Krieketuitslae: 21-26 Februarie 2026
Hier volg die week se krieketuitslae:
Tennisuitslae: 23-25 Februarie 2026
Hier volg die week se tennisuitslae:
Geagte Ouers / Voogde – 27 Februarie 2026
Die tyd staan beslis nie stil nie, aangesien ons môre reeds van die tweede maand van die nuwe jaar gaan afskeid neem. Alhoewel die meeste mense Februarie met die maand van liefde assosieer, is Februarie egter na die Romeinse god Februus vernoem wat bekend staan as die god van suiwering of reiniging wat baie insiggewend is. Dikwels gebruik mense die maand Februarie om hul liggame te detoks of te vas na die heerlike feestyd oor Desember- en Januarie maande. Baie dankie aan al ons ouers/voogde, leerders en opvoeders wat op Vrydagaand, 20 Februarie, die gewilde klasbraai by die Conradieveld bygewoon het. Die weer het vanjaar perfek saamgespeel met Moeder Natuur wat vir ons ’n perfekte en windlose aand opgedis het. Ouers/voogde en leerders het in groot getalle opgedaag, aangesien niemand die gewilde sosiale aand met kosbare samesyn wil misloop nie. Daar is by my geen twyfel dat die Conradieveld met die ikoniese Tafelberg as agtergrond, die statige Leeukop en die bekende Seinheuwel wat dit omring, seker een van die mees idilliese liggings is om ’n klasbraai of ’n funksie te hou. Baie dankie aan die personeel wat na die lang en besige week die moeite gedoen het om ook die spesiale aand by te woon en heerlik saam met ons ouers/voogde en leerders te sosialiseer. Amptelik was dit dan ook ons gr.1-ouers/voogde se eerste gesamentlike klasbraai by die laerskool en opvallend was die heerlike samesyn terwyl daar nuwe vriendskappe gesmee is. Baie geluk aan die volgende 8 atlete wat na afloop van die sone-atletiekbyeenkoms op Vrydag, 20 Februarie, te Vygieskraal gekwalifiseer het om môre (Saterdag, 28 Februarie) aan die...
Winter: Buitemuurseprogram 2026
Neem asb. kennis dat die somer buitemuurseprogram die week eindig. Ons begin Maandag, 2 Maart, met die winterprogram wat tot en met 21 Maart sal duur. Sien die winter buitemuurseprogram vir kwartaal 2 en 3 hier onder: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/02/Winter-Buitemuurseprogram-2026.pdf" title="Winter Buitemuurseprogram...
Bulfees: Skool verdaag vroeër – Vrydag, 6 Maart 2026
Weens die uitbreiding van ons sportprogram neem van ons leerders aan 'n netbal- en rugbytoernooi deel te Porterville se Bulfees wat op Vrydag, 6 Maart 2026, plaasvind. Ongelukkig noodsaak hierdie program dat ons reeds om 08:00/08:30 vanaf die skool sal vertrek aangesien die eerste wedstryde reeds om 11:00 begin. Ons is dankbaar dat ons na hierdie gemaklike, lekker sportfees genooi is. Die spelers wat aan hierdie toernooi sal deelneem se name sal op Maandag, 2 Maart, aan ouers op die onderskeie WA-sportgroepe beskikbaar gestel word. Wees asb bewus dat hierdie span (name) nie beteken dat dit die vaste span vir die jaar sal wees nie. Spanindelings mag nog gedurende die jaar verander. Daar sal geen klasruiling op hierdie dag plaasvind nie, maar wel voldoende toesig. Skool sal om 12:00 verdaag en nasorg sal vanaf 12:00 beskikbaar wees vir ouers wat eers om 14:00 hul kinders kan kom haal. Gewone nasorg sal tot 17:15 plaasvind. By voorbaat dankie vir die...
Boekverkope: 18-19 Maart 2026
The Book Box kom weer binnekort kuier! Spaar solank om jouself en jou boekrak te bederf.
Somersokkie: 19 Maart 2026
Dit is amper weer tyd vir die graad 5-7 Somersokkie! Sien meer inligting hier onder:
Krieketuitslae: 12-19 Februarie 2026
Hier volg die week se krieketuitslae:
Tennisuitslae – 18 Februarie 2026
Hier volg die week se tennisuitslae:
Slimfone – Wenke vir ouers
Ons was so bevoorreg om hierdie jaar weer na Carla de Beer (Social Saam met Carla) te kon luister. Sy het Maandagoggend om 07:30-08:30 in die skoolsaal met ‘n groepie belangstellende ouers gesels. Hierdie gesprek het oor sosiale media, maar meer spesifiek die invloed van en blootstelling aan Kunsmatige Intelligensie gehandel. Dis skrikwekkend hoe min ons, maar meer nog ons kinders van hierdie onderwerp weet en hoe maklik hulle inligting beskikbaar gestel word deur byvoorbeeld aanlyn speletjies met vreemdelinge te speel.
Musiekleerders neem deel aan die South African Flute Festival
Drie van ons skool se fluitspelers neem 28 Februarie - 4 Maart aan die South African Flute Festival, wat by Universiteit Stellenbosch se Musiekdepartement plaasvind, deel. Hierdie inisiatief bied die geleentheid om aan meesterklasse by bekende plaaslike fluitonderwysers en die internasionaal befaamde Gareth McLearnon deel te neem, professionele en studente konserte by te woon, om deel te wees van die fluitkoor en ander ensemble geleenthede, en werkswinkels vir onderwysers en leerders by te woon. Ons is baie trots op Dané Walker, Sophia Jooste, en Jenna Erasmus wat aan hierdie wonderlike geleentheid gaan deelneem. ’n Groot dankie aan juf Lily van der Merwe wat die fluit-leerders inspireer en aanmoedig om hul vaardighede op hierdie inspirerende manier te slyp....
Musiekkonserte: Kwartaal 1, 2026
Loer gerus na die datums en tye van volgende week se musiekkonserte. Vra asb. vir Juf Rolene óf jou kind se musiekonderwyser indien daar enige vrae rondom jou kind se deelname aan hierdie konserte is. Ons help graag. Maandag, 23 Maart Graad 2: 08h00 - 09h00 Graad 3: 09h15 - 10h10 Graad 7: 10h30 - 11h30 Graad 6: 11h30 - 12h30 Dinsdag, 24 Maart Graad 4: 08h00 - 08h30 Graad 5: 09h00 - 10h00 Ons nooi alle ouers, familie en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vordering te vier. Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Die leerders wat by die skool musiekles neem, kry voorkeur, maar ons akkommodeer graag enige leerder wat musiekles buite die skool neem, indien die program dit...
Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 24 Februarie
Ons eerste oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 24 Februarie, in die groot musiekklas plaas. Ons kan nie wag nie! Die volgende leerders tree op: Joe Barnard - Klavier Anna-Sophia Leach - Viool Jacob Venter - Viool Mila Maree - Klavier Deon de Kock - Saksofoon Benjie Ntloko - Klarinet Michaela Lawson - Klavier Christina du Toit - Klavier Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb. die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal. Tyd: 08h00 - 08h30 Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)...
Redenaars: ATKV eerste rondte
Die afgelope twee weke was daar behoorlik geredeneer! Ons Graad 3 - 7-leerders het met groot entoesiasme aan ons jaarlikse interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons oortuig met uiteenlopende en prikkelende onderwerpe – van huiswerk wat dalk eerder die pad moet vat, tot KI wat té veel in sport inmeng, Afrikaanse lirieke wat ons soms in die steek laat en selfs die stelling dat skaak ’n beter opsie as ander buitemuurse aktiwiteite is. Dit was ’n voorreg om ons leerders se deurdagte menings te hoor en hul selfvertroue en spreekvaardighede op die verhoog te beleef. Hulle het nie net sterk argumente gelewer nie, maar ook gewys dat hulle met respek kan verskil en hul standpunte met oortuiging kan verdedig. Baie geluk aan die volgende deelnemers wat ons skool met trots tydens die ATKV se eerste rondte in April gaan verteenwoordig: Pieter-Steph Bothma Izak Steyn Lua Groenewald Pieter Derksen Henry Jordaan Christina du Toit Amalie Janse van Rensburg Mia Bothma Stef Nel Antjie Samuel Nina Bremer Chris Derksen Ella van der Walt Alida Loubser Pieter Rademeyer Bella Naylor Ons is baie trots op...
Geagte Ouers / Voogde – 20 Februarie 2026
Week 5 is verlede Vrydag op ’n hoë noot met opwindende Valentynsvieringe, ’n mini-kriekettoernooi by Laerskool Hugo Rust te Wellington, asook ’n swemgala te Elkanah House afgesluit. Die skoolprogram in al sy fasette hardloop klopdisselboom, met leerders wat aan verskeie kulturele-, sport- en akademiese aktiwiteite deelneem. Ek het nogal begrip dat dit ’n logistieke uitdaging vir ouers kan wees om hul kind/ers betyds by al die verskillende aktiwiteite te kry en dit mag dalk ook vir al ons nuwe ouers oorweldigend wees. Die skool gaan daarom uit sy pad om sover as moontlik vervoer vir ons leerders in dié verband te verskaf. Dit is ’n waardevolle diens wat baie min skole vandag nog vir hul leerders bied. Week 6 is, soos die vorige weke, ook besig en propvol opwinding, met die jaarlikse Interskole-atletiekbyeenkoms wat ons by Hoërskool Jan van Riebeeck se Boshoff-veld op Dinsdag, 17 Februarie, aangebied het. Twee-en-sestig van ons atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en puik gevaar. Baie dankie en baie geluk aan mnr. Leon Hanekom en sy span met die suksesvolle interskole-atletiekdag waaraan tien skole deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende 21 atlete wat na afloop van die Interskole-atletiekbyeenkoms gekwalifiseer het om vandag aan die sonebyeenkoms (slegs vir o.10–o.13-atlete) te Vygieskraal deel te neem: 1. Anouk Jacobsz, 1200m 2. Klara Pfeifer, 1200m 3. Lukas Loubser, 1200m 4. Leah Jacobsz, 1200m 5. Samuel Smit, 1200m 6. Cato Terblanche, 1500m 7. Graeme Ford, 0.10 - 70m Hekkies 8. Elise Theron, o.11 - 70m H 9. Bella Malan, o.12 - 75m Hekkies en 150m Hekkies en 150m 10. Rafa Lamprecht, o.13 - 80m Hekkies en 200m Hekkies 11. Stef Nel, Verspring, o.12 - 100m, 150m en hoogspring 12. Louis Hofmeyer, o.11 - 80m en verspring 13. Nicholaas Boshoff, o.11...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026