Musieklesse
Sep 14, 2020 | Kuns en Kultuur, Musiek, Nuus
Indien iemand belangstel in klavier- of blokfluitlesse, kontak gerus vir juf. Helecia by helecia@jvrprim.co.za. Daar is nog een of twee plekkies beskikbaar.
Aanbieding 11 – Empatie
Sep 11, 2020 | Jannies Gesprekke, Nuus
https://vimeo.com/456841172
JvR-Spelfees 2020
Op 20 Oktober hou ons ons eie spelfees! Enigeen kan inskryf en daar is lekker pryse vir die wenners! Inskrywings sluit op 30 September. Kliek op die skakels hieronder vir meer inligting: Inligtingsbrief Inskrywingsvorm Spellyste
Gelukwensing
Graag wil ons vir Dawie Marais, Adri Marais se man, gelukwens met sy aanstelling as bestuurder van die Suid-Afrikaanse Kinderhuis. Ons wens hom alle sterkte toe!
Somerdrag
Leerders het vanaf 28 September die keuse om somer- of winterdrag te dra. Vanaf 2 November (kwartaal 4), is somerdrag verpligtend.
isiXhosa 2020 – week 19
isiXhosa 2020 – week 19
Beheerraad-tussenverkiesing
Die WKOD vereis dat interim-Beheerraadverkiesings afgehandel word teen einde September – dit sal aanlyn op Dinsdag, 29 September, tussen 17:00 en 18:00 plaasvind. Ons het intussen besluit om slegs met die herverkiesing van een portefeulje voort te gaan – regsake. Beide Cobus Loubser (finansies en sport) en LJ le Roux (terrein) se posisies sal dan by die 2021-Beheerraadsverkiesing beskikbaar wees. As jy iemand vir die regsportefeulje wil benoem of as jy bereid is om te staan en 'n nominasie het, kontak asb. vir jodene@jvrprim.co.za. Laerskool- en Graad R-ouers kan staan. Die vorms sal vanaf Dinsdag, 15 September, beskikbaar wees. Nominasies sluit teen Maandag, 28 September, om 19:00. As jy daaraan dink om vanaf volgende jaar op die Beheerraad te dien, is jy welkom om vir Merwe Scholtz (mscholtz@genfin.co.za) of Izelle Venter (iventer@media24.com) te kontak. FORMELE KENNISGEWING...
Ouerbesoeke 8 – 10 September
Onthou asb. om 'n afspraak te maak indien jy 'n bepaalde onderwyser wil kom sien: GRONDSLAGFASE AFSPRAKE & INTERSENFASE AFSPRAKE. Lees asb. deur die reëlings vir die afsprake: 1. Ingang sal vanaf Nuwe Kerkstraat se hek toegelaat word. Ouers sal nie die Kloofstraat-ingang kan gebruik nie. 2. Daar sal onderskeie siftingstasies wees om die nodige veiligheidsregulasies te respekteer. Die grondslagfase sal by die klas waar die afspraak plaasvind, gesif word. Die intersensiftingstasies sal in die parkeerarea naby juf. Marianna Oosthuizen se klas wees asook in die vierkant by die admingebou se ingang. 3. Jy moet 'n masker dra. 4. Kom asb. so na as moontlik aan jou afspraak die skool binne om verkeer in die gange te minimaliseer. 5. Indien dit nie moontlik is om 'n afspraak met 'n onderwyser te maak nie, sal ons dit verwelkom om self 'n alternatiewe reëling met die spesifieke onderwyser te tref. 6. Ongelukkig sal geen kinders binne die skool toegelaat word terwyl die ouerbesoeke plaasvind nie aangesien ons die hoeveelheid mense binne die skool beperk. Nasorgleerders mag wel by die nasorg wag totdat hulle afgehaal word soos die natuurlike prosedure is. Uitkomtyd: 8 - 10 September 12:45 - Graad 1 en 2 13:00 - Graad 3 - 5 13:10 - Graad 6 en...
Welwillendheid: Pousekos
Die Welwillendheidskomitee wil baie graag al die ouers bedank wat pousekos aan leerders voorsien het. Toe die skool in die Grendeltyd oopgemaak het, het ouers elke dag aan gemiddeld 27 leerders pousekos voorsien. Die broodjies is met ekstra liefde, bemoedigende boodskappe, vrugte en ‘n bederf-lekker aan die leerders gegee. Baie dankie aan Ria Hertzog, wat die koördineerder was, en haar gedugte span. Die kinders het die kos baie geniet en dit was definitief die hoogtepunt van hulle dag. Dit word opreg...
isiXhosa 2020 – week 18
isiXhosa 2020 – week 18
isiXhosa 2020 – week 17
isiXhosa 2020 – week 17
isiXhosa 2020 – week 17
Aug 31, 2020 | isiXhosa
Belangrike Datums
augustus 2026
04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)
september 2026
05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT
Besonderhede
SING. MOVE. PLAY. CONNECT with Orff and Kodály Methods – International Music Education Workshops. By Laerskool Jan van Riebeeck, 09h00 – 13h00
Besonderhede
SING. MOVE. PLAY. CONNECT with Orff and Kodály Methods – International Music Education Workshops. By Laerskool Jan van Riebeeck, 09h00 – 13h00
08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor
12sep09:0014:00Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House
oktober 2026
november 2026
desember 2026
januarie 2027
februarie 2027
maart 2027
april 2027
mei 2027
junie 2027
julie 2027