Die Welwillendheidskomitee wil baie graag al die ouers bedank wat pousekos aan leerders voorsien het. Toe die skool in die Grendeltyd oopgemaak het, het ouers elke dag aan gemiddeld 27 leerders pousekos voorsien. Die broodjies is met ekstra liefde, bemoedigende boodskappe, vrugte en ‘n bederf-lekker aan die leerders gegee. Baie dankie aan Ria Hertzog, wat die koördineerder was, en haar gedugte span. Die kinders het die kos baie geniet en dit was definitief die hoogtepunt van hulle dag. Dit word opreg waardeer.