Voorlopige kultuurdatums

Voorlopige datums vir musiekkonserte hierdie kwartaal: Dinsdag, 21 April 9:00 Gr.1 & 2 Dinsdag, 21 April 11:00 Gr.3 Slegs 2 volwassenes per deelnemer sal toegelaat word. Geen klasse sal kom kyk nie. Voorlopige datums vir musiekkonserte kwartaal 2: Maandag, 5 Julie 9:00 Gr.4 & 5 Maandag, 5 Julie 11:00 Gr.6 & 7 Slegs 2 volwassenes per deelnemer. Jannies Talent: Voorlopige datum vir Jannies Talent: Woensdag 7 Julie As jy 'n spesiale talent het, kom skryf in! Dans, sing, toneelspeel, musiekmaak, toorkuns......dink solank en...

Personeelontwikkeling: Zandile slaag matriek!

Ons wil graag vir Zandile Salimani, Gr.00 klasassistent by Huppelland, baie geluk wens met haar groot prestasie. Zandile het na 20 jaar besluit om haar matriek te voltooi en wil graag verder studeer om 'n onderwyseres te word. Die Opvoedingstrust het haar in 2019 by College of Cape Town ingeskryf en sy het gedurende 2019 en 2020 aand- en naweekklas geloop. Sy het baie hard gewerk en ons is baie trots op haar. Baie geluk Zandile! Ons bedank ook graag die Opvoedingstrust wat hierdie fantastiese geleentheid moontlik gemaak...

Geagte Ouers / Voogde

So breek week 3 van die aangepaste kwartaalkalender aan met die goeie nuus van ons president, Mnr. Cyril Ramaphosa, dat die land se grendelstatus tot vlak 1 aangepas word. Dit is goeie nuus vir alle Suid-Afrikaners en bring groot verligting vir ons land se kwesbare ekonomie. Die aandklokreël wat tot middernag verleng is, verskaf meer tyd om ons behoefte aan sosiale interaksie op ‘n verantwoordelike wyse te geniet. Baie dankie vir al die Graad 1-ouers wat op Woensdag, 3 Maart 2021, vir die oueraand en piekniek opgedaag het. Ek waardeer julle teenwoordigheid en verwelkom jul betrokkenheid by die skool. Wanneer ouers betrokke by die skool is, ontmoet hulle die opvoeders asook ander ouers om sodoende die gemeenskaplike belang net verder te vergroot. Vir my is die ouers en die skool in ‘n kardinale vennootskap en met jul aktiewe betrokkenheid word die lojaliteit teenoor die skool en sy personeel verstewig. Jane D. Hull het die volgende stelling gemaak: “At the day, the most overwhelming key to a child’s success is the positive involvement of parents’’. Verder is ek baie opgewonde en sien ek daarna uit om julle en jul gesinne vanaand by die piekniekfunksie te ontvang. Ek is op diens by die Conradieveld, maar sal beslis kom inloer by die skool. Ek glo en vertrou dat ons almal die samesyn sal geniet en nuwe kennisse sal maak. Baie dankie by voorbaat dat julle die Covid-19 protokol tydens die funksie sal eerbiedig. Neem asseblief kennis van die volgende: 1. Verkiesing van die 2021 Beheerraad (BR): Neem asseblief kennis van die volgende belangrike inligting: ● Termyn: 2021 – 2024 (3 jaar). ●...

Fotodag, 10 Maart

Woensdag, 10 Maart, is fotodag. A.g.v. COVID gaan ons individuele foto's neem en 'n collage vir elke klas maak om 'n klasfoto te skep (sien voorbeeld onderaan). Daar sal dus geen klasfoto's geneem word nie. Slegs die volgende foto's word geneem: * Individuele foto's * Boetie- en sussiefoto * Beheerliggaamfoto 2020 *Suidoosterredaksie 2021 *OOV Kleredrag: Leerders dra hul blou feeshempies. Indien leerders nog nie 'n feeshempie het nie, moet hulle in skoolklere skool toe kom. Daar sal nie LO op daardie dag wees nie. Maak asb. seker dat jou kind(ers) netjies lyk. Hoe werk die bestelling van foto's: Stap 1: Die fotograaf sal eers na ongeveer 3 weke die foto's terug skool toe stuur. Stap 2: Daarna word die foto's huis toe gestuur en ouers kan dan op die koeverte of op die webtuiste van die fotograaf bestel. Stap 3: Wag geduldig totdat foto's terug kom skool toe. NB: Fotogeld gaan NIE deur die Karri-toep nie! Laaste dag vir fotobestellings is 21 April...

Atletiekbyeenkoms

Ons beplan ‘n atletiekbyeekoms en geskied soos volg: • Slegs naellope • Grondslagfase geskied op Ma, 19 April 2021. • Intersenfase geskied op Di, 20 April 2021. • Volledige inligting en reëlings volg. • Ongelukkig sal ouers dit nie kan bywoon nie.

Netbalregistrasie vir 2021

Ons het nog geen finale datums of inligting ontvang oor hoe die pad vorentoe lyk vir netbal in 2021 en of ons wel enige wedstryde gaan speel nie. Ons moet egter al ons vorms vir Netbal Suid-Afrika en Wes-Kaap Netbal invul om nou al te registreer. Die Wêreldbeker Netbal Toernooi word in 2023 in Suid-Afrika aangebied. Netbal Suid-Afrika moet sekere inligting aan die Internasionale federasie inhandig en benodig die inligting wat ouers in die vorm moet invul. Volg asb. die skakel om jou kind vir die 2021 seisoen te registreer sodat ons gereed kan wees as ons die groenlig kry om met oefening te begin. Voltooi asb. 'n nuwe vorm vir elke kind. Netbalregistrasie...

Jannie presteer by Wilson Tennistoernooi

Op Sondag, 28 Februarie, het Dawid-Wiese Viljoen (graad 5) aan die Wilson toernooi in Durbanville deelgeneem. Hy het 2de geëindig. In sy finale rondtes het hy onder andere te staan gekom teen die nommer 2 van WP 0/11 en gewen met 4-3 (7-3). Baie geluk Dawid-Wiese! Dit is wonderlik om te sien hoe ons kinders presteer en...

Roomyse te koop

Ons hou 'n fondsinsameling vir welwillendheid! Daar sal elke Vrydag roomyse teen R10 by die skool verkoop word.

Jannies presteer tydens Nippers-eksamen

Op Sondag, 28 Februarie, het meer as 50 Nippers by die Clifton Lewensredding klub hul Nippers-eksamen afgelê. Hulle het vir weke lank vir hierdie eksamen geoefen en kon die vrugte pluk van ure se harde werk. Baie geluk aan die volgende leerders: Stella Pansegrouw - Vlak 1 Jeanne van Heerden - Vlak 1 Daxton Liversage - Vlak 2 Emily Roff - Vlak 2 Kai Allewell - Vlak 2 Conrad Bezuidenhout - Vlak 2 Izak Bezuidenhout - Vlak 3 Hier is 'n foto van Kai Allewell in...

Deelname vir Swemgala (18 & 19 Maart)

Ons wil graag 'n behoeftebepaling vir die gewysigde swemgala (18 & 19 Maart) doen voordat ons die program finaliseer om te bepaal wat die balangstelling per groep vir die onderskeie swemslae is. Geen inskrywings sal vooraf aanvaar word nie. Alle inskrywings vind op die dag plaas. Indien jou kind/ers besluit om nie meer aan iets deel te neem nie, hoef jy ons nie in kennis te stel of jou inligting vir hierdie vorm te verander nie. Ongelukkig mag daar steeds geen toeskouers by hierdie geleentheid wees nie. Ons sal baie foto's neem en dit met ouers d.m.v. die nuusbrief deel. Volg die korrekte skakel en voltooi asb. die vorm om aan te dui waaraan jou kind/ers wil deelneem. Maak asb. seker dat hulle die onderskeie slae (vryslag , borsslag, rugslag of vlinderslag) kan swem. O/7 - O/9 Swemslae O/10 - O/13 swemslae Meer inligting sal in die volgende nuusbrief beskikbaar...

Geagte Ouers / Voogde

Kan julle glo, vandag is dit reeds die 2de week nadat die skool sy deure geopen het. Tyd vlieg ongelooflik vinnig verby. Roetine word stadig maar seker weer deel van ons leerders se daaglikse lewe en dit is verblydend om die stralende gesiggies te sien wat soggens by die skool opdaag. Ek glo julle as ouers is ook bly om nie meer die rol van ‘huisonderwyser’ te vertolk nie. Leerders het dit die afgelope week geniet om weer aan skoolsport saam met hul klasmaats deel te neem aangesien die buitemuurse program op Maandag, 22 Februarie 2021, afgeskop het. Kooroefeninge het ook begin wat bydra tot ons skool se gebalanseerde, holistiese benadering. Ek glo dat buitemuurse aktiwiteite fiksheid, konsentrasie, deursettingsvermoë, dissipline, spierontwikkeling en samehorigheid ontwikkel. Vir ‘n kind om ‘n ontwikkelingsvoordeel uit aktiwiteite te trek, moet hy/sy dit in die eerste plek geniet. Help dus jou kind om die regte sport of aktiwiteit vir hom/haar te vind. Wees egter versigtig om nie te veel druk om te presteer op hulle te plaas nie. Die fokus moet op deelname en karakterontwikkeling wees. Die pandemie het bygedra dat kinders te veel tyd voor die skerms deurbring en daarom is dit belangrik dat ons kinders aanmoedig om te beweeg en aktief te wees. Die beste manier om kinders aan te moedig om meer aktief te wees, is deur self die voorbeeld te stel. Dit kan gedoen word deur eerder te gaan stap of draf as om self voor die TV te gaan lê. Ons moet altyd onthou wat die waardes en prioriteite is wat ons onbewustelik aan ons kinders kommunikeer. ‘n Leefstyl en...

Ouerhandleiding 2021

Kliek HIER om die ouerhandleiding vir 2021 te sien en/of af te laai. Alle jongste en enigste leerders sou ook 'n gedrukte kopie ontvang het wat hierdie week aan hulle uitgedeel is.

Belangrike Datums

augustus 2026

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor