Loer gerus na die datums en tye van volgende week se musiekkonserte. Vra asb. vir Juf Rolene óf jou kind se musiekonderwyser indien daar enige vrae rondom jou kind se deelname aan hierdie konserte is. Ons help graag.
Maandag, 23 Maart
- Graad 2: 08h00 – 09h00
- Graad 3: 09h15 – 10h10
- Graad 7: 10h30 – 11h30
- Graad 6: 11h30 – 12h30
Dinsdag, 24 Maart
- Graad 4: 08h00 – 08h30
- Graad 5: 09h00 – 10h00
Ons nooi alle ouers, familie en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vordering te vier.
Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Die leerders wat by die skool musiekles neem, kry voorkeur, maar ons akkommodeer graag enige leerder wat musiekles buite die skool neem, indien die program dit toelaat.