle. Baie dankie aan almal wat kom ondersteun het; dit beteken soveel vir ons kinders. Laastens wil ons vir mnre. Leon, André, Keenen en Dian bedank vir die mooi manier waarop hulle met ons atlete gewerk...

Belangrike vergaderings: 3 – 6 November 2025

Neem asseblief kennis van die volgende inligtingsvergaderings wat volgende week plaasvind: Maandag, 3 November:  Goedkeuring van begroting 2026 om 18:00 in die skoolsaal (sien mnr. Beets se skrywe). Slegs vir ouers. Dinsdag, 4 November: Oorgang van graad 3 na 4-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 4-ouers van 2026. Slegs vir ouers/voogde. Woensdag, 5 November: Voornemende graad 1-ouers van 2026 ontmoet mekaar om 18:00 in die skoolsaal. Slegs vir ouers/voogde. Donderdag, 6 November: Oorgang van graad 6 na 7-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 7-ouers van 2026. Slegs vir...

Geagte Ouers / Voogde – 31 Oktober 2025  

Vandag sluit ons week 3 van die kwartaal af deur vir Oktobermaand spreekwoordelik te groet. Dit bly maar verstommend hoe vinnig die jaar einde se kant toe snel, met een van die langste maande van die jaar wat in ’n oogwink verby is, om môre Novembermaand te verwelkom. Kersfees maak dan sommer ook skielik sy verskyning op die kalender met die pragtigste Kersfeesversierings wat winkelsentrums oral verfraai. Ons junior koor het op Woensdag, 22 Oktober, aan die Weskus Koorfees te Laerskool Van Riebeeckstrand, asook op Saterdagoggend, 25 Oktober, te Hoërskool Jan van Riebeeck tydens hul PlezierMarkt opgetree en hulle weereens puik van hul taak gekwyt. Baie dankie, mnr. Ben en die junior koor, wat ons so trots maak met jul puik optredes die afgelope jaar. Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om die volgende leerders wat silwer medaljes tydens die Kaapse Eisteddfod verower het, hartlik geluk te wens – ons is baie trots op julle: Floris Muller – voordrag Frannie Samuel – voordrag Cornelia Opperman – voordrag Jean-Jacques Rossouw – voordrag Mika van der Walt – voordrag Antjie Samuel – voordrag Coreen Scholtz – onvoorbereide lees Graad 5–6, asook Junior Sang (in die kategorie Afrikaanse Lirieke) Gerhard Conradie – onvoorbereide lees Graad 5–6, asook vir voordrag Jamie Jordaan – unprepared reading Susie Samuel – onvoorbereide lees, asook unprepared reading Coreen Scholtz en Antjie Samuel – Beste Junior Deelnemer in die UNISA-afdeling, asook onvoorbereide lees vir Graad 5–6. Op Vrydag, 24 Oktober, het ons vir die eerste keer aan Laerskool De Hoop se middag-/aand-atletiekbyeenkoms onder spreiligte deelgeneem. Ons het 32 atlete na die De Hoop-atletiekbyeenkoms in Somerset-Wes geneem,...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor