Onthou asb. om ‘n afspraak te maak indien jy ‘n bepaalde onderwyser wil kom sien: GRONDSLAGFASE AFSPRAKE & INTERSENFASE AFSPRAKE.

Lees asb. deur die reëlings vir die afsprake:

1. Ingang sal vanaf Nuwe Kerkstraat se hek toegelaat word. Ouers sal nie die Kloofstraat-ingang kan gebruik nie.
2. Daar sal onderskeie siftingstasies wees om die nodige veiligheidsregulasies te respekteer. Die grondslagfase sal by die klas waar die afspraak plaasvind, gesif word. Die intersensiftingstasies sal in die parkeerarea naby juf. Marianna Oosthuizen se klas wees asook in die vierkant by die admingebou se ingang.
3. Jy moet ‘n masker dra.
4. Kom asb. so na as moontlik aan jou afspraak die skool binne om verkeer in die gange te minimaliseer.
5. Indien dit nie moontlik is om ‘n afspraak met ‘n onderwyser te maak nie, sal ons dit verwelkom om self ‘n alternatiewe reëling met die spesifieke onderwyser te tref.
6. Ongelukkig sal geen kinders binne die skool toegelaat word terwyl die ouerbesoeke plaasvind nie aangesien ons die hoeveelheid mense binne die skool beperk. Nasorgleerders mag wel by die nasorg wag totdat hulle afgehaal word soos die natuurlike prosedure is.

Uitkomtyd: 8 – 10 September

12:45 – Graad 1 en 2
13:00 – Graad 3 – 5
13:10 – Graad 6 en 7