Op Sondag, 28 Februarie, het Dawid-Wiese Viljoen (graad 5) aan die Wilson toernooi in Durbanville deelgeneem. Hy het 2de geëindig. In sy finale rondtes het hy onder andere te staan gekom teen die nommer 2 van WP 0/11 en gewen met 4-3 (7-3). Baie geluk Dawid-Wiese! Dit is wonderlik om te sien hoe ons kinders presteer en deelneem!